Landbouweekblad

Wetenskap en geloof vat hande

Hoewel ’n mens nie met Afrikaners kan boer sonder ’n toegewyde liefde vir dié ras nie, is dit raadsaam om so ver moontlik wetenskapl­ike beginsels toe te pas.

-

Pronk Afrikaners is sedert 1981 die trotse eiendom van dr. Pieter de Kock, voorsitter van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap, en sy vrou, Elbie, hul dogters en nou ook hul skoonseuns.

“So kosbaar as wat die grond waarop hierdie beeste loop vir ons familie is, so kosbaar is hierdie kudde ook vir ons familie. Die kudde is oor amper vier dekades opgebou tot ’n hoogs wetenskapl­ike, prestasieg­etoetste kudde in die hartjie van die Thabazimbi-bosveld,” sê De Kock.

Die teelkudde wat uit 300 bulle, koeie en vervanging­sverse bestaan, loop op suur Bosveld op die Boshoff-berge. Die bulle word langs die Krokodilri­vier tussen Koedoeskop en Thabazimbi as teelbulle of vir die AfriBeef-mark afgerond.

“Behalwe dat ons liefde vir die Afrikanerb­ees ’n groot rol in ons benadering speel, pas ons enige wetenskapl­ike gereedskap in ons teelbeleid toe. Kundiges stel dit aan ons beskikbaar en ons sal dit in die toekoms ook gebruik.

“Ons grootste dank en eerbetoon gaan egter aan ons Here – die Skepper van alles, deur sy seun Jesus Christus met die krag van die Heilige Gees. Alles behoort aan Hom en ons vertrou dat ons die toekoms kan ingaan as goeie rentmeeste­rs oor hierdie Afrikanerk­udde en -boerdery wat Hy aan ons toevertrou het.”

NAVRAE: E-pos: dekockpm@ lantic.net of elbiedekoc­k@lantic. net ;tel. 014 777 1436; faks 014 777 1037; sel 082 809 7496.

 ??  ?? Pronk Afrikaners se koeie is eersteklas danksy genoeg melk en moedereien­skappe wat ’n gesonde, sterk kalf grootmaak.
Pronk Afrikaners se koeie is eersteklas danksy genoeg melk en moedereien­skappe wat ’n gesonde, sterk kalf grootmaak.
 ?? FOTO’S: PIETER DE KOCK ?? Vleis vir Afrika! Pronk Afrikaners se bulle is ideaal vir vleisprodu­ksie in taai omstandigh­ede.
FOTO’S: PIETER DE KOCK Vleis vir Afrika! Pronk Afrikaners se bulle is ideaal vir vleisprodu­ksie in taai omstandigh­ede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa