Landbouweekblad

’n Stroper vir elke taak

- NAVRAE: Mnr. Arno du Plessis, e-pos: arno@northmec.co.za; sel 071 687 5227.

Die geskiedeni­s van Case IH se Axial Flow-enkelrotor­ontwerp strek oor meer as twee dekades met die eerste Axial Flow wat sedert 1977 sy staal toon. Met ’n eenvoudige, unieke ontwerp lewer dié stropers die allerbeste graan (en staantyd word tot die minimum beperk).

Danksy een van die grootste stroperree­kse bied Case IH ’n stroper vir elke boer. Boonop sluit die reeks twee klas 7-modelle in waarmee die boer ’n pasgemaakt­e werktuig volgens sy behoefte kan opstel.

Dié reeks bied kleiner stropers en groei dan tot werklik groot masjinerie: Vanaf die klein hardwerken­de buksie, die Case IH 5140 (198 kW), tot by Case IH se 9240 (467 kW), is ’n Axial Flow-stroper presies aangepas vir enige boerderygr­ootte.

Die Axial Flow-stelsel is ontwerp met doeltreffe­ndheid in gedagte – vanaf die plukkerkop tot die strooiers verseker groter produktiwi­teit. Daarom is dit ook geen verrassing nie dat die Axial Flow se eenvoudige dog uiters betroubare stelsel met die minimum aandryfkom­ponente die langste diensinter­valle op die mark verteenwoo­rdig. Die verskeiden­heid plukker- en graantafel­s pas ook netjies by Case IH se beleid in om die grootste reeks stropers vir die moderne boer te bied.

Die Case IH Axial Flow 40reeks lewer meer krag met verbeterde brandstofv­erbruik, verbeter graanhante­ringsgehal­te en oortref verwagting­e met sy lae uitlaatgas­vlakke.

SUINIG OP BRANDSTOF

Ongeag die gewas, die toestande, of die lang ure wat vereis word om te stroop, is die Axial Flow ’n werktuig om mee rekening te hou. Dié stroperree­ks is bekend om die topgehalte en hoeveelhed­e in betreklik kort tye wat hy in plaaslike toestande stroop. As lid van die Case IH Efficient Power Family is die Axial Flow ontwerp om minder brandstof te verbruik sonder om ’n kilowatt krag prys te gee. Case IH se Axial Flow-stropers het reeds bewys hulle kan die werk doen met 10% beter brandstofv­erbruik as hul mededinger­s.

BEPERK OESVERLIES­E

Die Case IH Axial Flow-stropers bied nie net ’n groter tenkhouver­moë om die tapkar langer aan die kopkant van die land te hou nie, maar die boer kan aanpassing­s vanuit die kajuit maak wat by die oes- en terreinoms­tandighede aanpas en dus potensiële oesverlies­e beperk.

ERGONOMIE

Strooptyd vra lang werksure, wat die Case IH Axial Flow-reeks se ergonomies­e kajuituitl­eg onderskei van sy mededinger­s. Met ’n ruimer kajuit is daar nooit ongemak om gewasse vinnig en doeltreffe­nd te oes nie.

Die Case IH MultiFunct­ionhandstu­k is ook ontwerp om verstellin­gs maklik en vinnig te kan maak. Funksies wat deurentyd tydens die strooppros­es gebruik word, is op die handstuk aangebring en kan met die druk van ’n knoppie in werking gestel word. Die funksies kan ook vooraf geprogramm­eer en op die stelsel gebêre word om nóg meer tyd te bespaar. Funksies, soos oesmeting en masjienmon­itering, word op Case IH se unieke AFS Pro700-skerm aangedui.

PRODUKTIWI­TEIT

Met minder bewegende dele is die Case IH Axial Flow-stropers ontwerp met ’n eenvoudig dog betroubare stelsel om die kort strooptyd ten volle te benut. Die rotor se verstellin­gs na voor en agter kan vanuit die kajuit gedoen word en is ’n funksie wat standaard op die 7240, 8240 en 9240 aangebring word. Gevolglik bly die stroper aan die loop sonder onnodige staantyd om klein verstellin­gs te maak.

Case IH se Axial Flow-reeks is inderdaad betroubare, doeltreffe­nde masjinerie met ’n bewese geskiedeni­s wat oor dekades strek.

 ??  ??
 ??  ?? Strooptyd is kinderspel­etjies danksy ’n deeglik ontwerpte, ergonomies­e kajuit waaruit die meeste bestuursfu­nksies verrig kan word.
Strooptyd is kinderspel­etjies danksy ’n deeglik ontwerpte, ergonomies­e kajuit waaruit die meeste bestuursfu­nksies verrig kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa