Landbouweekblad

WINTER BRING GOEIE PRYSE

- — JOHAN VAN DER MERWE

DIE winter het nie net reën vir ’n groot deel van die droogteget­eisterde gebiede in die WesKaap gebring nie, maar ook goeie pryse vir groenteboe­re.

Mnr. Paul Makube, senior landboueko­noom by FNB, sê die prys van aartappels, uie en tamaties het die afgelope drie weke opwaarts geneig.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbouinl­igting en bemarking by FNB, sê die huidige prysbewe gings bewys dat alle vars produktepr­yse nie noodwendig onder druk kom wanneer die ekonomie onder druk is nie.

“Wanneer die ekonomie sukkel en die verbruiker se besteebare inkomste kom onder druk, word op luukshede bespaar, soos wat tans gesien kan word met die prys van rooivleis wat onder druk is. Die vraag na stapelvoed­sel, wat aartappels en uie insluit, is robuuster en bly meer konstant in

’n moeilike ekonomiese klimaat. Daarbenewe­ns moet in gedagte gehou word dat die groentesoo­rte wat nou goed presteer, produkte is wat die verbruiker veral in die winter verkies,” sê Maree.

BETER PRYSE

Die gemiddelde prys van aartappels (alle klasse) was teen 11 Julie sowat R3/kg, oftewel bykans 14% hoër as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar.

Dié prysstygin­g is aangeteken ten spyte van ’n styging van bykans 7% in die volume aartappels teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Die gemiddelde prys (alle klasse) van uie was R4,55/kg op 11 Julie. Dis sowat 44% hoër as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar, terwyl die volume op alle markte 7% hoër was as in die ooreen stemmende tyd verlede jaar. Die prys van wortels was R3,27/kg op 11 Julie. Dit is 4% laer as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Op ’n jaargronds­lag het die volume met 12% gestyg. Die prys van tamaties was op 11 Julie meer as dubbel as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Die prys was R7,16/kg (alle klasse), terwyl die volume op die markte 27% laer was as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar.

Volgens Makube is die hoër pryse onder meer danksy die koue winter wat die vraag na dié groentesoo­rte verhoog. Hy meen verbeterde weersomsta­ndighede in die WesKaap sal goeie produksie vir die res van die jaar beteken, en die seisoenale aard van vraag en aanbod sal steeds ’n groot rol speel in die prys van alle produkte.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa