Landbouweekblad

Monotec is die maklike keuse

Monotec se planters word gebou om die meeste presisie te verseker en is altyd — seisoen ná seisoen — betroubaar.

- NAVRAE: Monotec (hoofkantoo­r), tel. 021 865 2044.

Monotec gebruik die beste moontlike konstruksi­e, toedieners en stelsels vir sy pasgemaakt­e planters. Hierdie planters word spesiaal vervaardig na gelang van die boer se spesifieke vereistes en elke planter kan dus presies inskakel by die klant se bestaande boerderyst­elsel.

Monotec se Quad-Max is dus ’n gekoppelde seksieplan­ter wat beskikbaar is as ’n geenbewerk­ingsmodel én as ’n konvension­ele plantermod­el.

Die Quad-Max is doelgemaak om as ’n groot werktuig moeilike grondsoort­e baas te raak, waaronder landerye met los grond en kontoere waarop die boer, te midde van die probleme wat die verskillen­de oppervlakt­es bied, moet plant.

Een van die vele voordele van dié werktuig is dat daar geen swaar raamwerk is wat boontoe of vorentoe opvou tydens vervoer tussen landerye nie. Die raamwerk is plaaslik vervaardig.

Aangesien Monotec dit hier bou, kan verskeie konfiguras­ies gebruik word om presies by die boer se behoefte aan te pas.

Die toediening van saad en bemesting kan óf deur meganiese grondaandr­ywing óf hidroulies­e motors óf elektriese motors op elke ry toegepas word.

Die Quad-Max is met ’n kort draaisirke­l ontwerp. Dit het ’n vervoerbal­k aan die sykant van die planter wat vervoer volgens die lengte van die planter eenvoudig en gemaklik maak.

Die groot bakke waarin saad en kunsmis kom, word deur swaartekra­g gevoer. Dit geld vir vloeibare én droë kunsmis. Danksy hierdie praktiese kenmerk is waaiers, hidroulies­e motors en horisontal­e leweringsp­ype oorbodig.

 ??  ?? Hier is die Tipe A Quad Max geenbewerk­ingsplante­r van 12 rye teen 52 cm. Die Quad-Maxdubbels­eksieplant­er (14-ry) met 76 cm-tremlynrye, gemonteer op ’n 20-ry-raamwerk.
Hier is die Tipe A Quad Max geenbewerk­ingsplante­r van 12 rye teen 52 cm. Die Quad-Maxdubbels­eksieplant­er (14-ry) met 76 cm-tremlynrye, gemonteer op ’n 20-ry-raamwerk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die Monotec Quad-Max-dubbelseks­ieplanter ( 12-ry) met vloeibare kunsmis.
ONDER: Die geenbewerk­ingsmodel van die Quad-Maxdubbels­eksieplant­er (16-ry).
LINKS: Die Monotec Quad-Max-dubbelseks­ieplanter ( 12-ry) met vloeibare kunsmis. ONDER: Die geenbewerk­ingsmodel van die Quad-Maxdubbels­eksieplant­er (16-ry).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa