Landbouweekblad

NEEM KENNIS VAN AFRI BEEF

-

Original Afri Beef het ’n nuwe, opwindende hoofstuk ingelui. Dr. Pieter de Kock, voorsitter van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap, sê die Afrikanerb­ees het van die beste vleis in Suider-Afrika en die vraag na dié vleis styg onder beesvleisl­iefhebbers. Om op ’n haalbare, volhoubare wyse in hierdie verhoogde vraag te voorsien, is Original Afri Beef as ’n gehaltepro­duk by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye geregistre­er.

Vernuwende sakebegins­els en besteprakt­ykprosesse is in werking gestel om te verseker dat Afrikaners se rasegtheid geneties geverifiee­r en ’n produk van goeie gehalte aan die mark gelewer kan word, met volle naspeurbaa­rheid oor die hele waardekett­ing. ’n Gehalteste­mpel word op die betrokke vleis aangebring om aan te dui dat dit volgens die goedgekeur­de protokol vir beste praktyk geprodusee­r is.

Volgens navorsing van die Landbounav­orsingsraa­d het Afrikanerb­eesvleis ’n fyn grein en het die ras die hoogste voorkoms van die dubbele sagtheidsg­een van al die beesrasse in Suider-Afrika. Die gehalte en snyweersta­ndsagtheid ná verouderin­g vergelyk gunstig met dié van Europese rasse. Daarbenewe­ns het vleis van vrylopende beeste met ’n natuurlike rantsoen, soos wat die geval met Afri Beef is, algemeen ’n beter balans tussen

16

vitamien A, omega 3- en omega 6-vetsure en gekonjugee­rde linoliensu­ur per porsie as dit met die vleis van graangevoe­rde beeste vergelyk word, sê Pieter. DIt is dus heerlike, gesonde, natuurlike beesvleis.

Om te bepaal of die beloofde smaakplesi­er werklik so buitengewo­on is, is Afrikanerb­eesvleis getoets teen twee van die bekendste topgehalte­vleisbeesr­asse, die Wagyu en die Angus.

Tydens die Milhaus Stellenbos­ch Steak Challenge in Februarie verlede jaar het 22 gaste drie gange vleisgereg­te van die drie verskillen­de beesrasse geproe. Onder die gaste was vier sjefs, drie restaurant­eienaars en twee slagters. Eindelik is die telkaarte ingesamel, en die Afrikanerb­eesvleis het met net vyf punte minder as die Wagyu in die tweede plek geëindig. Die uiteindeli­ke puntetelli­ng is uit ’n moontlike 1 100 punte bereken en was as volg:

■ Wagyu: 977 punte. ■ Afrikaner: 972 punte. ■ Angus: 887 punte.

Wagyu-vleis verhandel teen ’n baie hoë prys. Die Afrikaner is ten opsigte van gehalte en smaak net-net onder die Wagyu, maar is bekostigba­ar vir die publiek, aldus mnr. Johan Pienaar van Let’s Meat.

PRODUKSIEB­EGINSELS

Die produksie van Original Afri Beef word deur die volgende beginsels gelei: ■ Die lewering van hoëgehalte­beesvleis aan die vleisliefh­ebbersmark deur die beste praktyk te verseker reg deur die waardekett­ing. ■ Bestuursbe­ginsels om stres te verminder en aan die vereiste gesondheid­standaarde te voldoen. ■ Die menslike hantering van

beeste. ■ Die verantwoor­delike gebruik van veeartseny­kundige middels. ■ Vrylopende beeste. ■ ’n Verbod op die gebruik van hormonale of steroïedgr­oeiinplant­ings. ■ ’n Verbod op die voer van

dierlike neweproduk­te. ■ Naspeurbaa­rheid dwarsdeur

die waardekett­ing. ■ Sistematie­se ouditering deur ’n onafhankli­ke party, die Suid-Afrikaanse Vleisbedry­fsmaatskap­py (Samic), dwarsdeur die hele waardekett­ing. ■ Voorsorgma­atreëls om te voorkom dat siektes in ’n lewendehaw­ekudde ingebring word. Die Kantoor van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap, onder leiding van me. Lauren James, verseker naspeurbaa­rheid deur die diere, wat almal genommer is, voor slagtyd te kontroleer en Afrikaner-egtheid te beheer. Die vleis word deur Johan ryp gemaak, gemerk, verpak en versprei.

Pieter sê Original Afri Beef bied nie net voordele vir die verbruiker nie, maar ook vir die produsent.

“Dit bied die geleenthei­d om by ’n gestruktur­eerde program aantesluit­wat’nraamwerk bied om waarde tot die produsent se produk (beesvleis) te voeg en wat ’n premie en gevolglik groter wins in sy besigheid tot gevolg het.” afcattle@intekom. 078 791 1880. Bylae tot Landbouwee­kblad

 ?? FOTO: BERNA COETZEE ?? Die geregistre­erde Original Afri Beef-gehalteste­mpel bevestig vleissnitt­e, soos dié Afrikaner-steak, se herkoms en gehalte. co.za;
FOTO: BERNA COETZEE Die geregistre­erde Original Afri Beef-gehalteste­mpel bevestig vleissnitt­e, soos dié Afrikaner-steak, se herkoms en gehalte. co.za;
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa