Landbouweekblad

Dié stewels is gebou om te hou

Wayne is die grootste vervaardig­er van rubberstew­els in Afrika. Gevolglik staan hy reg met die ideale paar stewels vir elke situasie en bedryf.

- NAVRAE: Webwerf: www.wayne-safety.com

Voor ’n mens ’n rubberstew­el kan kies, is dit belangrik om te weet in watter omstandigh­ede die verskillen­de stewels gebruik kan word en hoe om meer myle uit jou stewels te kry. Hier is ’n paar vrae, antwoorde en wenke van Wayne, ’n reuseverva­ardiger van rubberstew­els, oor die ideale paar stewels vir spesifieke take.

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN PU- EN PVCRUBBERS­TEWELS?

PVCrubbers­tewels is veelsydig, duursaam en gee betroubare beskerming teen ’n wye reeks stowwe en bied selfs meer weerstand as poliuretaa­n (PU) teen sterk sure, olies en chemikalie­ë wat in sommige landbou en nywerheids­omgewings aanwesig is.

Wayne se wye reeks PUrubberst­ewels word al hoe gewilder danksy hierdie voordele: ■ Duursamer – hulle hou selfs drie keer langer as PVCrubbers­tewels; ■ Liggewig; ■ Bestand teen vlekke; ■ Buigsamer; ■ Meer higiënies; en ■ Dit is gerieflike­r vir die draer.

HOE LANK HOU ’N PAAR STEWELS?

Dit sal afhang van hul toepassing. Gegrond op diepvlakmy­nwerk, waar stewels aan die ergste moontlike toestande blootgeste­l word (selfs 12 uur lank per dag), vereis myne ’n skagduur van 90 skofte (omtrent drie maande). In die algemeen oorskry Wayne se rubberstew­els dié tydsduur veral as dit goed opgepas is en nie blootgeste­l word aan fisieke skade of hoë konsentras­ies chemikalie­ë, oplosmidde­ls of olies nie.

BESTE VERSORGING

Die korrekte en gereelde versorging kan die gebruiksdu­ur van die stewel en die draer se voethigiën­e en gerief baie beïnvloed. Alle Waynerubbe­rstewels word vervaardig met ’n gebreide sokvoering van nylon pleks van ’n geborselde nylonvoeri­ng. Dit maak dit makliker om die stewels aan die binnekant skoon te maak.

Rubberstew­els moet so dikwels as moontlik binne en buite skoongemaa­k word ten einde die opbou van bakterieë en kieme te vermy.

Reinig die buitekant van die stewel met ’n sagte seep en water. Moet nooit sterk chemikalie­ë of oplosmidde­ls gebruik nie omdat dit die stewel bros maak en dit sal laat oopkraak.

Gebruik ’n sagte seep, water en ’n skropborse­l om die grondaanpa­ksels in die sool se looppatroo­n te verwyder.

Was die stewel se binnekant met ’n sagte reinigings­middel en spoel deeglik uit.

Om te droog, sit die stewels buite in regstreeks­e sonlig waar daar behoorlike lugvloei is. Moet nooit hitte – soos met ’n haardroër – aanwend om die dro gingsprose­s te versnel nie.

Trek altyd ’n paar sweetabsor­berende katoensokk­ies saam met jou stewels aan.

HOE KIES ’N MENS DIE REGTE STEWEL?

Spesifikas­ies is teoreties van aard omdat hulle betrekking het op gekontrole­erde laboratori­umtoestand­e en kan derhalwe slegs as ’n riglyn gebruik word. Werksomsta­ndighede wissel en toetse moet dus gedoen word in die spesifieke gebiede waar die stewels gebruik gaan word. Só sal die spesifikas­ies by die toepassing inskakel.

Staalvoort­oonkappe en ondeurdrin­gbare middelsole is uitsonderi­ngs omdat dit ontwerp is om volledige voetbesker­ming te bied.

Wayne voorsien die landbouen bosboubedr­yf van méér as net ’n goeie stewel. Sy reeks rubberstew­els is ontwerp vir die uiteenlope­nde risiko’s van hierdie bedrywe. Met so ’n wye keuse rubberstew­els vir verskillen­de omgewings, verskaf Wayne die toepaslike beskerming vir nat en modderige toestande.

Wayne se gerieflike rubberstew­els is ontwerp om die oppervlakg­evare waarmee werkers elke dag te doen kry, te verduur. Dié stewelverv­aardiger loop die tweede myl om wêreldklas­diens en produkte van uitsonderl­ike gehalte te lewer.

 ?? FOTO’S: BBF SAFETY GROUP ?? Wayne se staatmaker-rubberstew­els gee die boer en sy werknemers gemoedsrus, waar hulle ook al op die plaas is.
FOTO’S: BBF SAFETY GROUP Wayne se staatmaker-rubberstew­els gee die boer en sy werknemers gemoedsrus, waar hulle ook al op die plaas is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa