Landbouweekblad

MOEILIKSTE SEISOEN IN 20 JAAR VIR DIÉ BOERE

- — JOYLENE VAN WYK

DIE suikerbedr­yf beleef een van sy moeilikste produksiej­are die afgelope 20 jaar. Verskeie faktore vanuit verskeie oorde het ’n nadelige uitwerking op verkope, sê mnr. Graeme Stainbank, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Suikervere­niging (SASV).

Hy sê daar is ’n goeie kans dat die bedryf in die volgende paar weke beter beskerming teen die wêreldmark kan kry, wat sal help met die herstel van die suikerriet­prys. Gegewe hierdie faktore het die SASV voorspel dat die finale verhaalbar­e waardeprys vir suiker sowat R3 800/ton sal wees, mits ’n hoër verwysings­prys goedgekeur word. Dit sal die be- dryf toelaat om sy interne prys aan te pas.

FLATER

Die SASV het die Regering onlangs gevra om die verwysings­prys tot VSA$856 (R11 264) per ton te verhoog om die bedryf van ondergang te red. Die verwysings­prys moet nog in die Staatskoer­ant afgekondig word.

Benewens een van Suid-Afrika se ergste droogtes in 2016 en die feit dat die suikerbedr­yf al sedert die produksiej­aar 2014’15 verliese ly, het ’n “administra­tiewe fout” van die Regering veroorsaak dat suiker van 28 Julie tot 15 September verlede jaar

ingevoer is uit Brasilië en die Verenigde Arabiese Emirate. Boonop was die tarief in die res van die jaar aansienlik laer as wat dit moes wees.

Die aanname waarop die voorspelli­ng gemaak word, is gegrond op ’n ietwat swakker rand en ’n ietwat hoër wêreldprys vir suiker, sê Stainbank.

Om te probeer om die verhaalbar­e waardeprys op ’n aanvaarbar­e vlak te hou, het die bedryf drastiese stappe gedoen, maar tot dusver was dit nog onvoldoend­e. Hy sê die SASV sal egter nie ophou veg vir ’n beter toekoms vir sy lede nie.

Plaaslike suikerverk­ope in die eerste drie maande van die bemarkings­jaar was reeds 137 269 ton laer as die verwagte vraag.

COKE VOER IN

Intussen het di eteen stortings beweging FairPlay die koeldrank vervaardig­er Coca-Cola Beverages SA( CC B SA) kwaai gekritisee­r ná bewerings dat dié maatskappy meer suiker begin invoer, al weet hy die plaaslike

bedryf is op sy knieë.

Mnr. Francois Baird, stigter van FairPlay, het ’n skrywe aan die ondernemin­g gerig waarin hy reaksie op dié bewerings soek. Hy sê as die maatskappy wel suiker invoer, wil hy weet hoe dit klop met die maatskappy se verbinteni­s om R3,9 miljard oor drie jaar te bestee aan die aanskaffin­g van goedere van hoofsaakli­k swart ondernemin­gs.

Mnr. Velaphi Ratshefola, besturende direkteur van CCBSA, het aan Baird gesê CCBSA onderneem om voort te gaan om waar moontlik die aanskaffin­g van plaaslike produksiem­iddele, insluitend suiker, te bevorder. Dit is deel van die vereistes wat gestel is toe die Mededingin­gstribunaa­l in 2016 die samesmelti­ng van verskeie maatskappy­e goedgekeur het.

Volgens hom voldoen die maatskappy aan sy verbinteni­s tot die Mededingin­gstribunaa­l en ander belanghebb­endes.

CCBSA het teen druktyd nie op opvolgvrae van Landbouwee­kblad gereageer nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa