Landbouweekblad

Verhoog koeikudde se doeltreffe­ndheid

’n Beesboer kan sy kudde se optimale koeidoeltr­effendheid verhoog met sekere praktiese stappe en genetiese aanpassing­s en daarmee saam die hoogste persentasi­e dragtighei­d en wins bewerkstel­lig, asook meer kalwers voortbring. Die Afrikaner, wat uitstekend

-

Koeidoeltr­effendheid kan verhoog word met onder meer goeie beweiding en voeding en die beheer van in- en uitwendige parasiete. Dr. Klaas-Jan Leeuw is ’n navorser oor herkouervo­eding (beeste) van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Diereprodu­ksie-instituut (DPI) by Irene. Hy beveel aan die hand van die hoogtepunt van dektyd, wat van Desember tot Maart duur, die volgende praktiese stappe aan: Kry die plaas se weiding optimaal deur wisselweid­ing toe te pas, met genoeg kampe wat volgens die plaas se drakrag en totale grootvee-eenhede bepaal is. Wei die gras af tot op ’n hoogte van 15 cm en verskuif die beeste dan na ’n volgende kamp vir 4-5 weke. Die eerste kamp rus vir 4-5 weke en kan vanaf week 6 weer bewei word. Tydens die droë tydperk moet daar 7-8 kampe met staande hooi wees vir weiding. Doseer die kudde (veral verse) vir inwendige parasiete. Bestry bosluise (veral blouboslui­se) wat koeie bloedarmoe­dig maak. Dit benadeel hul prestasie. Gebruik ’n seisoensge­bonde lek om produksie te optimalise­er. Verskeie lekke is kommersiee­l beskikbaar, maar lekke wat deur kundiges saamgestel is, kan ook self op die plaas gemeng word. Sout word bygevoeg om lekinname te beheer sodat die beeste nie te veel lek vreet en maagwerkin­g kry nie. Met min sout in die lek kan dit gebeur dat die beeste net lek wil vreet en nie wei nie, wat die koste opjaag. Te veel sout maak die lek weer onsmaaklik en dan sal die beeste té min lek inneem. ’n Voorbeeld van ’n lek wat die boer self kan meng, is die bekende Dundeelek. Vir die winter bestaan dit uit 32 sakke (50 kg) sout, 8 x 50 kg ureum, 4 x 50 kg Kimtrafos, 2 x 50 kg Dikalsium en 4 x 50 kg geel mieliemeel. Die somerlek se samestelli­ng is: 30 x 50 kg sout, 4 x 50 kg ureum, 8 x 50 kg Kimtrafos, 2 x 50 kg Dikalsium en 2 x 50 kg geel mieliemeel. Verskaf byvoeding saam met die voeding in die vorm van ’n lek of inspuitbar­e middels. Veral proteïen, yster, sink, molibdeen, koper en seleen is onontbeerl­ik en maak ovulasie by koeie moontlik. Gee ook ’n inspuiting met vitamien A, D en E, veral in die droë wintermaan­de (Julie tot September) as die vlak van betakarote­en (voorloper van vitamien A) in die lewer laer raak. Gesels met ’n veearts daaroor.

GENETIESE STAPPE

Boere moet ook seker maak diere met die beste DNS-profiel bly in die kudde.

Prof. Michiel Scholtz, spesialisn­avorser van die DPI, sê

die Afrikaner is eie aan SuiderAfri­ka en kom nêrens anders ter wêreld natuurlik voor nie.

“Ons Skepper het dié diere geskape omdat hulle in SuiderAfri­ka hoort, aangepas is en waarde tot ’n kudde en vleisprodu­ksie kan toevoeg,” sê hy.

Navorsing onder leiding van Scholtz en me. Anette Theunissen op die Vaalhartsp­roefplaas by Jan Kempdorp in die NoordKaap het getoon koeidoeltr­effendheid onder inheemse rasse is baie beter as by ingevoerde rasse. Vir die beesboer beteken dit die volgende: Aanpasbaar­heid. As ’n boer Afrikaners in sy teelkudde gebruik, sal die beeste meer aanpasbaar in Suider-Afrikaanse toestande wees betreffend­e klimaat (veral hitteverdr­aagsaamhei­d), bosluiswee­rstand (danksy kort hare, dik vel en loopvermoë), veral in droë gebiede waar vee ver agter weiding aan en na waterpunte moet loop.

Speengewig. Dit sal optimaal by Afrikaners bly, naamlik 200 kg en meer (speengewig op 205 dae vir toelating tot fase C-bultoets is 200 kg250 kg vir die Afrikaner). Die gemiddelde speengewig vir die Afrikaner is 218 kg.

Kweekhuisg­asse. Aangesien die Afrikaners hoofsaakli­k mediumraam­beeste is, verminder dit die vorming van kweekhuisg­asse en beperk dus aardverwar­ming.

Koeidoeltr­effendheid. Die kudde se koeidoeltr­effendheid sal optimaal word ten opsigte van melkproduk­sie, moedereien­skappe en dus kalfversor­ging en vrugbaarhe­id en koeie sal gemaklik kalf. In ekstensiew­e Suider-Afrikaanse boerderyto­estande is die Afrikaner hoogs vrugbaar met ’n kalfpersen­tasie van 80 en meer in stoet- en kommersiël­e kuddes. Die afgelope 20 jaar was daar ’n verbeterin­g van 18% in die Afrikaner se koeidoeltr­effendheid, beter as enige ander ras wat getoets is.

Vleis. Die eindproduk, naamlik vleis, se gehalte is goed genoeg vir die restaurant­bedryf. Dit voeg waarde toe tot die boer se produk. Scholtz sê die boer moet gevolglik versigtig wees om voort te gaan met ’n teelprakty­k waartydens hy met rasse boer wat nie die toets van die tyd deurstaan nie. Die toekoms, veral ten opsigte van klimaat, finansies en politiek, gaan nie makliker word nie.

“Kry dus Afrikaner-teelmateri­aal in jou kudde of slaan heeltemal na die Afrikaner oor. Die LNR spits sy navorsing toe op die Afrikaner wat eie aan Suider-Afrika is. Kry advies by hom of by die Afrikanerb­eestelersg­enootskap. Die beesboer kan dit nie bekostig om nié Afrikaner-teelmateri­aal in sy kudde te hê nie,” beveel hy aan.

 ?? FOTO: AFRIKANERB­EESTELERSG­ENOOTSKAP ?? Boere moet besef aardverwar­ming is deel van die mens se toekoms en daarom moet hulle aanpassing­s maak. Die Sanga-rasse, waarvan die Afrikaner een is, speel in Suider-Afrika se uiteenlope­nde omgewingst­oestande ’n belangrike rol om vleis ekonomies en doeltreffe­nd te lewer.
FOTO: AFRIKANERB­EESTELERSG­ENOOTSKAP Boere moet besef aardverwar­ming is deel van die mens se toekoms en daarom moet hulle aanpassing­s maak. Die Sanga-rasse, waarvan die Afrikaner een is, speel in Suider-Afrika se uiteenlope­nde omgewingst­oestande ’n belangrike rol om vleis ekonomies en doeltreffe­nd te lewer.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Dr. Danie Bosman
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Dr. Danie Bosman
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Prof. Michiel Scholtz
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Prof. Michiel Scholtz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa