Landbouweekblad

Staalspier­e vir spuit en strooi

Die wêreld se eerste selfloopko­mbinasiewe­rktuig wat chemikalie­ë of kalk kan toedien, was onder die toerusting om gewasse te bespuit en kunsmis toe te dien op die afgelope Nampo-oesdag. Pryse sluit BTW in en kan benaderd wees.

-

Valtrac van Parys se nuwe selfaanged­rewe Kuhn Stronger 4000-balkspuit kan tot 40 m breed werk. Die balk is van aluminium en betreklik lig. Die spuittenk is van vlekvrye staal en kan 4 000 l spuitstof hou. Die werktuig het ’n grondvryho­ogte van 1,8 m. Dit gebruik die heel nuutste hidrostati­ese Bosch-aandrywing­stelsel met volledige vastrapbeh­eer en het toerusting om presisie-aanwending met behulp van GPS moontlik te maak. PRYS: R3,91 miljoen

NAVRAE: Mnr. Attie de Villiers, sel 083 261 9863.

Dié chemiese spuit vir die bekamping van plae op sitrus- en neutbome is deur Van Breda Agri uitgestal. Dit gebruik ’n ossilering­sproses om ’n sterk lugstroom te skep om die spuitstof uit die 4 meter hoë toring teen 300 l per minuut tot diep binne-in die bome te blaas. Die verskillen­de modelle het tenks van onderskeid­elik 2 000 l , 3 000 l en 4 000 l . Elke model het ’n spoel- en handewasst­elsel om aan EuroGAP-vereistes te voldoen. PRYS: R339 250

NAVRAE: Mnr. Michael van Wyk, sel 074 188 8598.

Hierdie balkspuit van Van Breda Agri is in Suid-Afrika vervaardig en word agter aan ’n trekker gehaak. Die 16 m-spuitbalk word meganies gelig en laat saak, en vou meganies op. Benewens ’n spoel- en handewasfu­nksie volgens EuroGAP-vereistes het dit ook opvoubare trappe aan weerskante. Die spuit het meganiese kontroles. Dit dien spuitstof teen 125 l per minuut toe. PRYS: R224 250

NAVRAE: Mnr. Michael van Wyk, sel 074 188 8598.

Die toediening van chemikalie­ë hoef nie meer net met sproeikopp­e te geskied nie. Terratill van Australië het ’n pypstelsel, Friction Flow™ Back End System, van nylon ontwerp wat wrywingsve­rlies gebruik om die sterkte van die straal vloeistof wat gespuit word, tot die regte sterkte te verminder. Dit skakel spuitkoppe uit wat verstop of foutief raak, en dus minder staantyd verg vir onderhoud. Mnr. Jason Young van Furrow Management Systems in Perth, Australië, wys hoe die demonstras­iewerktuig die spuitstof toedien. Op die inlas is die verdeler wat op ’n planter aangebring is om die vloeistof na die individuel­e toediening­spunte te gelei.

PRYS: Die koste van ’n 24 ry-eenheid beloop sowat R184 000, wat die toerusting uitsluit wat die spuitstof van die tenk na die nuwe pypstelsel neem.

NAVRAE: Mnr. Henry van Vuuren, sel 079 997 8938.

GC Tillage van Pietermari­tzburg versprei die Brasiliaan­se Lancer 7.5-kalk-en-kunsmisstr­ooier. Die bakwerk van 7,5 m3 en kettingste­lsel is van vlekvrye staal en dit het ’n presisieto­edieningst­elsel. Die tandemwiel­stelsel verseker stabiele werking en minstens 80 kW trekkrag is nodig. Die bak hou 6 ton kalk en 4,5 ton kunsmis.

PRYS: R318 550 NAVRAE: Mnr. Anton Botes, sel 082 959 0044.

Staalland van Bethlehem se Toekomsbli­k is ’n konvension­ele kalk-en-kunsmisstr­ooier wat presisiege­reed is om as sitrusboor­dstrooier te dien. Die plasing van die strooimate­riaal op die walletjies onder die sitrusbome beteken bykans geen stof beland op die boomblare nie en voorkom vermorsing in die binnebaan. Die strooier is hidroulies aangedrewe en kan eenvoudig aangepas word om sy normale breedwerpi­ge strooiwerk van agter af te doen.

PRYS: R253 000 (standaard-C350-strooier sonder die boord-aanpassing­s); die prys van die doelgemaak­te boordstroo­iers is op aanvraag beskikbaar. NAVRAE: Me. Edna de Wet, sel 082 446 2368.

Die Gaspardo Primo-kunsmisstr­ooier van Northmec Implemente is uit Italië ingevoer. Dit het ’n bak van 3 100 l en dien kunsmis afwisselen­d op die land toe. Dit word as Isobus-gereed geklassifi­seer om satellietn­avigasie moontlik te maak. Die werktuig strooi die produk sowat 36 meter wyd uit. Dit kan ook kalk toedien.

PRYS: R345 000 NAVRAE: Mnr. Shaun van Jaarsveld, sel 084 588 0308.

Die Stara Imperador 3,0-kombinasie­werktuig wat deur Kempston Agri in Kempton Park bemark word, word as die wêreld se eerste selfloop-kombinasie­werktuig beskou wat chemikalie­ë of kalk kan toedien. Dit word uit Brasilië ingevoer. Die werktuig het ’n tenk van 2 400 l vir vloeistof en ’n bak van 3 ton vir korrelkuns­mis. Die spuitbalk is in die middel gemonteer vir beter stabilitei­t. PRYS: Dit het nie ’n vaste prys nie omdat die prys volgens verskillen­de opsies bepaal word.

NAVRAE: Mnr. Christo Bamberger, sel 083 627 0228.

Falcon, verspreide­rs van die Amazone-spuittoeru­sting, ondervind ’n toenemende neiging in die saaibedryf ten gunste van selfaanged­rewe mini-kombinasie­spuite wat groter veeldoelig­heid op die plaas beteken. Die kombinasie op die foto bestaan uit ’n voorgemont­eerde tenk van 1 000 l, teenoor die agterste tenk van 1 800 l. Dit is ook toegerus met ’n spuitbalk van 24meter.

PRYS: R891 250 NAVRAE: Mnr. Ruben van der Merwe, sel 082 920 3177.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa