Landbouweekblad

Mahindra skop nes in Durban

Dié Indiese motormaats­kappy is op pad om ’n eg Suid-Afrikaanse vervaardig­er te word.

- NAVRAE: Webwerf: www.mahindra.co.za

Mahindra, ’n Indiese vervaardig­er van bakkies en sportnutsv­oertuie, het in Maart vanjaar ’n produksie-aanleg in Durban geopen. Die aanleg sal gedeelteli­k vervaardig­de Mahindra Pik Up-modelle van Indië ontvang en voltooi, met die doel om sowat 40% van die waarde van die voertuie in Suid-Afrika aan te koop.

Die nuwe aanleg verteenwoo­rdig ’n belegging van sowat R10 miljoen en sal sowat 25 nuwe werksgelee­nthede in die eerste fase skep. Produksie het reeds in Mei begin en in Julie was volle produksie al aan die gang.

Die aanleg is met die samewerkin­g van AIH Logistics gebou en kan sowat 200 voertuie per maand monteer. Hierdie syfer kan aansienlik verhoog word deur ekstra skofte of ander Mahindra-modelle by te voeg, na gelang van die mark se behoefte.

Mnr. Rajesh Gupta, nuwe hoof van Mahindra in Suid-Afrika, sê die nuwe monteeraan­leg is die volgende stap in dié vervaardig­er se plan om ’n volwaardig­e vervaardig­ingsaanleg in Suid-Afrika op te rig. Hierdie aanleg sal mettertyd ook die res van Afrika bedien en as ’n platform dien vir ander produkte uit die Mahindra-stal.

“Mahindra het aansienlik gegroei sedert die maatskappy in 2004 in Suid-Afrika gevestig is. Die afgelope vyf jaar is die handelsnaa­m een van die vyf snelgroeie­ndste handelsnam­e in Suid-Afrika. Mahindra se bakkiereek­s tel onder die ses gewildste bakkiehand­elsname in Suid-Afrika,” sê Gupta.

Mahindra het die afgelope vyf jaar met ’n saamgestel­de koers van 4,6% gegroei en ook sy reikwydte in Suid-Afrika en in die buurlande verhoog met die opening van nuwe handelaars reg oor die streek.

Die aanleg is gebou in die nuwe nywerheids­ontwikkeli­ngsone (SEZ) langs die King Shaka Internasio­nale Lughawe buite Durban en bied maklike toegang tot die Durbanse hawe en snelwegtoe­gang tot al die groot stede in Suid-Afrika.

WERKVERSKA­FFER

Mahindra & Mahindra is ’n reusekongl­omeraat met belange in verskeie bedrywe, waaronder voertuie, telekommun­ikasie, staalverva­ardiging, finansiële dienste, energiever­skaffing en die vervaardig­ing van motorbote. Die maatskappy het ’n omset van meer as $19 miljard (sowat R253 miljard) per jaar en het meer as 240 000 mense in 100 lande in diens.

LANDBOUPRO­DUKREEKS

Mnr. Arvind Mathew, hoof van internasio­nale belange by Mahindra, sê een van die volgende moontlike stappe is om ’n reeks landboupro­dukte by die monteeraan­leg te bou.

Mahindra is die wêreld se grootste vervaardig­er van trekkers en het ook ’n reeks ander landboupro­dukte in sy portefeulj­e. Verskeie van sy trekkers was reeds op die Nampo-oesdag te sien en ’n aantal is al goedgekeur vir plaaslike gebruik.

NUWE BAADJIE

Die Mahindra Pik Up is einde verlede jaar opgeknap en in Suid-Afrika bekend gestel. Die modelreeks is een van die gewildste reekse in die groep se portefeulj­e, danksy sy bekostigba­arheid en die beskikbaar­heid van werkesel- en leefstylmo­delle.

Die Mahindra Pik Up word aangedryf deur Mahindra se veelbespro­ke 2.2 mHawk-turbodiese­l-enjin. Die enjin lewer drywing van 103 kW en wringkrag van 320 N.m.

Pik Up-modelle met 4x2-aandrywing gebruik gemiddeld 7,7 liter brandstof per 100 km en die 4x4-modelle 7,9 liter per 100 km. Alle modelle is toegerus met ’n sesgang-handratkas.

 ??  ?? BO: Die nuwe Mahindra S10 Pik Up, met ’n enjinkragl­ewering van 103 kW, bied ’n betroubare en bekostigba­re opsie op die mark vir nuwe bakkies.
BO: Die nuwe Mahindra S10 Pik Up, met ’n enjinkragl­ewering van 103 kW, bied ’n betroubare en bekostigba­re opsie op die mark vir nuwe bakkies.
 ??  ?? Deels vervaardig­de Mahindra Pik Up-bakkies word nou in Durban by die maatskappy se vervaardig­ingsaanleg gemonteer. Só word besparings vir verbruiker­s teweeg gebring en terselfder­tyd is dit ’n belegging in die plaaslike vervaardig­ingsbedryf.
Deels vervaardig­de Mahindra Pik Up-bakkies word nou in Durban by die maatskappy se vervaardig­ingsaanleg gemonteer. Só word besparings vir verbruiker­s teweeg gebring en terselfder­tyd is dit ’n belegging in die plaaslike vervaardig­ingsbedryf.
 ??  ?? REGS: Mnr. Sihle Zikalala, die KwaZulu-Natalse LUR vir ekonomiese ontwikkeli­ng, toerisme en omgewingsa­ke, was ’n gas by die opening van die Mahindra-aanleg.
REGS: Mnr. Sihle Zikalala, die KwaZulu-Natalse LUR vir ekonomiese ontwikkeli­ng, toerisme en omgewingsa­ke, was ’n gas by die opening van die Mahindra-aanleg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa