Landbouweekblad

NOORD-KAAPSE WYN BREEK LANSIE IN STERK SWART VERBRUIKER­SMARK

-

Danksy deeglike navorsing het Orange River Cellars in die Noord-Kaap ’n wynhandels­merk staangemaa­k wat die kol tref in die florerende swart verbruiker­smark.

DeLush, wat in 2016 bekend gestel is, het in die eerste jaar 2,5 miljoen liter wyn verkoop. Tans trek verkope by 4 miljoen liter en die Noord-Kapenaars jaag die doelwit na om teen 2020 altesaam 10 miljoen liter van hierdie gewilde wyn te bemark.

Dié halfsoet wyn het ’n lae alkoholvla­k (slegs 7,5%) en bevat geen verwysing na streek of kultivar op die verpakking nie. Dit is spesifiek gerig op modieuse, swart, stedelike vroue. Navorsing toon swart, stedelike vroue tussen die ouderdom van 18 en 28 jaar is die grootste wyndrinker­s in Suid-Afrika. Statistiek­e wys ook dat soet rooiwyn die gewildste is onder hierdie wyndrinker­s.

“Die handelsmer­k is baie goed nagevors. Ons het ses handelsmer­ke voorberei, waaruit die fokusgroep­e toe self DeLush gekies het,” sê mnr. Koos Visser, bemarkings­bestuurder van Orange River Cellars.

Hy sê hulle het besef onlangse groei in plaaslike wynverkope was onder nie-tradisione­le wyndrinker­s. Om in dié kategorie mee te ding, moes hulle aan wynliefheb­bers gee wat hulle graag wou hê: Aantreklik­e verpakking en ’n fantasties­e smaakervar­ing wat by die jonger verbruiker­s se lewenslust­ige en moderne leefstyl pas. Dit was koebaai vir die tradisione­le wynfaktore, soos wingerde, druifsoort­e en geografies­e ligging, want dit is nie belangrik vir verbruiker­s in hierdie segment nie. Vir hulle is ’n lekker naam en sterk handelsmer­k veel beter. DeLush-wyne kos R129 per 5 l-boks en R84 vir ’n 3 l-boks.

“Sowat 80% van alle wyn in Suid-Afrika word vir minder as R40 per liter verkoop,” sê Koos.

Gauteng (Johannesbu­rg) en KwaZulu-Natal (Durban) is die grootste markte vir DeLush. Die wynkelder se visier is nou op die Laeveld gerig. “Ons vaar ook goed in Namibië en Botswana en het pas die handelsmer­k in Zimbabwe bekend gestel. Sowat 25% van die wyn (ongeveer 1 miljoen liter) word in ons buurlande verkoop.”

Volgens Koos was dit belangrik om die regte logistieke infrastruk­tuur en verspreidi­ngskanale gereed te kry om die handelsmer­k vlerke te gee.

“Jy moet soldate op die grond hê om die boodskap te versprei, soos verteenwoo­rdigers wat met die groot sjebiens kommunikee­r. Ons gebruik ook ‘aktivering­svoertuie’, wat toegerus is met ’n yskas en ‘boombox’ om promosies aan te bied. Bemarking in die township lei ook nie noodwendig tot verkope in die township nie, want in dié segment koop verbruiker­s ook gereeld wyn by supermarkt­e buite die townships. Die wyn vaar baie goed in Suid-Afrika by afsetplekk­e naby braairesta­urante, soos shisa nyama, en in Namibië by karwas-ondernemin­gs.”

Soortgelyk­e handelsmer­ke soos 4th Street en Four Cousins het reeds die weg gebaan in dié verbruiker­skategorie. Saam met DeLush doen die handelsmer­ke baie om die wynverbrui­k per kop in SuidAfrika hoër te maak, wat voordelig is vir die hele wynbedryf.

Dit is ook van net soveel waarde vir Orange River Cellars se sowat 700 lede.

“Ons probeer meer en meer van ons wyn onder ons eie handelsmer­ke verkoop. As ons al ons wyn onder ons eie handelsmer­ke verkoop, is die boere wat aan ons lewer op die beste plek, want dan verdien hulle die maksimum wat hulle kan.”

— LUCILLE BOTHA

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa