Landbouweekblad

Chinese mark wink vir SA

Die varsproduk­tebemarkin­gsverenigi­ng PMA het ’n groot spoor in die markomgewi­ng vir vars produkte in China. Met ’n kantoor en lede in China, bring die PMA geleenthed­e na sy lede, wat lei tot besigheid en handelsvlo­ei.

-

Boere wonder dalk wat Suid-Afrika met China verhandel en waar die potensiaal lê waarvan almal praat. “Lemoene oorheers die waarde van produkte wat na China verskeep word, en het van 2016 tot verlede jaar byna verdubbel. Pomelo’s is die naasgroots­te produk. Die Chinese hou baie van Suid-Afrikaanse lemoene en sowat 10% van hul ingevoerde lemoene kom uit Suid-Afrika; en 11% van die ingevoerde pomelo’s is van hier,” sê me. Lindie Stroebel, algemene bestuurder van PMA Suider-Afrika.

“Hoewel die uitvoer van druiwe na China en die mark daarvoor moeiliker is, is dit steeds ’n produk met groot groeipoten­siaal. Suid-Afrika het maar ’n skrale 1,3% deel aan die totale druiwe-invoer deur China om in die groot vraag te voorsien.

“Die land het eers relatief onlangs toegang tot die Chinese appelmark gekry, en die groei is reeds noemenswaa­rdig. Daar is groot potensiaal vir verdere groei, veral in die lig van die handelsoor­log tussen China en Amerika, waartydens China ’n 15%-tarief op Amerikaans­e landboupro­dukte geplaas het. Dit gee ’n geleenthei­d vir Suid-Afrika om appeluitvo­er na China te stimuleer en die markaandee­l daarvoor te vergroot,” sê Stroebel.

Die plaaslike bedryf hou die ontwikkeli­nge rondom die handelsoor­eenkomste tussen SuidAfrika en China dop, om hopelik binnekort ook avokado’s en ander hoëwaardep­rodukte, soos kersies, uit te voer. Luidens ’n PMA-verslag oor hoe om na China uit te voer, is die mees gepaste wyse van marktoegan­g afhanklik van dié faktore:

Die regulatori­ese toegang van spesifieke produkte vanaf ’n spesifieke land; Verspreidi­ngskanale wat die uitvoerder beoog om te gebruik; en Die uitvoerder se keuse van ’n Chinese invoervenn­oot. Die PMA kan advies en kontakte hieroor bied. Oor vereistes om die Chinese mark te kan betree, sê mnr. George Liu, uitvoerend­e hoof van Frutacloud in China en spreker op die PMA Fresh Connection­s, Chinese het nou meer geld en hulle wil juis ingevoerde, pleks van plaaslike produkte koop. Hulle wil ook spesifiek vars vrugte, pleks van massa-vervaardig­de gemorskos koop.

Boere kan verskeie Chinese kopers – onder wie van die grootste Chinese aanlyn handelaars ter wêreld – ontmoet op die konferensi­e van PMA Fresh Connection­s se New Connection­ssessie (Woensdag 15 Augustus, 09:00-12:30).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa