Landbouweekblad

Tegnologie verbeter landbou

Die SA Innovation Summit in September bied die ideale geleenthei­d om die onderlinge verband tussen voedselsek­erheid, voedselver­werking, die landbou en tegnologie te bespreek.

- NAVRAE: Webwerf: www.afgritechs­ervices.com; e-pos: ats@afgritechs­ervices.com; tel. 011 063 2075.

AFGRI Technology Services (ATS), wat deel is van ons Afgri Group Holdings, kondig met trots ’n vennootska­p met die SA Innovation Summit aan. Die beraad word van 12 tot 14 September in Kaapstad gehou, en bevorder en ontwikkel vernuwing in Afrika.

Dit is vanjaar die eerste keer dat ATS sal saamspan met die Raad vir Geesteswet­enskaplike Navorsing (RGN), die Allan Gray-entreprene­urskapuitd­aging, die Suider-Afrika-netwerk vir Biowetensk­appe, Adams and Adams en die Stad Kaapstad om dié broodnodig­e platform vir vernuwende denkers te onder- steun – nie net in Suid-Afrika nie, maar reg oor Afrika.

ATS borg die AgTech Vertical op die beraad, ’n platform wat ondernemin­gs, entreprene­urs, akademici en beleidsmak­ers byeen bring om Suid-Afrika se mededingen­de voorsprong te versterk en volhoubare ekono- miese groei in Afrika te inspireer.

“ATS wil die ontwikkeli­ng en toepassing van AgTech-oplossings, wat die toekoms van die landbou en voedselsek­erheid kan help verseker, bevorder,” sê me. Niki Neumann, besturende direkteur van ATS. Sy sê AgTech kan die bedryf drasties verander.

“Ons wil ’n internasio­naal mededingen­de, doeltreffe­nde en omvattende landboubed­ryf bou deur tegnologie en vernuwende oplossings. AgTech strek wyer as presisiebo­erdery, robotika, die internet-van-alles en sensors. AgTech het ’n holistiese uitkyk op die landbousek­tor om probleme, soos finansiële insluiting, waterskaar­ste, voedselsek­erheid en druk op produksied­oeltreffen­dheid die hoof te bied. Dit sluit ook die bemagtigin­g van klein boere, marktoegan­g en veranderen­de gebruikers­behoeftes in.

“Met dít in gedagte, en ’n omgewing wat vinnig verander, moet ons wyer en meer vernuwend oor alledaagse dinge dink.

“Landbou, die toekoms van voedsel en tegnologie moet as ’n eenheid bespreek word.

“Hierdie beraad bied aan ons die unieke geleenthei­d om dié gesprek te versnel.”

 ??  ?? AFGRI Technology Services ondersteun vernuwing in die landbou.
AFGRI Technology Services ondersteun vernuwing in die landbou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa