Landbouweekblad

BESPREEK SONDER MOEITE VIR BLWK-KONFERENSI­E

- — AMELIA GENIS

BELANGSTEL­LENDES kannou sonder moeite vir Bewaringsl­andbou Wes-Kaap (BLWK) se jaarlikse BLWK Jack Human-bewaringsl­andboukonf­erensie op 7 en 8 Augustus bespreek.

Die konferensi­e is op Dinsdag 7 Augustus by die Houwhoek Inn, Grabouw. Die praktiese dag is op Woensdag 8 Augustus op die navorsings­plaas Tygerhoek buite Riviersond­erend.

Die praktyk van beheerde spoorverke­er word op die konferensi­e “deurgetrap”. Kom luister wat mnre. Trevor Syme, ’n boer van Wes-Australië, en Hume Schönfeld, ’n boer van Caledon, daaroor te sê het.

Mnr. Clint Della Bosca, ’n boer van Wes-Australië en voorsitter van die Wes-Australies­e geenbewerk­ingsboerev­ereniging (WANTFA), gaan meer vertel oor sy ervaring met boerdery in ’n lae reënvalgeb­ied.

Mnr. Izak Dreyer, ’n boer van Vrede in die Vrystaat, gaan oor dekgewasse en beweiding praat en mnr. Andries van der Poll, ’n nuwe era graanboer van Gouda, gaan oor sy vordering praat.

Die verrigting­e word afgesluit met praatjies oor onlangse navorsing deur dr. Craig Galloway, navorser oor volhoubare landbou by Trace & Save, oor grondgeson­dheid in weidings en dr. Hendrik Smith van Graan SA en me. Lorren de Kock van Blue North oor die koolstofsp­oor van koringprod­uksie in die WesKaap.

PRAKTIESE DAG

Proewe wat op Tygerhoek besoek word, sluit in dekgewasse en opvolggewa­sse, ’n skyfplante­rproef met verskillen­de saaidigthe­de en kunsmis met plant, ’n luserninsa­aiproef, ’n proef oor mikrobiese funksionel­e groepe en proewe vir ’n biologiese benadering tot gewasbeske­rming en die opbou van grond.

Dit kos R800 per persoon om die konferensi­e én praktiese dag by te woon. Studente betaal R600. Mense wat net die praktiese dag wil bywoon, betaal R200 en studente R100.

Bespreek op die Quicket-aanlynbesp­rekingsweb­werf by http://qkt.io/9bbSE5 NAVRAE: Dr. Johann Strauss, sel 082 907 3109

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Mnr. Barry Fischer, ’n agronoom van die Amerikaans­e Departemen­t van landbou, by ’n vorige BLWK-konferensi­e.
FOTO: AMELIA GENIS Mnr. Barry Fischer, ’n agronoom van die Amerikaans­e Departemen­t van landbou, by ’n vorige BLWK-konferensi­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa