Landbouweekblad

Staat ‘is grootste uitsetter van mense’

- — NICO VAN BURICK

SEDERT 1994 is veel meer mense van grond afgesit as die getal begunstigd­es wat toegang tot grond gekry het, al gee die eiendomskl­ousule in artikel 25 van die Grondwet ’n mandaat vir die transforma­sie van grond.

Dít was die boodskap van prof. Ruth Hall van die instituut vir armoede-, grond- en landboustu­dies (Plaas) op die onlangse Agribusine­ss Africa-konferensi­e in Kempton Park. Sy sê die ANC-regering het in meer as 20 jaar nog nie sy bestaande grondwetli­ke magte probeer gebruik om grondhervo­rming te laat slaag nie. Dit kon nog nooit binne die reg getoets word nie.

Volgens haar is daar in die eerste dekade van die nuwe demokrasie 940 000 plaaswerke­rs van plase afgesit.

“Baie meer is van grond afge-

sit as die getal begunstigd­es wat toegang tot grond gekry het. Verder woon byna 30% van die bevolking (22 miljoen mense) op kommunale grond, waar hulle geen sekerheid van verblyfreg geniet nie.”

SKANDE

Mense word steeds van grond ontneem. “Die staat is die grootste uitsetter in stede en naby stedelike gebiede. Daar is geen aptyt om die kwessie van stedelike grond en kommunale gebiede te takel nie. Daar word net op landbougro­nd klem gelê,” sê Hall.

Sy sê die Grondwet maak voor- siening vir onteiening in openbare belang, maar nie vir nasionalis­ering nie.

“Daar is juis kommer oor grond wat die staat bekom en wat dan in die elite se hande beland.”

Uit politieke geledere en vanweë publieke indrukke wil almal nou die Grondwet verander.

“Dis jammer dat mense op openbare sittings hieroor uitsprake lewer as die meeste nog nooit eens die Grondwet gelees het nie. Die klem is nou ook net op hóé die grond verkry moet word pleks van aan wie dit moet gaan en waarvoor dit benut moet word,” sê Hall.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa