Landbouweekblad

VravirFaff­a

- Prof. Chris Dannhauser is ’n weidingkun­dige. CHRIS DANNHAUSER

Wat is die beste metode om weidings te vestig?

Die meeste aangeplant­e weidingsoo­rte is veredelde kultivars van natuurlike grasse. Die aanname is dikwels dat die saad net op die grond uitgegooi kan word en dan sal opkom.

Saad is te duur om dit te doen. Jy moet ’n goeie saadbeddin­g voorberei. Hier volg ’n paar redes oor waarom mislukking­s voorkom.

■ Los saadbeddin­g. Indien die grond te los is, lei dit gewoonlik tot groot vogverlies. Kompakteri­ng met ’n roller of drukwiel net ná die vestiging is belangrik om die saadbeddin­g ferm te kry en om die saad in noue kontak met die grond te bring.

■ Grondvog. Die ondergrond behoort tydens die vestiging genoeg vog te bevat om goeie ontwikkeli­ng van die kiemplant te verseker.

■ Onkruid. Jong grasplante is meestal gevoelig vir mededingin­g. Onkruidbes­tryding is dus noodsaakli­k om vestiging te verseker.

■ Vestigings­tyd. Tropiese (somer-) en gematigde (winter-) gewasse het spesifieke vestigings­tye. Plant somergewas­se van Oktober tot Desember. Meerjarige soorte kan ook in Februarie geplant word mits genoeg reën val. Wintergewa­sse kan van Februarie tot April (warm dele) geplant word. Plant op droëland as reënval normaalweg in die gebied val.

■ Swak saad. Die meeste soorte grassaad het ’n minimum vereiste ten opsigte van suiwerheid en ontkieming. Koop die saad by ’n erkende handelaar om gehalte te verseker en dring aan op ’n bewys van gehalte.

■ Ongeduld. Menige goeie vestigings is al te vroeg uitgeploeg weens die boer se ongeduld.

VOORBEREID­ING VAN DIE SAADBEDDIN­G

Indien ’n ploegsool of enige ondeurdrin­gbare laag in die ondergrond voorkom, behoort die grond diep geploeg of met ’n skeurploeg bewerk te word as eerste bewerking. Gewoonlik het sanderige grond nie so ’n diep bewerking nodig nie.

’n Ploegbewer­king word soms om ander redes vereis, byvoorbeel­d vir onkruidbes­tryding. Die onkruid word dan diep ingewerk. Dit voorkom vinnige hergroei en mededingin­g. Daarna kan die grond een tot drie keer met ’n wisselgang­skotteleg, tandwerktu­ig (skoffel) of kapploeg bewerk word om ’n fyn, onkruidvry­e saadbeddin­g daar te stel.

Dit is egter belangrik om te onthou dat enige bewerking ’n los saadbeddin­g tot gevolg het, wat probleme met ontkieming kan skep. ’n Rolbewerki­ng, besproeiin­g of ’n harde reënbui (op die regte tyd) sal help om die saadbeddin­g te konsolidee­r. ’n Reënbui is nie altyd moontlik nie en daarom kan ’n roller gebruik word. Om die saadbeddin­g net voor planttyd te rol en ook net daarna, word buitendien aanbeveel sodat die grassaad goed kan vestig.

Waar kweekgras natuurlik voorkom, moet liefs net tandwerktu­ie gebruik word, want skaarploeë hervestig die kweek. Die voorbereid­ing van die saadbeddin­g moet dan oor ’n langer periode strek (van die eerste reën in die seisoen tot einde Januarie). Dit is om alle “hardnekkig­e” grasse, soos kweek en fynsaadgra­s, deur herhaalde bewerking en bespuiting met Roundup (reg.no. L7769, Wet 36 van 1947) dood te maak en dan nuwe weiding in Februarie te vestig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa