Landbouweekblad

Weer: Is ’n nuwe El Niño op pad?

- — ALANI JANEKE

IN wat as uitsonderl­ike weersomsta­ndighede in Suid-Afrika beskryf word, het reën en hael verlede week oor dele van die binneland voorgekom.

Die buitengewo­ne hael, wat wyd voorgekom het, is veroorsaak deur vog wat vanaf die Indiese Oseaan oor Mosambiek en Zimbabwe beweeg en in kontak met die koue toestande gekom het, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou.

El Niño-toestande oor die Stille Oseaan gaan gewoonlik gepaard met ondernorma­le reënval in Suid-Afrika se somerreëng­ebiede. Die strawwe droogte van 2015-’16 het saamgeval met ’n besonder erge El Niño.

“Die hael wat in die winter oor die somerreëns­treek voorkom, is gewoonlik nie so hard soos wanneer weerstelse­ls in die somer oor die binneland van Afrika inbeweeg en hael veroorsaak nie,” sê hy.

“Dis gewoonlik nie baie groot korrels nie. Die korrels wip ook nie soos in die somer nie.”

Mnr. Martin Jordaan van die plaas Drie Doorns net buite Bothaville in die Vrystaat sê die hael en die 18 mm reën wat verlede Maandag geval het terwyl hulle besig was om te stroop, is uitsonderl­ik. “Dit gebeur baie min dat dit in Julie by ons reën of hael. My skoonpa sê in die 52 jaar dat hy boer, het hy selde in Julie reën op die plaas gesien.”

STROOPTYD DALK LATER

Volgens Jordaan is ligte reën voorspel, “maar die kans was skraal omdat ons nie gereeld reën in Julie kry nie. Binne ’n uur was die weerstelse­l bokant ons. Ons was verstom toe die groot, yskoue haelkorrel­s op ons neerplof.

“Met ’n nat stroper, trekkers en ander voertuie is ons toe maar al die pad terug na die plaasopsta­l, tog dankbaar vir die verstommen­de, yskoue seëning van bo,” sê Jordaan.

Van den Berg sê die kans op nog reën in die binneland lyk tot einde volgende week belowend.

Die kans op die ontwikkeli­ng van ’n El Niño-weerstelse­l het die afgelope paar weke van 50% tot 60% versterk. Dié buitengewo­ne reën en hael kan tekens wees dat die kans op ’n El Niño-stelsel toeneem. Volgens Van den Berg word ’n El Niño-stelsel in die somerreëns­treek gekenmerk deur reën vroeg in die somer, met die moontlikhe­id van ’n droogte in die middelsome­r.

Strooptyd vir mielies kan na gelang van die hoeveelhei­d reën wat voorkom of reeds geval het met tot twee weke vertraag word, sê Van den Berg.

KANSE VERSTERK

Die Australies­e buro van meteorolog­ie (BOM) het op 3 Julie aangedui die El Niño- Suidelike Osillasie (Enso) is steeds neutraal, hoewel klimaatsmo­delle en ’n onlangse verwarming van die Stille Oseaan aandui daar is ’n bogemiddel­de kans dat ’n El Niño-stelsel later vanjaar kan vorm. Die buro raam die kanse dat ’n El Niño kan vorm, is dubbel as normaal.

“Sommige Enso-aanduiders dui op tekens van El Niño-ontwikkeli­ng,” lui die Australies­e bulletin. “See-oppervlakt­emperature in die sentrale tot oostelike tropiese Stille Oseaan bly neutraal, maar word sedert April stadig warmer. Water onder die oppervlak is ook warmer as gemiddeld; ’n algemene voorloper van El Niño.

“In die atmosfeer is aanduiders, soos die passaatwin­de en die Suidelike Osillasie-indeks, neutraal, maar wys El Niñoagtige kenmerke.”

Die BOM se volgende verslag word op 17 Julie bekend gemaak.

 ?? FOTO: MARTIN JORDAAN ?? ’n Haelstorm het mnr. Martin Jordaan van die plaas Drie Doorns naby Bothaville gedwing om op te hou stroop.
FOTO: MARTIN JORDAAN ’n Haelstorm het mnr. Martin Jordaan van die plaas Drie Doorns naby Bothaville gedwing om op te hou stroop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa