Landbouweekblad

GWK MIK HOOG MET PEKANBELEG­GING

- — JOHAN NORVAL

GWK het sy aandeel in die pekanneutb­edryf vergroot deur die verkryging van ’n pekanneuta­anleg op Upington en die uitbreidin­g van sy verwerking­sgeriewe.

Mnr. Tom Meintjes, besturende direkteur van GWKverhand­eling, het op die bekendstel­ling van die nuwe GWK Pecans in Kimberley gesê die ondernemin­g beoog om aanstaande jaar sowat 4 500 ton pekanneute te lewer, bykans 35% van die verwagte SuidAfrika­anse produksie van sowat 13 000 ton.

“GWK beoog om binne

10 jaar met die nodige uitbreidin­g van sy verwerking­sgeriewe sy markaandee­l met sowat 17 000 ton van die land se verwagte produksie van 50 000 ton te behou en die volle lewering te kan verwerk.”

Pekkanneut­e is vanjaar landwyd op sowat 26 500 ha verbou met ’n opbrengs van 17 500 ton.

STEWIGE GROEI

Volgens Meintjes is die jaarlikse koers waarteen aanplantin­gs toeneem tans 5 000 ha per jaar.

Sowat 85% van die huidige nasionale produksie word as ongedopte neute na China uitgevoer. “Die Chinese mark raak toenemend kieskeurig oor die gehalte van die produk en verlede jaar het die vraag na pekanneute op dié mark begin daal,” se hy. Die handelsoor­log tussen Amerika en China het die wêreldprys van die neute geknou.

Onder die redes wat hy vir die nuwe pekanneuto­nderneming

aanvoer, is meer kollektiew­e bedinging en die vestiging van voldoende verwerking­svermoë.

Tans besit GWK Beperk 59,5% van GWK Pecans se aandele, Jill White 18,6% en boere 21,8%.

Volgens Meintjes is die verwagting dat GWK sy aandeelhou­ding oor die volgende dekade moontlik sal laat verwater sodat boere se aandeelhou­ding kan toeneem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa