Landbouweekblad

Hart tot hart

-

Oom Pieter was ’n boer in murg en been. Op die klein plasie waar hy gebore is, het hy grootgewor­d en hy is ook daar in die familieker­khof begrawe, met al die respek wat hy verdien het. Aanvanklik het hy in vennootska­p met sy pa die aartappelb­oerdery behartig totdat hy dit later oorgeneem en alleen die boerdery versorg het. Van ’n aartappelp­lant kon jy hom niks leer nie en ’n land met mooi sandaartap­pels was vir hom een van die mooiste dinge wat ’n boer kon aanskou.

Die inkomste was nie groot nie, maar met kundigheid en toewyding kon hy sy familie versorg tot sy kinders later ander weivelde gaan soek en gevind het.

Een van sy seuns, klein Pieter, het later in die buitewyke van die stad vir hom ’n huis op ’n skaflike erf gekoop. Agter die huis was ’n ruim grasperk waar die kinders kon baljaar. En dis hier waar pa Pieter vir klein Pieter gaan besoek het. Hy was beïndruk deur wat hy gesien het, maar pa Pieter het dit tog goed gedink om ’n bietjie advies te gee: “Man, dié stukkie grasperk bied darem vir jou moontlikhe­de wat jy nie moet miskyk nie. Dink net as jy die grond omdolwe en met aartappels beplant!”

Klein Pieter het sy gesig eenkant toe gedraai en skelm gelag sodat sy pa hom nie kan hoor nie. Aartappels was sy pa se lewe, sy toekoms en die bevestigin­g van sy geloof. Aartappels het hom gehelp om sy kinders groot te maak sodat hulle ’n eerbare staanplek in die lewe kon inneem, sonder om voor iemand bakhand te staan.

Wat sal ons van oom Pieter sê? Sal ons aan hom dink as iemand wat in ’n klein wêreldjie met ’n tonnelvisi­e geleef het? Sal ons hom bejammer omdat hy nie bevoorreg was om deur ’n breë lens na die groter wêreld te kon kyk nie? Dink mooi voor jy antwoord. Dink aan die timmerman van Nasaret wat ’n Verlosser grootgemaa­k het.

Dink aan die timmerman van Nasaret wat ’n Verlosser groot gemaak het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa