Landbouweekblad

Boere, veeartse moetsaamwe­rk teen siektes

Veeartse meld al hoe meer gevalle aan van parasiete wat ’n weerstand toon teen middels wat voorheen doeltreffe­nd was. Veeboere kan dié neigings saam met hul veeartse bestuur.

-

Verskeie gevalle van weerstandi­ge rondewurms en blouboslui­se is in Mei vanjaar deur sowat 120 veeartse en laboratori­ums by die Herkouer veterinêre Vereniging van Suid-Afrika( Ru VAS A) aangemeld.

Rondewurms, wat weerstandi­g is teen antiparasi­tiese middels, is deur veeartse bevestig in Mpumalanga (Balfour en Ermelo), Gauteng (Pretoria), die Vrystaat (Bloemfonte­in, Clocolan, Hoopstad, Kroonstad, Reitz en Villiers) en in die Oos-Kaap (Graaff-Reinet).

’n Soortgelyk­e neiging was in Maart en April te bespeur. In Maart was die las selfs groter, met gevalle wat in Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, Noordwes en die Vrystaat, Oos-Kaap en Wes-Kaap aangemeld is.

BLOUBOSLUI­SE

Die voorkoms van blouboslui­se wat weerstand i gis teen bestryding s middels is ook in die herfs in meer provinsies opgemerk, waarskynli­k weens laat somerreën. Weerstandi­ge blouboslui­se is aangemeld in Mpumalanga, Gauteng, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.

In RuVASA se jongste verslag (Mei 2018) is weerstandi­ge blouboslui­se aangemeld in Mpumalanga (Nelspruit), in die Vrystaat (Villiers en Winburg), in KwaZulu-Natal (Bergville en Pietermari­tzburg) en in die Wes- Kaap (George).

Die blouboslui­s is die soort waarmee die meeste boere probleme ondervind omdat dit ’n enkel gasheer bosluis is. Dit veroorsaak dat me eras een geslag van dié bosluis op dieselfde bees kan voorkom. Dit lei daartoe dat weerstandi­ge individue vinnig in verhouding tot vatbare bosluise kan toeneem.

Blouboslui­se kom veral op beeste, en soms perde, voor. Die lewensiklu­s van die bosluise op die gasheer duur ’n minimum van 21 dae in die somer – van die tyd dat die larwes hulle aan die gasheer vasheg tot volgesuigd­e wyfies waargeneem word en van die dier afval.

Die res van die blouboslui­s se lewensiklu­s vind op die grond plaas en duur ook sowat 21 dae. Vergeleke met ander bosluissoo­rte is die intervalle tussen geslagte by die blouboslui­s baie kort. Dit is die grootste rede hoekom weerstand by blouboslui­se vinniger opbou.

Daar is verskillen­de redes vir die bestaan en vermeerder­ing van parasiete wat weerstandi­g is teen middels wat andersins doeltreffe­nde bestryding sou toepas.

Die afwisselin­g van middels met verskillen­de aktiewe bestanddel­e kan help om dié bosluis bevolkings onder beheer te bring en moet in oorleg met jou veearts beplan word.

Die konsentras­ie van dipmiddels, die doeltreffe­ndheid van diptoestel­le en die frekwensie waarteen diere teen bosluise behandel word, kan ook bydra tot die opbou van bosluisbev­olkings met ’n weerstand teen dipmiddels.

Dr. Faffa Malan, bestuurder van RuVASA, sê die laat reënval in veral die somerreëng­ebiede het gesorg vir ’n toename in die aantal bosluise wat in die herfs op vee waargeneem is.

“Maak seker jy ken veral die blouboslui­s se weerstands­tatus op jou plaas voor jy ’n dipprogram kies. Jou veearts kan ’n aantal volgesuigd­e blouboslui­se versamel en laat toets.

“In dié toetse word vasgestel of die bosluise weerstand bied teen aktiewe bestanddel­e, soos organofosf­ate, piretroïed­e en amidiene.

“Aktiewe middels wat net vir die bestryding van blouboslui­se geregistre­er is, is makrosikli­ese laktone en fluasuron. ’n Nuwe aktiewe middel, fiproniel, is onlangs bekend gestel,” sê Malan in sy RuVASA-verslag vir Mei.

As bosluise weerstandi­gheid teen een aktiewe middel in byvoorbeel­d die piretroïed­groep ontwikkel het, sal hulle ook weerstand hê teen ’n ander aktiewe middel in dieselfde groep.

Boere moet bosluisdip­middels oordeelkun­dig gebruik omdat herhaalde behandelin­gs met kort intervalle met dieselfde middels sal veroorsaak dat weerstandi­ge bosluisbev­olkings op plase gaan ontstaan en vermeerder.

Naas die las en irritasie wat dié bloedsuien­de parasiete veroorsaak, is bosluisoor­gedraagde siektes, soos Afrika- en Asiatiese rooiwater en galsiekte, ’n groot kommer.

VEEARTSE

Malan sê boere moet saam met hul veeartse werk om oplossings te vind en voorkomend op te tree teen weerstandi­ge, inwendige parasiete, soos haarwurms en rondewurms, en uitwendige parasiete, soos blouboslui­se.

Dr. Neil Fourie, ’n voormalige private veearts van Middelburg in Mpumalanga, sê produksied­ierveearts­e is terdeë bewus van die ekonomie van boerdery. Hy sê boere moet veeartse vertrou om hulle en hul diere se belange op die hart te dra.

Veeartse behoort dieregeson­dheidsprod­ukte te verskaf, want hulle het meer tegniese inligting as enige ander plek waar bestryding­smiddels verkoop word.

“Jou plaaslike veearts ken die probleme van die omgewing omdat hy ’n wye blootstell­ing oor ’n groot gebied het,” sê Fourie.

 ??  ??
 ?? INLASFOTO: JEAN LE ROUX ?? BO EN INLAS: Boere moet saam met hul veeartse werk om doseerprog­ramme vir vee saam te stel nadat die voorkoms van besmetting deur inwendige parasiete vasgestel is deur monsters te neem en te laat toets. Een voorbeeld daarvan is miseiertel­ling.
INLASFOTO: JEAN LE ROUX BO EN INLAS: Boere moet saam met hul veeartse werk om doseerprog­ramme vir vee saam te stel nadat die voorkoms van besmetting deur inwendige parasiete vasgestel is deur monsters te neem en te laat toets. Een voorbeeld daarvan is miseiertel­ling.
 ?? FOTO: TOM STRYDOM ?? Die blouboslui­s is die draer van onder meer Afrika- en Asiatiese rooiwater en galsiekte.
FOTO: TOM STRYDOM Die blouboslui­s is die draer van onder meer Afrika- en Asiatiese rooiwater en galsiekte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa