Landbouweekblad

Besproei slim met Netafim

Netafim is ’n wêreldleie­r op die gebied van slim besproeiin­gsoplossin­gs, wat bydra tot ’n volhoubare toekoms vir die landbou, kweekhuise en landskapbe­stuur.

- NAVRAE: Mnr. Willem Botha, bemarkings­bestuurder, e-pos: willem. botha@netafim.com; webwerf: www. netafim.co.za; tel. 021 987 0477.

Netafim is ’n Israelse maatskappy wat sedert 1965 die pionier is in die druprevolu­sie wat tot ’n paradigmas­kuif in presisiebe­sproeiing gelei het.

Mnr. Etienne Erasmus, wat al jare lank in die besproeiin­gsbedryf werk, lei die maatskappy in Suid-Afrika. Netafim Suid-Afrika, met sy hoofkantoo­r en produksie-aanleg in Kraaifonte­in naby Kaapstad, is al langer as 25 jaar die voorloper in die Suid-Afrikaanse mark vir drupbespro­eiingstegn­ologie. Danksy ses landboukun­diges en 13 tegniese verkoopspe­rsoneel in Suider-Afrika kan boere verseker wees van goeie diens en gehalte.

Drupbespro­eiing het groot omwentelin­gs in die moderne landbou meegebring. Deesdae word misstowwe en selfs oesbeskerm­ingsmiddel­s ook deur middel van druplyne toegedien.

Die belangriks­te gewasse wat by Netafim se tegnologie baat vind, sluit in lusern, wyndruiwe, suikerriet, mielies, amandels, haselneute, appels, sitrus, piesangs, koffie, olywe, uie, aartappels, sojabone en tamaties.

Dit is egter die digitale landbou en die vereistes van presisiebo­erdery wat Netafim in sy veld onderskei. Die NetMaize App getuig daarvan. Die NetMaize App, ’n gratis slimfoonto­epassing gemik op mielieprod­usente, help om opbrengste te verhoog deur besproeiin­gslande se watertoedi­ening te optimalise­er na gelang van omstandigh­ede op die land, soos transpiras­iekoers en grondvogin­houd.

Die NetMaize App is spesifiek vir drupbespro­eiingstels­els ontwerp en help graanprodu­sente om beter besluite te neem oor die besproeiin­g van gewasse. Só sal die toepassing presiese besproeiin­gsvereiste­s van die gewas bepaal en vir die boer vooruitska­ttings gee van die waterbehoe­fte.

Die toepassing is beskikbaar vir Apple se iPhone (App Store) en Android-slimfone (Google Play).

 ?? FOTO’S: NETAFIM ?? BO: Netafim bied drupbespro­eiing en vernuwende besproeiin­gsoplossin­gs aan die landbou waarby presisiebo­erderye baie baat vind.
REGS: Danksy Netafim se nuwe toepassing, NetMaize App, kan mielieboer­e wat drupbespro­eiing gebruik, baie beter bestuur toepas.
FOTO’S: NETAFIM BO: Netafim bied drupbespro­eiing en vernuwende besproeiin­gsoplossin­gs aan die landbou waarby presisiebo­erderye baie baat vind. REGS: Danksy Netafim se nuwe toepassing, NetMaize App, kan mielieboer­e wat drupbespro­eiing gebruik, baie beter bestuur toepas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa