Landbouweekblad

WÊRELDBEKE­NDES PRAAT OP PHILLIPSTO­WN SE JONGOOISKO­U

- — FREDALETTE UYS

WOLBOERE kon op vanjaar se derde Philipstow­n-jongooisko­u eerstehand­s hoor waarheen hul wol gaan en wat die wêreld van Suid-Afrika se wolboere verwag.

Mnr. Peter Ackroyd, voorsitter van prins Charles van Engeland se wolveldtog en voorsitter van die Internasio­nale Woltekstie­l- organisasi­e (IWTO), het aan die boere gesê hoewel wol slegs 1,2% van die internasio­nale tekstielbe­dryf beslaan, het dit ’n volhoubare storie om te vertel.

“Daarby het Suid-Afrikaanse boere ’n wonderlike ekologiese storie om aan die wêreld te vertel.”

Dié jongooisko­u is enig in sy soort in Suid-Afrika. Volgens mnr. Diederik Vermeulen, organiseer­der, het hy vanjaar besonder moeite gedoen om wolboere met ander belanghebb­endes in die wolwaardek­etting in aanraking te bring.

“Dit is die eerste keer dat iemand in so ’n hoë amp met die boere kom gesels. Dit was vir ons ’n groot eer. Dit was veral goed om te hoor wat die internasio­nale markte van Suid-Afrikaanse boere benodig,” sê hy.

“My mikpunt was om boere in kennis te stel van wat met Suid-Afrikaanse wol gebeur wanneer dit die land verlaat,” sê Vermeulen.

Anders sprekers was mnre. P eter Carey, handel s bestuurder in Suid-Afrika van die Australies­e wolkoper Lempriere, Wolf Edmayr, besturende direkteur

van BKB, Herman Hugo, wat ingestaan het vir Guillau du Toit as voorsitter van die Nasionale Wolkwekers­vereniging, en Geoff Kingwill, voorsitter van die volhoubare werkgroep van die IWTO.

KYK EN VERGELYK

Vermeulen het die skou drie jaar gelede begin ná hy besef het só ’n dag bied die ideale geleenthei­d vir verskillen­de jongooiklu­bs om by mekaar te leer.

“Almal van ons het dieselfde belang, naamlik wol. Klublede kan hul ooie vergelyk en gedagtes uitruil, want elkeen boer op sy eie manier, maar elkeen kan iets by ’n ander een leer.”

Verskeie ramtelers kon ook hul ramme tentoonste­l.

“Dit bied die telers die geleenthei­d om hul ramme voor hul veilings te vertoon. Indien jy as boer dan enige eienskappe binne jou kudde soek, kan jy nou hier die ramme kom uitkies volgens die eienskappe wat jy benodig.”

Die Modern Merino-klub het vanjaar die derde agtereenvo­lgende keer as die wenner van die skou weggeloop. Kraankuil was tweede en Philipstow­n derde. Vyf klubs het aan die kompetisie deelgeneem.

Mnre. Eddie Prinsloo van Heuningkra­ns en Gawie van Wyk van die NWKV was die beoordelaa­rs. Van Wyk het volgens ’n puntestels­el beoordeel en Prinsloo volgens die hand-oogmetode.

Volgens Prinsloo was die gehalte van die ooie besonders en was dit interessan­t dat die twee wenooie wat met die hand-oog-metode geklas is, ook as wenners in die puntestels­el aangewys is.

EENVORMIGE WENNERS

Mnr. Willem Retief, een van Modern Merino se telers, meen die wenuitslag is vanweë min variasie tussen verskeie kenmerke binne hul groep jong ooie, aangesien al die boere hul ramme by een boer koop.

Volgens Vermeulen is die mikpunt om die skou volgende jaar verder uit te brei om klubs van die Wes-Kaap in te sluit.

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? BO:
Die Philipstow­n-jongooiklu­b hou jaarliks sy skou op mnr. Diederik Vermeulen se plaas Vrede, buite Philipstow­n in die Nood-Kaap. Daar was ook verskeie uitstaller­s.
FOTO: FREDALETTE UYS BO: Die Philipstow­n-jongooiklu­b hou jaarliks sy skou op mnr. Diederik Vermeulen se plaas Vrede, buite Philipstow­n in die Nood-Kaap. Daar was ook verskeie uitstaller­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa