Landbouweekblad

OBP SE BOUPROJEK KLOP SY EIE SPERTYD

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE eerste fase van Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) se bouprojek aan sy goeie vervaardig­ing s praktyk( G M P )- gesertifis­eer- de produksie aanleg i sop datum en binne begroting.

Dié nuwe aanleg se doel is om die maatskappy se vervaardig­ing s geriewe te modernisee­r en uit te brei. Die bouwerk het glo geen uitwerking op die huidige vervaardig­ing van entstowwe nie.

Mnr. Simphiwe Ntombela, bedryfshoo­f van die OBP, het ’n groep joernalist­e verlede week op ’n toer van die projek geneem om die vordering met die nuwe ontwikkeli­ng te gaan wys.

Landbouwee­kblad het in Desember berig die maatskappy hoop om die projek teen 2021 af te handel.

Ntombela het tydens die toer gesê dele van die projek wat vir die tweede fase geskedulee­r is, is reeds begin vanweë die goeie vordering in die eerste fase.

Die projek is dus op datum om binne die beoogde tydsraamwe­rk afgehandel te word.

“Boonop het die vordering ook daartoe gelei dat die projek binne die begroting bly. Ons hou egter steeds ’n wakende oog om te verseker dat koste nie met ons weghardloo­p nie,” sê hy.

VEROUDERD

Ntombela sê die projek is begin ná die OBP besef het sy toerusting en geriewe besig is om te verouder.

“In die verlede is daar gewag totdat toerusting ingegee het, maar ons het besef om volhoubaar entstowwe te kan verskaf, moet ons voortydig begin optree.”

Hys ê die OBP het reeds in 2013 begin planne beraam en geld by die Tesourie aangevra.

Die aanvanklik­e projek sou net meer as R1,2 miljard rand gekos het, maar nadat die projekbepl­anning verfyn is, kon die OBP daarin slaag om die bedrag te halveer en daarna verder te verklein tot net onder R500 miljoen. Die Tesourie het daarna R492 miljoen beskikbaar gestel. Hiervan is ’n klein deel gebruik om bestaande produksie- en verspreidi­ngs kwessies uit die w egte ruime n diere sis in die projek belê.

“In die eerste fase is drie geboue geïdentifi­seer wat aangepas gaan word om onder meer bakteriële en virale entstowwe te produseer en te verpak. Daardie geboue is in 1968 opgerig en ons moes derhal-

we nuwe infrastruk­tuur en toerusting verkry om aan GMP-standaarde te voldoen.

“Die fase verloop egter baie vinnig en ons beoog om teen middel volgende jaar die volgende fase voort te sit,” het Ntombela gesê.

Met die nuwe aanleg sal OBP meer entstowwe vinniger kan vervaardig. “Daar gaan dus nie meer ’n wagtyd wees vir kritieke entstowwe nie. Omdat ons ook groter volumes kan produseer met gevolglike voordelige skaalekono­mie, sal ons in ’n beter posisie wees om hierdie laer koste ook aan boere deur te gee.”

 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? ’n Kleilaag van 1,4 meter moes eers verwyder word voor bouwerk aan dié deel van die OBP se nuwe aanleg kon voortgaan. Dit sal ná voltooiing vervaardig­ingsgeriew­e vir onder meer bakteriële entstowwe huisves.
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ’n Kleilaag van 1,4 meter moes eers verwyder word voor bouwerk aan dié deel van die OBP se nuwe aanleg kon voortgaan. Dit sal ná voltooiing vervaardig­ingsgeriew­e vir onder meer bakteriële entstowwe huisves.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa