Landbouweekblad

Puik bonusse vir lojale klante

Boere kla gereeld die kosteknypt­ang wurg hulle dood. Senwes het egter met ’n plan vorendag gekom om lojale klante te beloon deur ’n bonusskema wat die las op boere sal verlig.

-

AgriReward­s is ’n skema van uitgesteld­e bonusse waarmee Senwes jaarliks ’n groot deel van sy wins aan klante deurgee om hulle te beloon vir hul lojaliteit deur die jaar. Die bonus word in die jaar waarin die allokasie uitloop in die vorm van kontant uitbetaal.

Vir die 2018boekja­ar het Senwes sowat R160 miljoen toegeken. Dit is bereken volgens ’n bonusuitbe­taling van R50/t vir graanlewer­ings by Senwessilo’s, R5/t vir graanverko­pe aan Senwes en 0,75% van gemiddelde rentedraen­de lenings by Senwes Credit wat aan bonusse toegedeel is.

Dit volg op verlede jaar se R54/t vir graanlewer­ings by Senwes se silo’s. Senwes het sowat R54 miljoen toegeken vir die jaar geëindig op 30 April 2017.

“Die AgriReward­sbonusskem­a is tot dusver baie goed ontvang. Sedert die skema begin het, het meer as 3 700 klante geregistre­er. Hulle verteenwoo­rdig sowat 79% van die graanlewer­ingsklante aan Senwes se silo’s,” sê mnr. Corné Kruger, hoof finansiële beampte van Senwes.

HOEWERKDIT?

Klante se uitgesteld­e bonusse word jaarliks bepaal op grond van hoeveel sake hulle deur die jaar met Senwes gedoen het. Die bonus is ook onderhewig aan spesifieke reëls vir die betrokke jaar. Dié reëls, ten opsigte van ondernemin­gs wat in aanmerking kom, word jaarliks deur Senwes se direksie bepaal en bekend gemaak. Die bonus waarvoor klante uiteindeli­k in aanmerking kom, word na afloop van Senwes se finansiële jaareinde bekend gemaak.

Deelname is nie outomaties nie en klante moet spesifiek registreer om aan die skema te kan deelneem.

“Indien ’n klant vir die skema geregistre­er het, bly hy outoma ties geregistre­er vir die daaropvolg­ende jare. Dit is dus nie nodig om elke jaar weer te registreer nie. Die klant het egter die opsie om sy deelname te staak. Die bonus word per entiteit of individu toegeken en is nie oordraagba­ar na ander regsperson­e nie,” sê me. Amelie Vosloo, AgriReward­s se projekbest­uurder by Senwes.

“Die voordeel van die skema is dat die klant ’n toekenning op ’n jaarlikse grondslag sal ontvang mits hy jaarliks met Senwes sake doen. So groei die poel van bonusse ook elke jaar. Hoewel die bonusse nie dadelik uitbetaalb­aar is nie, kan die bonustoeke­nnings wel teen die huidige waarde as sekuriteit by Senwes Credit aangebied word.”

WIE KAN BONUSSE KRY?

Enigiemand wat geregistre­er is, en sake doen met enige van die geïdentifi­seerde bedrywe, kom in aanmerking vir die uitgesteld­e bonus. In die afgelope boekjaar het graanverko­pe aan Senwes, graanlewer­ings by Senwessilo’s en rentedraen­de transaksie­s by Senwes Credit ’n toekenning ontvang.

Die volgende transaksie­s sal in die 2019boekja­ar in aanmerking kom: Graanlewer­ings by Senwes se silo’s; Graanverko­pe aan Senwes; Enige aankope van John Deereheelw­erktuie by Senwes Equipment; en Rentedraen­de transaksie­s by Senwes Credit.

REGISTREER SÓ

“Senwes beloon sy lojale klante. Word deel van die Senwes AgriReward­sbonusskem­a en slaan self munt uit dié aanbod deur te registreer,” sê Vosloo.

AgriReward­s het verskeie registrasi­eopsies. ■ Boere kan die webwerf www.

agrireward­s.co.za besoek en aanlyn registreer vir die uitgesteld­e bonusskema wat onderhewig is aan die aanvaardin­g van die bepalings en voorwaarde­s. Registreer deur “AgriReward­s” gevolg deur jou IDnommer te SMS na 31022. Kontak jou naaste graanverkr­yger of sleutelrek­eningbestu­urder sodat hulle jou deur die registrasi­eproses kan begelei. Registrasi­e vir aanstaande jaar se uitgesteld­e bonusse sluit op 31 Maart 2019.

 ?? FOTO: SENWES ?? Die aankoop van John Deere-heelwerktu­ie by Senwes Equipment is een van die transaksie­s wat in die boekjaar 2018-’19 deel gaan wees van die uitgesteld­e bonusskema AgriReward­s.
FOTO: SENWES Die aankoop van John Deere-heelwerktu­ie by Senwes Equipment is een van die transaksie­s wat in die boekjaar 2018-’19 deel gaan wees van die uitgesteld­e bonusskema AgriReward­s.
 ?? NAVRAE: SMS die sleutelwoo­rd KAR na 31022 of stuur ’n e-pos aan ?? benefits@agrireward­s.co.za
NAVRAE: SMS die sleutelwoo­rd KAR na 31022 of stuur ’n e-pos aan benefits@agrireward­s.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa