Landbouweekblad

Vat die spoor met ou Kaapse Jagklub

Die Kaapse Jagklub het pas sy tradisione­le jagtyd van stapel gestuur, kompleet met netjies uitgevatte perde, opgeleide jakkalshon­de en krete van tally ho!

- NAVRAE: Cape Hunt Club, www.capehunt.co.za

Die Kaapse Jagklub leef die jaghondtra­disie van ouds al langer as 195 jaar uit. Altesame 65 perde en ruiters het op die onlangse ope dag die klub se spoorhondt­rop agternages­it teen ’n stewige galop oor sowat 12 km.

Die klub besit Engelse Jakkalshon­de (Foxhounds) waarvan lord Charles Somerset in die 1820’s die afstammeli­nge van die Beaufort-jagklub in Engeland na Suid-Afrika gebring het, sê die afgetrede veearts dr. Vere Allin, die een jagmeester.

“Die trop word raseg gehou deur dan en wan honde in te voer. Ons het onlangs honde van die Cotswold-, Noord-Cotswold en Heythrop-jagklub ingevoer. Ons probeer elke jaar ’n werpsel teel om die tropgroott­e dieselfde te behou – sowat 30 honde, 40 op die meeste.”

’n Letter word aan elke werpsel toegeken – die hondjies wat vanjaar gebore is, is die M-werpsel – waarvolgen­s hulle dan name kry, soos Moscow, Maxwell en Magic.

“Die name moet uit die amptelike lys gekies word,” verduideli­k Johann Loubser, die ander jagmeester. “Ek kyk wat beste pas. Die klein enetjie is Missy. Marksman het ’n pyltjie op sy kop. Dié enetjie is Moonlight – sy was heeltemal wit toe sy klein was. Dié twee was soos vinkel en koljander, toe besluit ek op Muffler en Meddler, die twee naaste name wat ek kon kry. En dié is Magnum. Hy het ’n baard, nes Magnum P.I. destyds ’n snor gehad het.”

Dié hondjies se opleiding gaan eersdaags begin. “Eers loop hulle aan ’n leiband. As hulle groter is, maak ons hulle aan ’n groot hond vas. Só raak hulle daaraan gewoond om saam met die trop te beweeg. Mettertyd, namate ek kan sien hulle is reg, maak ek hulle los.”

HONDE ‘MAAK MUSIEK’

In spitstyd jag die klub elke naweek. Voor die wegspring nuttig ruiters ’n tradisione­le Stirrup Cup – ’n glasie sjerrie, whisky of port.

Daar word nie op ’n regte jakkals jag gemaak nie. ’n Ruiter gaan vooruit en lê ’n spoor. Hy of sy sleep ’n sak wat met ’n sterk konkosie natgemaak is. Dit is gemaak van jakkalsmis wat ’n paar weke lank in ’n emmer water staan.

Die honde jag al geslagte lank só. Toe ’n duiker onlangs by die halfpadmer­k uit ’n bos spring en tussen die honde deur hardloop, het hulle niks daaraan gedoen nie. Dis die konkosie se reuk waarop hulle toegespits is, sê Johann. “As hulle die spoor kry, kan jy dit dadelik hoor – hulle maak ‘houw-ouw-ouwouw!’ Ons sê die honde maak musiek.

“Die beste honde tel die spoor eerste op. Jy leer hulle mettertyd ken. Dis nie altyd die honde heel voor in die trop nie. Die jong hon-

de is baie geesdrifti­g. Hulle is die vinnigste, maar nie altyd reg nie.

“Jy sien dit byvoorbeel­d by ’n kruispad. Die honde begin maal. Hulle hardloop diékant toe en daaikant toe. Ek sal Halifax vertrou. Jy kan maar weet hy vat die regte pad.”

Die klub het al met tot 30 honde op ’n slag gejag. Johann ry voor om hulle te beheer, met ’n paar ruiters (tradisione­el bekend as die whippers-in oftewel pikeurs) wat hom bystaan. “Ek sê altyd vir mense: Ken jy ’n beagle? As jy hom losmaak, is hy weg! Die neus gaan af, die stert gaan op, en die ore gaan toe. Dis net so met die jong honde.”

Mettertyd leer die honde om bevele te gehoorsaam. “Pack in beteken hulle moet bymekaarko­m,” sê Johann. “Met come along roep jy hulle aan. Have a care beteken hulle moet stadig beweeg. En dan is daar ook find.”

Om tred te hou met die trop, moet Johann en die pikeurs vinnig kopsomme doen. “Ons tel die honde in pare. Ons praat byvoorbeel­d van jag met ten couples ,of eight and a half couples.”

Die ruiters mag nie die honde verbysteek nie. Agter die pikeurs ry die ritmeester, wat na die ruiters omsien. Die jagroete is gewoonlik 12 km tot 14 km lank, verdeel in ses bene sodat ruiter, perd en hond ná elke skof ’n blaaskans kry. Daar is hinderniss­e waaroor die perde spring en soms riviere om deur te ry.

Ruiters is netjies uitgevat in formele skoudrag, soos donker of tweedbaadj­ies, roomkleuri­ge of wit rybroeke en lang swart rystewels. Nuwelinge is altyd welkom en hoef nie té streng by hierdie dragreëls te hou nie.

Die gogga het Johann in die 1980’s gebyt. “Iemand het gesê ons moet ’n slag gaan hunt. Ek sê toe nooit, ek gaan nie eens kerk toe met ’n hoedjie en baadjie nie. Maar toe leen ek klere en sien – dis lekker sports dié! Dit was die einde van die saak – ek is nou al 34 jaar hierby betrokke.”

 ??  ?? helene.booyens@landbou.com
helene.booyens@landbou.com
 ??  ??
 ??  ?? Waterpret. Die honde geniet die lafenis ná ’n oefensessi­e. Jakkalsmis wat ’n paar weke in ’n emmer water staan, sorg vir ’n sterk spoorlê-konkoksie.
Waterpret. Die honde geniet die lafenis ná ’n oefensessi­e. Jakkalsmis wat ’n paar weke in ’n emmer water staan, sorg vir ’n sterk spoorlê-konkoksie.
 ?? FOTO: KIRSTY HUTH ?? LINKS: Die M-werpsel se Meddler, Moonlight en Muffler. Elke nuwe werpsel kry almetdieal­fabet langs ’n letter, waarvolgen­s hondjies dan name kry.REGS: Johann Loubser,dieeen jagmeester.
FOTO: KIRSTY HUTH LINKS: Die M-werpsel se Meddler, Moonlight en Muffler. Elke nuwe werpsel kry almetdieal­fabet langs ’n letter, waarvolgen­s hondjies dan name kry.REGS: Johann Loubser,dieeen jagmeester.
 ?? FOTO: KIRSTY HUTH FOTO: ELLA-LOUISE MINCHINTON-SMITH ?? LINKS: Die Kaapse Jagklub leef sedert die 1820’s die Engelse jagtradisi­e uit. REGS: Knapsack neem die voortou. Die honde maak nie op ’n regte jakkals jag nie, maar volg ’n reukspoor wat ’n ruiter lê.
FOTO: KIRSTY HUTH FOTO: ELLA-LOUISE MINCHINTON-SMITH LINKS: Die Kaapse Jagklub leef sedert die 1820’s die Engelse jagtradisi­e uit. REGS: Knapsack neem die voortou. Die honde maak nie op ’n regte jakkals jag nie, maar volg ’n reukspoor wat ’n ruiter lê.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa