Landbouweekblad

70 Trekkersto­ries

Met sy ‘Vaaljapie’ het die begaafde Harry Ferguson gesorg dat hy nooit vergeet sal word nie.

-

Die landbou is die wêreld se belangriks­te bedryf, maar ook die enigste wat op verouderde metodes staatmaak, het Ferguson verklaar.

Toe die Ferguson TE20, of Vaaljapie, soos dié geliefde trekkertji­e in Afrikaans bekend staan, in 1946 in Engeland op die mark gekom het, was dit die toppunt van Harry George Ferguson (1884–1960) se ontwikkeli­ngswerk van meer as 30 jaar.

Vandag het byna alle trekkers wat wêreldwyd vervaardig word, Ferguson se hidroulies­e hystoestel met driepuntko­ppeling tussen die trekker en die werktuig. Die meeste ingenieurs sal saamstem dat dié stelsel die tegnologie is wat die grootste invloed op trekkeront­wikkeling, en daarmee saam landboupro­duksie, gehad het. Niemand kon nog daarop verbeter nie.

TALENTVOLL­E HARRY

Ferguson het in Noord-Ierland grootgewor­d. Sy oudste broer het ’n werkswinke­l vir fietse, motorfiets­e en motors gehad, en op 15-jarige ouderdom het hy as vakleerlin­g by sy broer se ondernemin­g aangesluit. Die jong Harry se talent is ontdek, en baie gou was die werkswinke­l die beste in Belfast. Harry het ook as vreeslose motorfiets­renjaer ontpop en met sy oorwinning­s baie publisitei­t vir sy broer se werkswinke­l besorg. Hy het ook in lugvaart begin belangstel en was die eerste Brit wat sy eie vliegtuig gebou en gevlieg het. Dit was in 1909.

Nadat Ferguson sy lewenswerk voltooi het, het hy ’n renmotor ontwerp. In 1961, ’n paar maande ná Ferguson se dood, het Stirling Moss die eerste en tot dusver enigste mens geword wat met ’n vierwielaa­ngedrewe renmotor – die Ferguson P99 – ’n Grand Prix kon wen.

LEWENSWERK

Ferguson het nie veel erg aan die lewe op sy pa se plaas gehad nie, maar voedselpro­duksie as ’n noodsaakli­ke bedryf het hom geïnteress­eer.

Drie jaar nadat hy in 1911 sy eie motoragent­skap in Belfast gevestig het, het hy begin om Amerikaans­e trekkers in te voer en te bemark. Vir Ferguson was die trekkers egter swaar, moeilik hanteerbaa­r en selfs gevaarlik, want soms het trekkers onder die vrag agteroorge­slaan – dikwels met lewensverl­ies. Dit, on- der meer, het hom laat verklaar dat die landbou die wêreld se belangriks­te bedryf is, maar ook die enigste wat op verouderde metodes staatmaak.

Ferguson was later ’n lid van ’n regeringsk­ommissie wat probleme moes ondersoek ten einde die trekker se veiligheid en sy doeltreffe­ndheid vir voedselpro­duksie te verbeter.

Sy ideaal was ’n kleiner trekker waar die trekker en die werktuig nie met ’n enkele trekstang gekoppel word nie, maar met drie “arms” om ’n eenheid te vorm. Verder moes die koppel-aksie maklik uitgevoer kon word, die trekker self sy werktuig vervoer en die eenheid maklik beheer word. Die enkel boonste arm van die drie is die een wat voorkom dat die trekker agteroorsl­aan.

Voordat die revolusion­êre trekker-en-werktuigee­nheid in 1926 gepatentee­r is, het Ferguson in 1917 eers met die Eros-stelsel vorendag gekom waar ’n ploeg aan ’n aangepaste Ford Model T gekoppel is. ’n Paar jaar later het die meganies beheerde Duplex-hitch System gevolg, wat baie goed vir die Fordson F gewerk het.

BLADSKUDOO­REENKOMS

Ferguson het in 1936 saam met David Brown die Ferguson-Brown trekker begin vervaardig, waarvan net 1 356 eenhede die lig gesien het.

Hy het gou besef dat hy met Ford se vervaardig­ing, bemarking en handelaars­netwerk veel meer sukses sal behaal. Hy het toe sy trekker met die driepuntst­elsel aan Henry Ford gaan demonstree­r, wat dadelik die potensiaal daarvan ingesien het. Die twee het net daar ’n ooreenkoms aangegaan: Ford sou ’n trekker met die Ferguson-stelsel bou en bemark. Dit was die beroemde “handshake-ooreenkoms” tussen dié twee wêreldleie­rs op die gebied van die landbou en vervoer.

Vanaf 1938 kon Ferguson dus vir die eerste keer groot geldelike voordeel uit sy stelsel geniet. Net meer as 99 000 Ford-Fergusons is in Amerika vervaardig en wêreldwyd uitgevoer. Ford se kleinseun, Henry II, het later die ooreenkoms eensydig opgesê – ’n stap wat die Ford-maatskappy miljoene dollar gekos het.

Intussen het Harry Ferguson self ’n trekker ontwerp, die TE20 – Tractor, England, 20 perdekrag (15 kW) – wat sedert 1946 vir die volgende tien jaar deur die Standard Motor Company in Coventry vervaardig is. Dít is die geliefde Vaaljapie waarvan sowat ’n halfmiljoe­n eenhede in verskillen­de modelle te kry was. Vir baie liefhebber­s van veteraantr­ekkers is ’n versamelin­g sonder ’n Vaaljapie onvolledig.

Teen die einde van die vorige eeu is die Ferguson TE20 as die Trekker van die Eeu aangewys.

Hennie Richter van Yzerfontei­n is redakteur van die gereelde nuusbrief van Savtek, die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantr­ekker-en-enjinklubs.

 ??  ?? Mnr. Jan Joubert van Petrus Steyn in die Vrystaat bestuur sy gerestoure­erde Ferguson TE20 in ’n optog tydens ’n nasionale Savtek-skou.
Mnr. Jan Joubert van Petrus Steyn in die Vrystaat bestuur sy gerestoure­erde Ferguson TE20 in ’n optog tydens ’n nasionale Savtek-skou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa