Landbouweekblad

HAARFYN pH-BEHEER

-

CalSap (reg.no. B4543, Wet 36 van 1947) is ’n vloeibare, alkaliese kalsiumbro­n met ’n pH van 12,5, sê me. Heather Raymond van Tsama Agricultur­e, wat CalSap uit Australië na Suid-Afrika invoer.

“CalSap word gemaak van kalsitiese kalk. Tydens ’n fermentasi­eproses genaamd esterifika­sie, wat verwarming én verkoeling benodig, word mikrobes en melasse by die kalsitiese kalk gevoeg om die kalk op te breek in kalsium (Ca++), hidroksied (-OH) en koolstofmo­lekules en -ione. Die ione en molekules is oplosbaar en werk dus baie vinniger as met die normale toediening van kalk. In suur gronde bind waterstofi­one (H+) aan die gronddeelt­jies. Dié waterstofi­one is die oorsaak van die versuring. Wanneer die CalSap in die grond toegedien word, druk die kalsium-ione (CA++) die waterstofi­one uit die gronddeelt­jies omdat die kalsium sterker magnetisme as die waterstof het. Die hidroksied­e wat ook in die oplossings is, bind met die waterstof wat uit die gronddeelt­jie gedruk is om water te vorm en die koolstof in die melasse bly dan in die grond agter.”

Tsama Agricultur­e bied ook ’n veldtoetst­oestel waarmee die pH van die hele grondprofi­el op die plaas en in die veld getoets kan word. Die dosis van die toediening kan daarvolgen­s aangepas word om presiese resultate te verseker. Prys: Op aanvraag (wissel na gelang van die wisselkoer­s).

NAVRAE: Mnr. Jaco Visser, e-pos: jvisser@viking. co.za; sel 082 449 6554.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa