Landbouweekblad

Topdiere by Sussex-veiling

- NAVRAE: Sussex-beestelers­genootskap, e-pos: sussex@ studbook.co.za, tel. 051 410 0955; mnr. Gert Fourie (veilingsko­ördineerde­r), sel 082 770 3392; mnr. Danie Pienaar, sel 082 893 6721. Vleissentr­aal, tel. 051 451 1439; mnr. Wimpie du Plessis, sel 082 771

Die Sussex-beestelers­genootskap se nasionale veiling word op 16 Augustus in Bloemfonte­in aangebied en die aanbod is groter en beter as voorheen.

Mnr. Ian Grobbelaar, ’n afslaer, en Vleissentr­aal bied die Sussex-beestelers­genootskap se veiling namens die genootskap aan op die Bloemfonte­inse skouterrei­n. Die verrigting­e sal om 11:00 begin.

Die aanbod is van die aanvanklik­e beplanning van 25 stoetbulle tot 35 bulle vergroot.

Mnr. Gert Fourie van Kyk- nou Sussex is die veilingsko­ördineerde­r en hy sê nog een of twee bykomende bulle kan in aanbod wees. “Minstens 25 vroulike stoetdiere en ook tien kommersiël­e vroulike diere sal beskikbaar wees,” sê hy.

Topdiere van Sussex-stoetteler­s van die hele land sal te koop wees. Verskillen­de streke word verteenwoo­rdig – van die WesKaap tot diep in die Kalahari. Dit bied ’n wye keuse aan kopers met ’n voorkeur vir diere uit spesifieke dele van Suid-Afrika.

Mnr. Nollie Stofberg en sy spogdiere gaan ook daar wees. Hy het vanjaar uitstekend gevaar in die nasionale kampioensk­ap en die interrasko­mpetisie op die Bloemskou. Diere uit sy Platdrif-stoetkudde is ook in aanbod. Hou jou oë oop vir nog puik Sussex-teeldiere van dié stoetteler­s op die nasionale veiling: Advocate van Callie Cillié (Bloemfonte­in); Almaija van Albert Kotzé (Noorder-Paarl); Blema Ba Kan van Junior Keyser (Kroonstad); Bonnie Brae van Morné Cloete (Elliot); Ducron van Jacques Cronjé (George); Eversar van Chris Nel (Petrus Steyn); Faurzyl van Theo van Zyl (Ladybrand); Grey-Maclean van Linden Hewson (Oos-Londen); Kiema van Kiewiet van Jaars- veld (Reddersbur­g); Kyknou van Gert Fourie (Askham); Platdrif van Nollie Stofberg (Botha); Pothou van George Potgieter (Leeudoring­stad); Rhys Evans Group van David Evans (Viljoenskr­oon); Santori van De Villiers Lamprecht (Kuruman); Sasson van Steyn Vivier (Danhof); en Sonador van Annalea van Niekerk (Reitz).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa