Landbouweekblad

Afrikanerr­as noodsaakli­k in kruisteelt

Die Afrikaner se unieke eienskappe in kruistelin­g en die ontwikkeli­ng van alternatie­we produksies­telsels moet meer aandag geniet sodat die huidige produksiev­lakke te midde van dreigende klimaatsve­randeringe gehandhaaf en uitgebrei kan word.

-

In kommersiël­e boerderyto­estande kan ’n beesboer met terminale kruistelin­g met kleiner koeie die uitset van sy vleisbeesb­oerdery verhoog. Dit kan gebeur selfs ondanks middelmati­ge bestuursvl­akke, ongunstige toestande en betreklik lae vlakke van voeding.

Dit word toegeskryf aan die toename in doeltreffe­ndheid van produksie danksy die laer inname en onderhouds­behoeftes van kleiner koeie. Vir die opkomende boer is dit nóg belangrike­r.

In teenstelli­ng met rotasiekru­ising plaas terminale kruistelin­g geen bykomende las op bestuurspr­aktyke nie. Dit behels slegs dat die bulle van die vader- en moederlynr­asse in die verlangde proporsie met die koeie gepaar moet word.

Die koeie wat met die verskillen­de bulrasse gepaar word, kan in die teeltyd selfs as een kudde bestuur word. Alle kruisnages­lag en die raseg geteelde bulnagesla­g moet egter geslag word.

MOEDERLYNE

Belangrike eienskappe vir moederlyne is daardie eienskappe wat met reproduksi­e en koeionderh­oud geassosiee­r word. Sulke vroulike diere moet aangepas en gehard wees, lae onderhoud vereis (klein in grootte), maklik kalf, gemidIn delde melkproduk­sie lewer en ’n lang reprodukti­ewe lewe hê.

Die voordele van terminale kruistelin­g lê nie in die hoër groeitempo’s as sodanig nie. Dit hang af van die mate waarin die gewig van die slagdiere toeneem, relatief tot die gewig van die moeder of teeldier.

Terminale kruistelin­g kan ook maklik en vinnig aanpas by die heersende prysmarges of markbehoef­tes deurdat die boer slegs die tipe vaderras wat hy gebruik, moet verander namate die behoeftes verander, terwyl hy die koeikudde altyd dieselfde hou.

die geval van rasegte teling of rotasiekru­ising moet die boer die rastipe van die koeikudde ook elke keer verander wanneer daar ’n veranderin­g in die prysmarge of markbehoef­tes is. Indien die mark byvoorbeel­d later ryp diere verkies, kan Afrikanerk­oeie met Europese rasse, soos die Simmentale­r en Charolais, gepaar word. Wanneer die mark vroeër ryp diere verkies, kan die Afrikanerk­oeie bloot met Britse rasse, soos die Angus, gepaar word.

VEELSYDIGE RAS

Indien die mark om die een of ander rede veld- of ekstensief geprodusee­rde vleis verkies, kan die boer die Afrikaner in sy rasegte vorm gebruik om in só ’n markbehoef­te te voorsien. Die Afrikaner is dus ’n baie veelsydige ras wat gebruik kan word om ’n wye verskeiden­heid markbehoef­tes te bevredig.

Die propagerin­g van kruistelin­g word dikwels as ’n bedreiging vir die voortbesta­an van die moederras gesien. Sinvolle kruistelin­g kan egter die behoud van baie van Suid-Afrika se inheemse rasse wees. Dié rasse is ideale moederlyne vir kruistelin­g danksy hul aangepasth­eid.

Die nuwe kruisteelt­projek, wat by die Vaalharts-landbounav­orsingstas­ie met die samewerkin­g van die NoordKaaps­e departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng gedoen word, sal waardevoll­e inligting oplewer.

Vleisgehal­te word belangrike­r omdat verbruiker­s wêreldwyd toenemend op vleis van hoë gehalte aandring.

Sekere rasse het dan ook sagter vleis as ander. Gelukkig het die Sanga-beeste van SuiderAfri­ka almal baie sagte vleis, waarvan die Afrikaner die laagste snyweersta­nd het.

Dr. Pieter de Kock is voorsitter van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap.

Die Afrikaner is ’n baie veelsydige ras wat gebruik kan word om verskeie markbehoef­tes te bevredig.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Indien die mark diere verkies wat later ryp word, kan Afrikanerk­oeie gepaar word met Europese rasse, soos die Charolais. Wanneer die mark vroeër ryp diere verkies, kan hulle met Britse rasse, soos die Angus, gepaar word. Dié twee verse is Afrikaner-Charolais-kruisings. Die vers links weeg 270 kg op die ouderdom van agt maande en die vers regs weeg 250 kg op sewe maande.
FOTO: VERSKAF Indien die mark diere verkies wat later ryp word, kan Afrikanerk­oeie gepaar word met Europese rasse, soos die Charolais. Wanneer die mark vroeër ryp diere verkies, kan hulle met Britse rasse, soos die Angus, gepaar word. Dié twee verse is Afrikaner-Charolais-kruisings. Die vers links weeg 270 kg op die ouderdom van agt maande en die vers regs weeg 250 kg op sewe maande.
 ??  ?? Dr. Pieter de Kock
Dr. Pieter de Kock

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa