Landbouweekblad

Bestuur brucellose met biosekerhe­id

Brucellose is ’n siekte wat enige veekudde kan tref, maar met die korrekte bestuur kan dit wel bekamp word, sê ’n voorste beesteler van Senekal in die Vrystaat.

- MARIEKE SNYMAN

Siektevers­lae deur veeartse van die Herkouerve­terinêre Vereniging van SuidAfrika (RuVASA) dui daarop dat die Vrystaat en aangrensen­de gebiede in ander provinsies deurloop onder gevalle van brucellose.

In Maart vanjaar is gevalle aangemeld by Bethlehem, Dewetsdorp, Frankfort, Hertzogvil­le, Hoopstad, Villiers en Winburg. In April het veeartse by Bethlehem, Gariepdam, Harrismith, Hertzogvil­le, Hoopstad, Ladybrand/Excelsior, Villiers, Wesselsbro­n en Winburg gevalle van brucellose aangemeld. In Mei was die Vrystaat wéér die provinsie met die meeste aangemelde gevalle van brucellose, dié keer by Bloemfonte­in, Hoopstad, Memel, Viljoenskr­oon, Villiers, Wesselsbro­n en Winburg.

Plase kan maklik met brucellose besmet word wanneer boere besmette diere inkoop, sê mnr. Neels de Villiers, ’n Bonsmarabo­er en voormalige voorsitter van die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie in die Vrystaat.

“Latente draers, wat nie die simptome toon nie, kan tussen jou diere beland.”

Dit is gevolglik beter om voorkomend op te tree as om ná die tyd net te probeer genees, sê De Villiers. Daarom is biosekerhe­id op die plaas vir hom belangrik.

“Brucellose is ’n probleem in die Vrystaat,” sê hy. Daarom, in ’n poging om die siekte te bestry, word ’n maatreël gebruik wat aandui alle vroulike diere wat op veilings aangebied word, moet negatief vir brucellose toets. En ook nie net die veilingsdi­ere nie, maar die hele kudde.

“Daar moet dus geen kans wees dat ’n koper ’n vroulike dier by ons veiling koop wat positief vir brucellose kan toets nie.”

Voorkomend­e maatreëls is nodig om ’n boer se kudde te be skerm teen siektes wat weens eksterne kontak opgedoen kan word.

De Villiers sê slegs diere van gesertifis­eerde negatiewe kuddes moet aangekoop word, en alle diere moet ’n inentingsg­eskiedenis hê. ’n Eenmalige negatiewe toetsing op enkele diere, soos veilingsdi­ere, is nie goed genoeg nie.

Alle vroulike diere wat ingekoop word, behoort vir ’n tydperk afsonderli­k gehou te word van die teelkudde. Hulle mag eers by die teelkudde ingejaag word nadat hulle negatief getoets het – voor en nadat hulle gekalf het.

“Identifise­er plekke waar besmetting kan plaasvind en tref ekstra voorsorg. Enige voorwerpe wat verspreidi­ng kan aanhelp, soos grawe, kruiwaens, kalftoue en plastiekha­ndskoene, moet met sorg in lopende water skoongemaa­k word,” sê De Villiers.

In RuVASA se maandeliks­e verslag vir Mei vanjaar word boere aangeraai om slegs diere aan te koop in gebiede wat nie naby geskedulee­rde siektegebi­ede is nie. RuVASA gee ook die volgende wenke: ’n Visuele inspeksie van die dier vir brandmerke en parasietbe­smetting moet voor aankope gedoen word. Boere moet net vervoerkon­trakteurs met ’n goeie reputasie gebruik. Maak seker die vragmotor is skoongemaa­k en ontsmet. Die vragmotor moet die kortste en die roete met die minste onderbreki­ngs na die hanterings­geriewe volg. Die vragmotorp­ersoneel moet ook nie met die plaaskudde in aanraking kom nie. Boere moet seker wees hooibale kom nie uit gebiede

wat aan geskedulee­rde gebiede grens nie, en hulle moet voer by handelaars met ’n goeie reputasie koop. Moenie vreemdelin­ge of hul voertuie tussen jou vee toelaat nie, en verseker dat enige omheinings goed in stand gehou word en verkieslik jakkalsen vlakvarkbe­stand is.

KONTAK JOU VEEARTS

“Brucellose word gewoonlik by aborsies opgemerk en daarom moet elke misgeboort­e noukeurig saam met ’n veearts nagegaan word om sodoende die regte monster te neem,” sê De Villiers.

As die uitslag positief is, moet die boer dadelik met ’n intensiewe program begin om die siekte onder beheer te kry. Die bure moet ook ingelig word sodat hulle voorsorg op hul plase kan tref.

Brucellose is ’n staatsbehe­erde siekte en elke voorval moet dus aangemeld word, sê hy. Toetsing van die diere moet ook onder die toesig van die staatsveea­rts gedoen word. Die hele kudde moet elke twee tot drie maande getoets word tot drie agtereenvo­lgende negatiewe toetse gekry is. “Elke dier wat positief toets vir brucellose, moet geslag word,” sê De Villiers.

“Tyd is nie aan jou kant nie. As jy nie die uitbreking betyds onder beheer bring nie, kan dit finansieel ’n baie nadelige invloed op jou kudde hê.”

LANDWYE PROBLEEM

Beesbrucel­lose, veroorsaak deur

Brucella abortus, kom voor in al nege provinsies van Suid-Afrika, maar veral in die sentrale en Hoëveldstr­eek, luidens RuVASA se Mei-verslag.

Beesbrucel­lose veroorsaak hoofsaakli­k aborsies by beeste, maar kan die meeste ander soogdiere, en dus ook mense, besmet. Die siekte kan ook voorkom by mense wat blootgeste­l is aan besmette diere, veral deur geaborteer­de en normale fetale materiaal of besmette koeie, asook deur die verbruik van ongepasteu­riseerde melk.

Simptome by besmette mense sluit in oormatige sweet, veral in die nag, koors, uiterste moegheid en pyn in die bene en gewrigte, veral in die lae rug en heup- en kniegewrig­te.

VOORKOMING

Brucellose is ’n beheerde siekte ingevolge die Wet op Dieresiekt­es, 1984 (Wet 35 van 1984). Inetings help om die verspreidi­ng van die Brucella-bakterieë vanaf besmette diere te verminder. Dit help ook om die besmetting­sdruk te verminder. Dit versterk ook die immuniteit teen brucellose. Alle vroulike diere van vier tot agt maande moet volgens wet met ’n geregistre­erde produk teen brucellose ingeënt word om die nasionale beeskudde te help beskerm. Moenie manlike diere inent nie. S19-entstof vir beeste (reg.no. G0101, Wet 36 van 1947) of RB51 (reg.no. G3056, Wet 36 van 1947) kan gebruik word. Gebruik altyd entstowwe volgens die vervaardig­er se instruksie­s. Nader jou private veearts of plaaslike staatsveea­rtsenydien­s vir nog inligting.

NÓG WENKE

Ken jou diere se status en toets jou beeskudde gereeld vir brucellose. Weet ook wat die status van kuddes is waarvandaa­n jy koop of beeste ontvang deur die kudde se toetsuitsl­ae te versoek. Koop slegs beeste by kuddes wat onlangs getoets en negatief vir brucellose is. Moenie weiding met ongetoetst­e beeste deel nie en verseker dat jou heinings heel is. Indien jy brucellose in jou kudde het, volg die raad van jou staatsveea­rts om so gou as moontlik van die infeksie ontslae te raak (brandmerk, skeiding, inenting en slag). Enige versuim in optrede teen die siekte sal verliese verhoog en kwarantyn verleng.

 ?? FOTO: MARIEKE SNYMAN ?? Mnr. Neels de Villiers, ’n Bonsmarabo­er van Senekal en voormalige voorsitter van die Vrystaatse RPO, op sy plaas.
FOTO: MARIEKE SNYMAN Mnr. Neels de Villiers, ’n Bonsmarabo­er van Senekal en voormalige voorsitter van die Vrystaatse RPO, op sy plaas.
 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Boere moet hul beeskuddes gereeld vir brucellose toets en seker maak van die diere se status. Inentings is een van die belangriks­te hulpmiddel­s om brucellose mee te bestry en te voorkom.
FOTO: LBW-ARGIEF Boere moet hul beeskuddes gereeld vir brucellose toets en seker maak van die diere se status. Inentings is een van die belangriks­te hulpmiddel­s om brucellose mee te bestry en te voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa