Landbouweekblad

AMANDELS: NUWE KULTIVARS GETOETS

- — JOHAN COETSEE

Sewe nuwe amandelkul­tivars uit Spanje en Italië word tans in die Wes-Kaap op die proef gestel, terwyl die landboumaa­tskappy ZZ2 al sowat drie jaar lank die Amerikaans­e amandelkul­tivar Independen­ce kommersiee­l aanplant. Só sê mnre. Michael Oosthuizen, tegniese bestuurder by die Unlimited Group in die Paarl, en Thomas Mehl, besturende direkteur van Cape Almonds, ’n filiaalmaa­tskappy van ZZ2.

Mehl sê afgesien van Independen­ce, wat reeds op groot skaal kommersiee­l in veral die Wes-Kaap aangeplant word, word ander Amerikaans­e kultivars ook geëvalueer. “Baanbreker­swerk word gedoen omdat ons aan alle fasette van die bedryf – plant, oes, siektebest­ryding, onderstamm­e en markte, aandag gee.”

Albei stem saam dat belangstel­ling in amandelpro­duksie drasties toeneem. “Ons voer jaarliks 3 300 ton amandels in. Teen die tempo waarvolgen­s die plaaslike bedryf groei, gaan ons binnekort selfvoorsi­enend wees,” sê Mehl.

Oosthuizen sê die grootste deel van die plaaslike amandeloes (250 ton tot 300 ton) word veral na lande in die Verre-Ooste uitgevoer. “Swakker neute word plaaslik bemark. Dit is egter ver onder die plaaslike vraag en ons moet invoer.”

Sowat 500 ha is onder amandelboo­rde in die Wes-Kaap, meestal by Oudtshoorn, Montagu, Riebeek-Kasteel, Worcester en Durbanvill­e. Die gemiddelde opbrengs is 2,5 ton per ha.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa