Landbouweekblad

Diewaardev­an dieblokket­ting

Belanghebb­endes in die varsproduk­tebedryf kan by die PMA se handelskou meer leer oor metodes om gerekenari­seerde data met ander gebruikers uit te ruil en te verwerk.

-

Verstaan jy wat die voordele en probleme is wat nuwe tegnologie, soos blokkettin­g, vir die varsproduk­tebedryf voortbring?

’n Blokkettin­g is ’n protokol, of ’n metode om gerekenari­seerde data op ’n gedesentra­liseerde wyse tussen handelsven­note uit te ruil. Só verduideli­k me. Lindie Stroebel, algemene bestuurder van PMA Suider-Afrika.

“Wanneer dit toegepas word, sal dit deursigtig­heid, datasekerh­eid en doeltreffe­ndheid verbeter, want dit skuif inligting deur die waardekett­ing teen dieselfde spoed as wat die produk beweeg.

“Dit kom neer op ’n stel datarekord­s wat meer word namate die produk aanskuif en data by die verskillen­de punte van die waardekett­ing skep. Die rekords word blokke genoem en skakel by mekaar in. Alles is met mekaar verbind. Al die belanghebb­endes in die waardekett­ing voeg meer data (blocks) by die produk se ketting (chain). Almal wat deel is van die ketting het toegang tot die inligting, maar niemand kan daaraan verander nie.”

Só bly die data betroubaar en veilig opgesluit in die ketting. Dit verseker weer naspeurbaa­rheid.

Op die PMA se Fresh Connection­s-konferensi­e en handelskou vir Suider-Afrika gaan mnr. Ed Treacy, ’n blokkettin­gspesialis, voorbeelde en verwysings gebruik om die praktiese toepassing­s te verduideli­k. Hy sal ook meer verduideli­k oor wat die blokkettin­g is en wat dit spesifiek vir die varsproduk­tebedryf beteken binne die groter raamwerk van digitale transforma­sie.

Vir die volledige program en onderwerpe wat op die PMA Fresh Connection­s-konferensi­e bespreek word, gaan na www.

pma.com, klik op “Events” en kies “Southern Africa”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa