Landbouweekblad

Sonkrag ál goedkoper vir boere

Met die wêreldwye uitbreidin­g van die sonkragbed­ryf en al hoe meer opsies wat beskikbaar is, het die gebruik van sonpompe die afgelope paar jaar ook in Suider-Afrika toegeneem. Nou kan die Afrika-son behoorlik benut word.

- NAVRAE: Dr. Philip Olivier van Olivia-energie-oplossings, tel. 051 412 6341.

Die uitbreidin­g in produksie van sonpompe het welkome gevolge vir Suid-Afrikaanse boere. Die pompe is baie betroubaar­der en die verskeiden­heid produkte en verskaffer­s om uit te kies het toegeneem.

Die wêreldwye uitbreidin­g van die sonkragbed­ryf en die toename in die produksie van sonpanele het veroorsaak dat die prys van sonpanele sedert 2010 met sowat 80% afgeneem het. Die grootste deel van Suid-Afrika kry meer son as wind, wat sonpompe aantreklik­er maak as windpompe.

Sonpompe werk met sonenergie en het dus laer lopende koste as pompe wat deur kragopwekk­ers met brandstof aangedryf word. Sonpompe het betreklik lae onderhouds­koste en is nie arbeidsint­ensief nie.

VEILIGHEID

Diefstal van sonpanele bly ’n groot probleem vir boere, veral omdat sonpompe meestal op verafgeleë plekke geïnstalle­er word. Sonpanele kan op verskeie maniere beveilig word, soos om dit in ’n raam vas te sweis, wat dit moeilik maak om die panele te verwyder sonder om dit te breek. ’n Alarmstels­el kan ook geïnstalle­er word. ’n Boodskap word na die boer se selfoon gestuur sodra beweging op die panele registreer.

SOORTE POMPE

Die diafragmat­ipe gelykstroo­mpompe was ’n paar jaar gelede baie gewild en het al menige boer uit ’n moeilike situasie gered. Die voordele van hierdie pompe is dat dit goedkoop is en maklik geïnstalle­er kan word; die meeste van die kleiner pompe koppel regstreeks aan een sonpaneel.

Verskeie van dié pompe van wisselende gehalte word ingevoer én plaaslik vervaardig. Die meeste boere met ondervindi­ng van dié pompe sal egter daarmee saamstem dat dit nie ’n volhoubare oplossing bied nie. Dit vereis meer onderhoud en het ’n korter gebruiksty­d vergeleke met ander produkte wat beskikbaar is.

Die gebruik van borsellose gelykstroo­mpompe het meer onlangs in Suid-Afrika posgevat en word allerweë beskou as ’n verbeterin­g op die diagragmat­ipe pompe. Dié pompe is betroubaar­der en dus ook gewilder. Dit is veral die kleiner reeks (onder 1 000 watt) wat op die monopompbe­ginsel werk, wat op groot skaal van die Ooste af ingevoer word.

Die pompe is veral doeltreffe­nd wanneer ’n klein hoeveelhei­d water teen hoë druk benodig word, byvoorbeel­d diep boorgate met swak water.

WISSELSTRO­OM

Verskeie internasio­nale pompmaatsk­appye bied al jare lank volledige sonpompree­kse in Suid-Afrika aan waar gelykstroo­m van die sonpanele af na wisselstro­om omgeskakel word.

Verskillen­de pompmegani­smes word gebruik, waaronder monopomp- en sentrifuga­le pompmegani­smes. Dié pompe is oor die algemeen baie doeltreffe­nd en van hoogstaand­e gehalte.

Dit bevat ook intelligen­te elektronik­a wat baie opsies en wye gelykstroo­m-invoerspan­nings toelaat. Dit is gevolglik ook aanpasbaar met die meeste soorte sonpanele. Hierdie pompe is egter betreklik duur en die herstelkos­te is hoog.

DOMPELPOMP­E

Die gebruik van gewone wisselstro­om-dompelpomp­e, wat deur middel van generiese veranderli­ke-spoedaandr­ywing (VSD) na sonkrag omgeskakel word, raak al hoe meer gesog.

Dié metode behels die gebruik van beproefde, betroubare en goedkoop toerusting (standaard-dompelpomp) wat deur sonpanele aangedryf word. Danksy die modulêre samestelli­ng van die sonpanele, VSD, motor en pomp is probleemop­lossing op lang termyn betreklik maklik en goedkoop.

Die ontwerp van die stelsel moet deur ’n kenner gedoen word om die doeltreffe­nde werking daarvan te verseker.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO: Vra kundiges om te help met die modulêre samestelli­ng van die sonpanele, veranderli­ke-spoedaandr­ywing, motor en pomp.
FOTO’S: VERSKAF BO: Vra kundiges om te help met die modulêre samestelli­ng van die sonpanele, veranderli­ke-spoedaandr­ywing, motor en pomp.
 ??  ?? REGS: Vergelyk sonpompe se koste teenoor jou behoefte. Kyk hoeveel water dit teen ’n sekere hoogte kan pomp, die duursaamhe­id en gehalte van die pomp en die verwagte onderhouds­koste.
REGS: Vergelyk sonpompe se koste teenoor jou behoefte. Kyk hoeveel water dit teen ’n sekere hoogte kan pomp, die duursaamhe­id en gehalte van die pomp en die verwagte onderhouds­koste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa