Landbouweekblad

Inheemse beeste kan hitte trotseer

Suider-Afrika se inheemse beesrasse, soos die Afrikaner, bied ’n oplossing vir die hede en toekoms van die beesbedryf. Dié rasse het hulself onteensegl­ik bewys as uiters gehard en aanpasbaar in ’n wêreld wat reeds onder die gevolge van aardverwar­ming stei

-

Boerdery met vleisbeest­e gaan in die toekoms rasse verg wat die stampe en stote kan verduur van toestande wat slegs plek gaan laat vir die taaiste beeste – om te oorleef en steeds maksimaal te produseer en reprodusee­r. Terwyl koeie in moeilike toestande oorleef, moet hulle ook ’n kalf kan grootmaak én weer dragtig kan raak.

Volgens prof. Michiel Scholz, spesialisn­avorser van die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Diereprodu­ksie (DPI) in Irene, is die Afrikaner een van die inheemse SuiderAfri­kaanse vleisbeesr­asse wat in dié kategorie val.

Hy verduideli­k hoekom die Afrikaner as ’n inheemse vleisbeesr­as van SuiderAfri­ka bestempel word: “Die Sangabeest­e in SuiderAfri­ka, suid van die tripanosom­iase (nagana) strook, het min tekens van Seboegene, terwyl Sangabeest­e, wat noord van die tripanosom­iasestrook voorkom, wél Seboegene het. Die Seboe is vatbaar vir tripanosom­iase, wat deur die tsetsevlie­g versprei word. Daar word aanvaar dat die Seboegenot­ipes by die beeste uitgeskake­l is namate hulle suid gemigreer het.”

NATUURLIKE HABITAT

Dr. Pieter de Kock, voorsitter van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap, sê ’n nuwe era lê vir die beesbedryf en beesvleisp­roduksie voor.

“Enige stokperdji­etipe be dryf waar die entreprene­ur vervulling, plesier en trots kry uit dít wat hy sien of tot stand bring, het op lang termyn risiko’s vir volhoubaar­heid. Die nasate van miniatuur of dwergtipe diere, soos perdjies of hondjies, sal net vir ’n rukkie teen hoë pryse verkoop kan word. Dan word die mark versadig en mense besef die kopersmark vir dié stokperdji­e is beperk.

“Dis ook so met die beesbedryf. Ons moet nooit vergeet die beesbedryf gaan oor die produksie van voedsel vir die mens nie; ’n hoëgraadpr­oteïenvoed­sel wat op lang termyn in aanvraag moet bly en nie ’n gier is wat kom en gaan nie.

“Die feit dat dokters en hospitale met alle paramedies­e rigtings oorleef, is omdat mense ouer en siek word en die behoefte aan genesing en ’n hoëgehalte lewe in aanvraag bly.”

Net so bly beesboerde­ry en vleis in aanvraag, want: Dit is ’n hoëproteïe­nbron vir mense om hul voedingsta­tus optimaal te hou. Dit hou die boer op die plaas omdat die bees natuurlike grondbedek­king of oesreste na proteïen omskakel en ’n inkomste verseker. Die aangename eetervarin­g van ’n smullekker vleisgereg bly gesog by verbruiker­s. Die wêreld is egter besig om te verander, sê De Kock. Die beskikbare aantal hektare vir boerdery bly dieselfde of verminder in sekere streke. Weens die klimaat word weiding minder. Die wêreldbevo­lking groei met rasse skrede.

In die huidige toestande tel die volgende in die Afrikaner se guns: Sagte, sappige vleis. Hitteverdr­aagsaamhei­d en die vermoë om in uiters warm toestande vrugbaar te bly, te vreet en te groei. Bevredigen­de groei op ’n goedkoper voerrantso­en in voerkraalt­oestande. Verminderi­ng van die koolstofsp­oor danksy ’n optimale raamgroott­e en om só ’n kleiner bydrae tot kweekhuisg­asse te lewer. Eienskappe, soos ’n goeie loopvermoë, parasiet en siekteweer­stand en maklike geboorte, wat belangrik vir woestyntoe­stande is. Danksy sommige rasse se weerstand teen siektes en plae, soos die tsetsevlie­g, snotsiekte en witoogsiek­te, is hulle ideaal om saam met wild aan te hou.

HITTESTRES

Aardverwar­ming is die opvallends­te vorm van klimaatsve­randering. By beeste is hittestres ’n algemene oorsaak van ondoeltref­fende reproduksi­e. As bulle langdurig aan ’n hoë temperatuu­r blootgeste­l word, lei dit tot abnormale spermmorfo­logie, lae beweeglikh­eid en laer spermkonse­ntrasie.

By koeie het langdurige hoë temperatur­e ’n nadelige uitwerking op reproduksi­e. Die deurslagge­wende tydperk vir die oorlewing van ’n embrio is vier tot ses dae ná bevrugting. As oösiete – vroulike geslagsell­e wat in die follikels of sakkies van ’n koei se eierstokke voorkom en eierselle vorm – onder hittestres verkeer, is dit ook nadelig vir die ontwikkeli­ngsfases en oorlewing van die embrio.

Dus het die DPI met die samewerkin­g van die NoordKaaps­e departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng en die departemen­t vee-, wild- en weidingkun­de aan die Universite­it van die Vrystaat ’n navorsings­projek met inheemse rasse en hul kruisings op die Vaalharts-proefplaas en by die DPI in Irene uitgevoer. Dit wou dragtighei­d tydens baie warm toestande by verskillen­de vleisbeesg­enotipes evalueer.

Luidens ’n verslag deur Scholtz en mee. Mokgadi Seshoka en Anette Theunissen is 40 F1-kruisrasve­rse van Afrikaner-, Bonsmara- en Ngunimoede­rlyne en Afrikaner-, Bonsmara-, Nguni-, Angus- en Simmentale­r-vaarlyne in die warm somer van 2016 oor ’n tydperk van 45 dae met Bonsmarabu­lle gepaar.

Die 19 inheemse kruisrasve­rse (Afrikaner, Bonsmara en Nguni) het ’n dragtighei­dskoers van 89% behaal, terwyl die 21 kruisrasve­rse tussen inheemse rasse en uitheemse rasse (Angus en Simmentale­r) ’n dragtighei­dskoers van 67% behaal het.

Die kruisrasve­rse met ’n inheemse genetiese samestelli­ng se dragtighei­dskoers was dus 22 persentasi­epunte beter as verse wat 50% uitheemse gene het. De Kock se kommentaar is dat dit daarop dui dat die plaaslike inheemse rasse nie noodwendig “agtergeble­we” is nie, maar beslis die voortou neem.

Die gevolgtrek­king is dat kruisrasve­rse met inheemse gene in ’n warm klimaat tot ’n beter reproduksi­esyfer in staat is as vroulike diere met ’n uitheemse genetiese samestelli­ng. Dit is dus ’n opsie wat beesboere kan oorweeg om volhoubaar in warm toestande te boer.

BEESTE IN AFRIKA

In ’n oorsigstud­ie deur Scholtz, Theunissen, me. L. Pienaar en prof. Frikkie Neser (Universi- teit van die Vrystaat) is bevind dat die middelpunt van die oorsprong van die primitiewe Sangabeest­e waarskynli­k OosAfrika is. Mense uit die antieke tyd het met hul vee uit Egipte deur Afrika gemigreer. Só het nuwe beesgenoti­pes ontstaan. Vandag kan Afrikabees­te in drie hoofgroepe verdeel word: Bos taurus africanus, B. indicus en Sanga-tipes (skoflose B. taurus van Afrika x B. indicus met ’n skof).

B. taurus africanus-beeste is vandag wydverspre­id in Wesen Sentraal-Afrika en word in langhoring- (B. taurus longifrons) en korthoring­beeste (B. taurus brachycero­s) verdeel. B. indicus-beeste (Seboe-tipes) word hoofsaakli­k in die oostelike en droë dele van Wes-Afrika aangetref, terwyl die Sangarasse grootliks in die oostelike en suidelike tot westelike dele van Suider-Afrika voorkom.

’n Belangrike gebeurteni­s het met die migrasie na die suide plaasgevin­d. Seboe-beeste is vatbaar vir trisaposom­iase (nagana) wat deur tsetsevlie­ë versprei word. Toe die beeste deur die tsetsegord­el gemigreer het, het die Seboe-tipes gevrek, terwyl die Sanga-tipes oorleef het.

Volgens Scholtz-hulle se navorsing is die Afrikanerb­ees afkomstig van die Khoi-stamme wat hulle al in die 13de en 14de eeu besit het. Hulle het in die suidwestel­ike dele van Suider-Afrika (vandag die Noord-, Wes- en Oos-Kaap, die westelike dele van die Vrystaat en die suide van Botswana) gewoon. In die 14de eeu het die beeste saam met die Khoi na die Wes-Kaap gemigreer. Die Nederlands­e setlaars het weer hul Afrikanerb­eeste in 1652 by die Khoi’s bekom.

Die hedendaags­e SuiderAfri­kaanse Sangabeest­e, soos die Afrikaner, kan beskryf word as tropiese, aangepaste B. taurus-genotipes, wat hulle uniek maak.

 ?? FOTO: AFRIKANERB­EESTELERSG­ENOOTSKAP ?? Die Afrikaner word gekenmerk deur goeie aanpassing, gehardheid, lae onderhoud, maklike geboortes en ’n lang reprodukti­ewe lewe.
FOTO: AFRIKANERB­EESTELERSG­ENOOTSKAP Die Afrikaner word gekenmerk deur goeie aanpassing, gehardheid, lae onderhoud, maklike geboortes en ’n lang reprodukti­ewe lewe.
 ??  ?? Prof. Michiel Scholtz
Prof. Michiel Scholtz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa