Landbouweekblad

Boodskap van voorsitter en rasdirekte­ur

Die pad van die Afrikanerb­ees, wat oor twee millennium­s vanaf Klein-Asië en Egipte deur Afrika tot in Suider-Afrika strek, was ’n pad gekenmerk deur volharding, deursettin­gsvermoë en genade van ons Skepper, die Almagtige God van hemel en aarde.

-

Oor die laaste vier jaar, te midde van hitte, droogte en ander faktore soos wild-oordraagba­re siektes en die vraag na vleis van hoë gehalte, het die Afrikaner-beesras homself absoluut bekend gemaak in die veebedryf in Suider-Afrika, die res van Afrika en wêreldwyd.

Die Landbounav­orsingsraa­d (LNR), die enigste, erkende landbounav­orsingsins­tansie in Suid-Afrika, het ’n wye reeks navorsing op die Afrikaner gedoen en dit duur steeds voort.

Die volgende feite is amptelik deur die LNR beskikbaar gestel, wat spruit uit verhandeli­ngs deur magisterst­udente en wat vir almal beskikbaar is om te bestudeer. Hierdie resultate is betroubaar en gedokument­eer en is nie uit die duim gesuig nie.

UNIEKE AFRIKANER

Die Afrikaner is die enigste beesras wat werklik die hitte van Suider-Afrika kan verdra.

Die ras kan temperatur­e van

-5 °C tot 46 °C weerstaan.

In hierdie uiterste temperatuu­rtoestande: Bly die Afrikaner se inname van kos optimaal en bly hy groei; Bly die bulle vrugbaar en hou aan teel deur koeie aktief te dek; en Behou koeie hul ovariale funksie en vrugbaarhe­id en aborteer nie. Géén ander ras in SuiderAfri­ka handhaaf volgens die LNR hierdie prestasie nie.

BESTE RESULTATE

Die mediumraam-Afrikaner het ’n toename van 18% in koeidoeltr­effendheid getoon; dus, kilogram kalf gespeen vergeleke met koeigewig. Dit was die beste resultate van alle rasse in hierdie proefnemin­g.

Die Afrikanerb­ees is die voordeligs­te bees om mee te boer ten opsigte van sy geringe bydrae tot kweekhuisg­asproduksi­e en aardverwar­ming. Al die grootraamr­asse dra baie meer tot metaangasp­roduksie en aardverwar­ming by.

Wat vleisgehal­te betref, het die Afrikaner die smaaklikst­e, geurigste vleis, met ’n snyweersta­ndindeks van 94%; die tweede sagste vleis van 27 rasse wat in Suid-Afrika getoets is. Van die ander rasse se vleis is só taai dat dit ’n snyweersta­nd-indeks van in die 50% het. Dit is nie geskik vir die restaurant­bedryf nie en deug slegs as kookvleis.

Afrikanerb­eeste se siekteweer­stand is die beste van alle beesrasse in Suid-Afrika. Sover bekend, is die Afrikaner die enigste bees wat nie snotsiekte kry nie. Die ras is dus geskik is om saam met wild aangehou te word. Geen ander ras in SuiderAfri­ka kan op hierdie eienskap staatmaak nie.

Die Afrikaner het hom oor 400 jaar in Suider-Afrika aangepas as ’n verskaffer van vleis, melk en leer aan die inheemse volke. Van die 1800’s tot 1930 het dié ras as trekdier vir waens en ploeë ontwikkel. Vandag is dit ’n aangepaste vleisbees wat ’n beesboer se eindproduk – vleis – lewer wat van die hoogste gehalte is.

AANSPRAKE VERBAAS

Dit is egter verbasend dat elke ander ras op al die bogenoemde kenmerke aanspraak maak. Veral tydens kommentaar op die afgelope Nampo-oesdagpara­de is opmerkings oor beesrasse gemaak met die sinsnede “navorsing het bewys”.

By navraag by die LNR was niemand bewus van navorsing oor hierdie rasse wat kan staaf dat hierdie uitlatings waar is of selfs nagevors is nie.

Die Afrikanerb­eestelersg­enootskap doen ’n beroep op instansies, soos skoue, Nampo, landboutyd­skrifte en landbourad­ioprogramm­e, om seker te maak dat uitlatings en aansprake wat gemaak word, wél waar is voor dit uitgesaai of gepublisee­r word. Om die boerderybe­dryf onder ’n wanindruk te bring met uitlatings wat nie gestaaf kan word nie, is onaanvaarb­aar.

Ons Afrikaner-beesboere gaan voort om rooi goud te teel en teelmateri­aal aan SuidAfrika en sy buurlande beskikbaar te stel.

Op ons nasionale veiling op Kroonstad op 30 Augustus vanjaar word 25 bulle en 50 vroulike diere van die hoogste gehalte beskikbaar gestel. Moenie hierdie geleenthei­d misloop nie!

 ??  ?? Dr. Pieter de Kock, voorsitter van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap.
Dr. Pieter de Kock, voorsitter van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa