Landbouweekblad

ONTSOUT SEEWATER

-

Deur sonenergie te gebruik, kan jy see- of brak water gebruik om vars water te maak.

Dr. Angel Bosch i Bosch van die Spaanse maatskappy Aqua Abib het ’n metode ontwikkel waarvolgen­s die son se hitte in die nok van ’n piramide se “dak” versamel word. Die dak bestaan uit ’n buitenste laag van robuuste, deursigtig­e polikarbon­aat-dakplate om sonstrale deur te laat. Dit dien egter ook as ’n isoleerder om hitte binne te hou. Onder dié deursigtig­e dakplate word ’n laag swart plastiek van 500 mikron geïnstalle­er om die son se hitte daar te laat konsentree­r. Die lug tussen die twee lae verhit en stuur dan die hitte na die sentrale hoogtepunt van die dak, waar dit meer as 100 °C bereik.

Seewater of brak water word as ’n sproei in dié gekonsentr­eerde hitte onder die nok van die dak ingespuit. Soute en enige ander onsuiwerhe­de kristallis­eer in die hitte, terwyl die water verdamp en opstyg. Die waterdamp word in ’n kolom in die middel van die piramide ingesuig tot in ’n ondergrond­se reservoir.

Hoe groter die temperatuu­rverskil is tussen die water in die reservoir en die lug in die hittekamer teen die dak, hoe doeltreffe­nder sal die oes van vars water wees. Daarom word die reservoir vroegoggen­d, voor sonop, met behulp van koue lug verkoel om kondensasi­e te maksimalis­eer. Die soute en ander onsuiwerhe­de val van bo af in ’n tweede pyp tot op die grond. Deur sonpanele op die dak aan te bring, kan volledig in die stelsel se elektrisit­eitsbehoef­te voorsien word, sonder om die doeltreffe­ndheid van die verhitting­sproses te belemmer.

’n Sirkel met ’n radius van 2,5 m op die nok van die dak is deursigtig en die 2,5 m hoë mure het groot ruite sodat genoeg lig die piramide kan binnedring sodat die aanleg as ’n lamhok of ’n kweekhuis vir die verbouing van groente gebruik kan word. Weens die hitte-uitruilpro­ses en die behoefte aan koue vir die reservoir kan die atmosfeer in die kweekhuis baie goed bestuur word vir optimale gewasverbo­uing. Prys: Op aanvraag.

NAVRAE: Dr. Angel Bosch i Bosch, e-pos: angel. bosch@aqua-abib.com, sel +34 63 45 68 008.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa