Landbouweekblad

GELEENTHED­E

-

Die Afrikanerb­eestelersg­enootskap en sy lede sien baie uit na die genootskap se dinee op 29 Augustus en dan die nasionale veiling die volgende dag op 30 Augustus by die Kroon Boma buite Kroonstad in die Vrystaat. Daar sal van die beste Afrikanert­eelmateria­al in aanbod gaan wees. Daar sal 25 Afrikanerb­ulle en sowat 50 vroulike diere (dragtig, met ’n kalf of 3-in-1’s) wees, asook ’n Afrisim-bul en vroulike Afrisimdie­re. Dit gaan ’n veiling wees wat jy nie mag misloop nie.

Wees wys, koop wys, woon die veiling by en koop ’n aanwins vir jou boerdery deur Afrikanerg­ene in jou kudde in te sluit. Navorsing bewys dat jy nie spyt sal wees nie!

Dan is daar die ALFA-byeenkoms van 18-20 September by die Afridome op Parys. Die Afrikaners neem deel aan:

■ Die slagoskomp­etisie (dankie aan die Landbounav­orsingsraa­d wat die osse vir ons gereed maak);

■ Die oskompetis­ie (dankie aan mnr. Martin Ras vir sy groot os wat hy inskryf);

■ Vleissentr­aal se kompetisie vir die beste ras-vers;

■ Nutri Feeds se Moneymaker (beste interrasko­ei); en

■ Die Leriba People’s Choice Beef Challenge. Ons sien baie uit na dié geleenthed­e en versoek almal om dit by te woon. Die genootskap sal ook ’n stalletjie by die ALFAbyeenk­oms beman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa