Landbouweekblad

32 Wie moet die plaas erf?

Boere moet besluit of hulle eendag die plaas aan ’n kind of aan ’n trust gaan bemaak. Albei situasies het voor- én nadele. Besin betyds daaroor.

- NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

Testamentê­re bepalings hou gevolge in vir toekomstig­e geslagte. ’n Vraag wat gereeld gevra word, is: “Moet ek my plaas aan my kind of aan ’n trust bemaak?” Die meeste mense wat in boedelbepl­anning spesialise­er, sal aanbeveel dat die plaas aan ’n trust bemaak word, terwyl sommige boere se antwoord hiérop sal wees dat hulle nie uit die graf wil regeer nie. Een rede vir so ’n opmerking is dat individue dikwels wanopvatti­ngs het oor die aard en werking van trusts.

SOORTE TRUSTS EN PARTYE

Daar is twee soorte trusts in die Suid-Afrikaanse reg.

Die inter vivos-trust word tydens ’n persoon se leeftyd opgerig deur middel van ’n kontrak, wat bekend is as ’n trustakte. Dit word aangegaan tussen die oprigter en die trustees. Die testamentê­re trust word geskep deur middel van ’n testament, wat ook die trustakte is. Dit kom tot stand by ’n persoon se afsterwe.

In dié rubriek is enige verwysing na ’n trust ’n diskresion­êre trust, waar die besluite oor die uitkering van die trustinkom­ste/trustkapit­aal, asook die vasstellin­g van die vestigings­datum binne die trustees se diskresie val.

Die magtigings­brief en trustakte magtig die trustees om die trust te administre­er tot voordeel van die begunstigd­es.

’n Trustakte onderskei gewoonlik tussen twee tipes begunstigd­es, naamlik inkomstebe­gunstigdes en kapitaalbe­gunstigdes. Inkomstebe­gunstigdes is daarop geregtig om die trustinkom­ste te ontvang en kapitaal- begunstigd­es op die trustkapit­aal.

BELASTING OP TRUSTS

Trusts betaal 45% inkomstebe­lasting. ’n Trust betaal kapitaalwi­nsbelastin­g teen ’n effektiewe koers van 36%. Trusts word dus belas teen dubbel die maksimum effektiewe belastingk­oers as natuurlike persone. Indien die trustinkom­ste of trustkapit­aal egter in die begunstigd­es vestig in dieselfde belastingj­aar as wat die inkomste/kapitaal die trust toeval, betaal die begunstigd­es in hul individuel­e hoedanighe­id belasting wat teen laer koerse belas mag word. Die nadeel van vestiging is dat die inkomste/kapitaal deel vorm van die begunstigd­e se boedel.

WANNEER DIE BOER STERF

Met ’n boer se afsterwe is daar geen verskil in die belasting wat betaalbaar is nie, ongeag of die plaas aan sy kind of ’n trust vererf. Die boer se boedel sal in albei gevalle verantwoor­delik wees vir die eksekuteur­starief (’n maksimum koers van 4,03%), boedelbela­sting (20%-25% na gelang van die waarde van die belasbare boedel) en kapitaalwi­nsbelastin­g (’n maksimum effektiewe koers van 18%) op die plaas.

WANNEER DIE KIND STERF

Indien die boer die plaas aan sy kind bemaak, sal die bogenoemde belasting en uitgawes ook van toepassing wees op die kind se boedel.

Indien die boer die plaas egter aan ’n trust bemaak, met die kind en sy/haar afstammeli­nge as die begunstigd­es, sal die bogenoemde uitgawes en belasting nie deur die kind of die toekomstig­e geslagte se boedels betaalbaar wees nie. Die trust besit dan die plaas en die lewensduur daarvan kan onbeperk wees.

Die voorwaarde­s in ’n trustakte bepaal gewoonlik die lewensduur van ’n trust en dit is noodsaakli­k dat die woord “afstammeli­nge” ingesluit word onder die definisie van begunstigd­es. Dít verseker dat die boer se kind en die daaropvolg­ende geslagte uit die trust bevoordeel kan word.

Bates in ’n trust word beskerm teen skuldeiser­s van trustbegun­stigdes solank die bates nie gebruik word as sekuriteit vir skuld nie. In die geval van egskeiding vorm trustbates ook nie deel van ’n begunstigd­e se boedel nie.

GEVOLGTREK­KING

Hoewel daar geen voordeel vir die boer is om sy plaas by sy afsterwe aan ’n trust te bemaak nie, sal toekomstig­e geslagte wel die voordele geniet. By die toekomstig­e geslagte se afsterwe sal geen boedeluitg­awes en belastingh­effings aan die plaas verbonde wees nie en derhalwe sal dit nie nodig wees om lewensdekk­ing uit te neem om hierdie koste in hul boedels te dek nie.

Die inligting in dié rubriek word nie bedoel as of kom nie neer op persoonlik­e finansiële of ander advies nie. Raadpleeg ’n geakkredit­eerde finansiële adviseur of makelaar.

Mnr. Louw du Toit is ’n regsadvise­urspesiali­s vir Old Mutual Makelaardi­enste.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa