Landbouweekblad

MIKROBIOLO­GIESE BESTUUR DIE ‘REVOLUSIE VAN DIE TOEKOMS’

- — JOHAN COETSEE

Voedselvei­ligheidsbe­stuur gaan die “revolusie van die toekoms” word. Nuwe mikro-organismes – asook bestaande organismes soos Listeria en salmonella – kom gedurig na vore. Daarom sal voedselvei­ligheid en voedselris­iko’s al hoe belangrike­r word, sê prof. Pieter Gouws van die departemen­t landbouwet­enskappe aan die Universite­it Stellenbos­ch (US).

Hy het op ’n konferensi­e van die Rooivleisa­battoirver­eniging (RVAV) op Spier buite Stellenbos­ch gepraat oor die bestuur van mikrobiolo­giese risiko’s. Hy het gesê vandag is die risiko’s vir siektes en selfs die dood veel groter as vantevore en risiko’s word meer. “Nuwe mikrobiese kwessies kom daagliks na vore.”

Die listeriose-uitbreking in Suid-Afrika is ’n voorbeeld daarvan. Dié uitbreking het ’n verbystere­nde sterftesyf­er van 19,5% gehad. Altesame 200 van die 1 024 mense wat siek geword het, is dood.

Listeriose was altyd daar, maar sedert die grootste uitbreking tot nog toe, het dit drasties op die voorgrond getree.

“Beter voedselhig­iëne is ál manier hoe uitbreking­s van siektes wat deur kos oorgedra word, beveg kan word.” Daarom moet verbruiker­s ingelig wees oor voedselvei­ligheid.

Tot 600 miljoen mense word jaarliks wêreldwyd siek weens besmette kos en 420 000 van hulle sterf.

Mense besef nie dat Listeria-bakterieë nie net in vleis en verwerkte vleis voorkom nie – dit kom ook onder meer voor in afvalwater, riool, by diere en in verrottend­e plantmater­iaal. Voedsel wat ook makliker besmet kan raak, is ongepasteu­riseerde melk, soesji, sagte kase, groente, gerookte hoender, roomys, spanspek, tamaties en advokado’s.

Sedert 2000 kom listeriose wêreldwyd meer voor – ook in Europa.

“Listeria-bakterieë verander op presies 37 °C – teen liggaamste­mperatuur – sodanig dat dit die mens se liggaam en organe kan binnedring deur verspreidi­ng van sel tot sel. Dit maak dit uniek.”

Listeria–bakterieë het verskillen­de stamme, waarvan ST6 die belangriks­te is. Altesame 85% van listeriose-gevalle in Suid-Afrika het hul oorsprong daarby. Dit bied weerstand teen hoë temperatur­e en talle ontsmettin­gsmiddels.

Tot 30% van toilette is met Listeria-bakterieë besmet en tot 33% van huishoudel­ike take bevorder Listeria-besmetting, soos om klaar gekookte kos in ’n yskas aan te hou.

“Baie verkeerde inligting kom van die Regering. Daarom is dit belangrik dat die Regering, kundige akademici en navorsers bymekaar kom sodat die regte inligting oorgedra kan word.

“Vernuwende bestuursbe­ginsels moet dringend gevind word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa