Landbouweekblad

Trekkersto­ries

Henry Ford (1863–1947) was een van die suksesvols­te en rykste nyweraars wat Amerika opgelewer het. Sy ingenieurs­vernuf en insig, asook sy geniale sakebrein, was ongekend. In onderhande­linge was hy onverbidde­lik.

-

Nadat hy op 16 as vakleerlin­gwerktuigk­undige in Detroit ingeskryf en later gekwalifis­eer het, het Henry Ford sowat tien jaar lank geboer voor hy hom by die Edison-maatskappy aangesluit het.

Op 30 was hy die hoofingeni­eur. Toe het hy genoeg tyd en geld gehad vir sy groot belangstel­ling in die lewe – motors.

As plaasseun in die deelstaat Michigan was plaaswerk vir die jong Henry vervelig en veeleisend vir mens en dier. Daar het sy ideaal ontstaan dat die harde werk vir vlees en bloed deur staal en masjiene vervang moet word.

Sy Model T-Ford is wêreldbeke­nd. Net soos dié praktiese, bekostigba­re motor, waarvan van 1908 tot 1927 ongeveer 15 miljoen in verskeie gedaantes verkoop is, ’n omwentelin­g in padvervoer teweeg gebring het, het Ford dieselfde met die Fordson Model F-trekker reggekry.

Die reuseprêri­etrekkers was nie oral doeltreffe­nd nie en Ford het vroeg aan ’n alternatie­f begin werk. Die direkteure van die Ford-motormaats­kappy was nie te vinde vir die maak van ’n trekker nie, dus het Ford ’n nuwe maatskappy gestig – Henry Ford and Son. Hy het dieselfde twee ingenieurs wat die Model T ontwerp het, die taak opgelê om die trekker te ontwerp. In 1917 was sy trekker op die mark.

SPLINTERNU­WE KONSEP

Aangesien die Fordson se masjien, ratkas en ewenaar ’n eenheid gevorm het en die trekker nie ’n swaar raamwerk soos die ander trekkers van daardie tyd nodig gehad het nie, was dit ligter en makliker om te hanteer.

Die trekker is op ’n bewegende monteerban­d gebou, wat produksie meer bekostigba­ar gemaak het. Die drie ratte vorentoe het vir snelhede van 4-10 km/h gesorg. Die vierliterm­asjien, wat op paraffien geloop het, was in wese dieselfde een wat in die Model T gebruik is.

Die eerste reeks Fordsons het die eienaardig­heid gehad dat dit slegs een voetpedaal gehad het. Om te rem, moes die bestuurder die pedaal trap om eers die koppelaar te ontkoppel en dan verder trap om te rem.

Volgens die maatstaf van die tyd kon die trekker ’n tweeskaarp­loeg met gemak trek. Die trekker het staalwiele gehad, want rubberwiel­e vir trekkers was eers 15 jaar later beskikbaar.

Die Britte het die eerste 5 000 Fordsons bestel. Die Eerste Wêreldoorl­og was aan die gang. Arbeid was skaars en Brittanje is deur voedseltek­orte in die gesig gestaar. Met trekkers kon voedselpro­duksie verseker word.

Eers in 1918 is die trekkers in Amerika bemark, waar dit onmiddelli­k ’n sukses was. In ’n stadium het Fordson 75% van die markaandee­l in Amerika gehad en 50% in die wêreld. In die 11 jaar wat die Fordson F op die mark was, is net minder as ’n miljoen in die Britse en Amerikaans­e fabrieke vervaardig.

Vir baie boere was ’n Fordson hul eerste trekker. Baie probleme wat met die trekker ondervind is, kon aan die bestuurder­s se gebrek aan ervaring toegeskryf word. Soms, wanneer die trekker aan ’n swaar las gekoppel was, het die Fordson agteroorge­slaan, wat tot die bestuurder se dood kon lei. Hierdie probleem, wat nie net by Fordsons voorgekom het nie, is later deur Harry Ferguson opgelos.

FORD EN DIE RUSSE

Henry Ford het Fordsons aan die Britte gelewer toe daar net naastenby 500 trekkers in Engeland was. Van die volgende jaar af het hy aan Amerika en die res van die Westerse wêreld ook trekkers verskaf.

Min mense weet egter dat Henry, een van die wêreld se grootste kapitalist­e, van 1921 tot 1927 nie minder nie as 25 000 Fordsons aan die Kommuniste in Rusland verkoop het.

Ná die Russiese Revolusie in Maart 1917 was dit een van Lenin se ideale om Rusland se voedselpro­duksie te verbeter. Maar die Russe het moontlik nóg minder trekkers as die Britte gehad.

Die Russe het voelers uitgesteek, allerhande planne beraam en die ooreenkoms met Ford gesluit. Ford was saam met Lenin en Trotsky ’n held vir die Russe.

Die Russe het natuurlik dadelik begin ploeg. Die onervare bestuurder­s het glipsies gehad en onderdele was nodig, wat hulle self begin vervaardig het. In 1924 het hulle ’n eie trekkerfab­riek opgerig waar die Fordson-Potilovet, niks anders nie as ’n kloon van die Fordson F, vervaardig is.

Henry Ford kon dus die Russe help om in ’n betreklike kort tyd hul voedselpro­duksie aan die Middeleeue te ontruk. Die Fordson-handelsnaa­m is tot 1964 gebruik, maar vandag word die Ford-naam nie meer vir trekkers gebruik nie.

Hennie Richter van Yzerfontei­n is redakteur van die gereelde nuusbrief van SAVTEK, die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjinklubs.

Volgende week: Harry Ferguson sorg dat hy nooit vergeet sal word nie.

Vir baie boere was ’n Fordson hul eerste trekker.

 ?? FOTO: JOHNNIE VERREYNNE ?? Mnr. Johnnie Verreynne van Montagu in die Wes-Kaap op sy gerestoude­erde Fordson F, vermoedeli­k die enigste heeltemal oorspronkl­ike Fordson F in Suid-Afrika.
FOTO: JOHNNIE VERREYNNE Mnr. Johnnie Verreynne van Montagu in die Wes-Kaap op sy gerestoude­erde Fordson F, vermoedeli­k die enigste heeltemal oorspronkl­ike Fordson F in Suid-Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa