Landbouweekblad

‘Die boer se beste vriend’

Chemvet Staal en Omheining voorsien volledig in boere se behoeftes wat staal, omheinings en strukture betref. Boonop word alles in een vrag afgelewer.

- NAVRAE: Webwerf: www. chemvet.co.za; tel. 011 437 9000.

Chemvet word reeds sedert 1979 vertrou as ’n vervaardig­er en verspreide­r van die allerbeste omheinings- en staalprodu­kte. Die maatskappy kan sy produkte volgens kliënte se spesifieke behoeftes aanpas, sê mnr. Eugene Marais, besturende direkteur van die maatskappy.

“Ná byna 40 suksesvoll­e jaar in die bedryf het ons ’n goeie reputasie. Dit tel in ons guns dat ons nie noodwendig op massa- produksie toegespits is nie, maar eerder op die gehalte van ons produkte,” sê Marais.

“Boere kan ons kontak en hul idees met ons bespreek. Daarvolgen­s kan ons dan pasgemaakt­e produkte aan hulle lewer.”

Chemvet bied vol vragte aan sy klante. Alles word in een vrag en vanaf een verskaffer by boere afgelewer. Chemvet is dus baie kostedoelt­reffend.

“’n Boer sal alles by ons kry wat hy vir sy projek nodig het. Ons het baie voorraad in ons reekse draadprodu­kte, pale, stutte en hekke – nie net om veeheining­s te span nie, maar ook vir beveiligin­g.

“Ons kan ’n boer help met die beplanning en oprigting van pakhuise en strukture, die produkte wat hy daarvoor nodig sal hê, asook die onderhouds­werk.”

Die veiligheid­sreeks sluit elektrifis­ering en kamera- en alarmstels­els in. Chemvet bied ook topgehalte gegalvanis­eerde swaardiens­materiaal, wat aan SABS-standaarde voldoen.

“Dit word van ’n dikker materiaal gemaak en het dus ’n langer gebruiksdu­ur omdat dit nie so vinnig roes nie,” sê Marais.

Ondanks die feit dat Suid-Afrika deur swaar ekonomiese tye gepootjie word, staan Chemvet nog sterk. Ná al die jare het die maatskappy ’n groot en diverse klantebasi­s.

“Chemvet is die boer se vriend in die stad waarop hy altyd kan staatmaak,” sê Marais.

 ?? FOTO: CHEMVET ?? Danksy die omvattende dienste van Chemvet Staal en Omheining kan ’n boer alles vir bouprojekt­e op die plaas op een slag bestel en saam laat aflewer.
FOTO: CHEMVET Danksy die omvattende dienste van Chemvet Staal en Omheining kan ’n boer alles vir bouprojekt­e op die plaas op een slag bestel en saam laat aflewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa