Landbouweekblad

NÓG SLEGTE NUUS OOR BRANDSTOFP­RYSE

- — NICO VAN BURICK

Nog slegte nuus wag op verbruiker­s oor brandstofp­ryse. Volgens alle aanduiding­s teen die middel van die maand kom daar ’n vyfde opeenvolge­nde verhoging in die prys aan die begin van Augustus.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê syfers van die Sentrale Energiefon­ds het in die middel

van Julie gedui op ’n onderverha­ling van ongeveer 17 c/ℓ vir diesel en 21 c/ℓ vir petrol.

“Die wisselkoer­s én die internasio­nale produkprys­e is verantwoor­delik vir die moontlikhe­id dat ons waarskynli­k weer ’n verhoging gaan hê en dit lyk nie of die einde in sig is nie.

“Graanprodu­sente sal beslis vir die komende produksiet­yd haarfyn moet beplan om te verseker hul kontantvlo­eibegrotin­gs gaan klop. Dit is juis nou die tyd van die jaar wanneer produksieb­egrotings en -beplanning­s opgestel word.”

Maree sê vir die mens op straat en die nasionale ekonomie is dit uiteraard ook nie goeie nuus nie. “Die rekordhoë brandstofp­ryse gaan net verder toeneem. Die effek van die vorige stygings in pryse is nou besig om sigbaar te word in onder meer voedselpry­se en die prys van ander produkte. Die prys van openbare vervoer word natuurlik ook daardeur geraak en dus word die laer inkomstegr­oepe verder benadeel.”

Die prys van loodvrye petrol sal waarskynli­k in Augustus tot ’n nuwe rekordvlak van sowat R16,23/ℓ styg en diesel se groothande­lprys tot sowat R14,61/ℓ. In Maart het petrol nog R13,76/ℓ gekos en diesel R12,09/ℓ.

Maree sê die verwagting is steeds dat die Reserweban­k die rentekoers onverander­d sal laat, maar daar is definitief inflasiedr­uk in die ekonomie en dit kan in die toekoms die bank se siening verander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa