Landbouweekblad

UIT DIE ARGIEF: MUILE IN LANDBOUWEE­KBLAD

-

Prof. Frans van der Merwe, voormalige direkteur-generaal van die Departemen­t van Landbou en ook ouddosent aan die Universite­it Stellenbos­ch, skryf in 1980 dat sy rubriekree­ks “Ken ons perderasse” onvolledig sal wees sonder die muil:

Op vele plekke in Suid-Afrika waar die perd vroeër tye groot spore getrap het, lê ook die spore van sy basternage­slag, die muil. Die Kaapse muil was inderwaarh­eid net so ’n voortrefli­ke dier soos die Kaapse perd.

Muile is taai, gewillige werkers en in werklikhei­d besonder intelligen­t. Waar swaar pakke

oor lang afstande gedra of swaar vragte oor moeilike terrein getrek moet word, kry die muil voorrang bo die perd. Hoewel die muil stadiger en stemmiger as die perd is, beweeg hy meer gelykmatig en kan hy vir langer skofte aanhou. Muile kan gou ’n werksroeti­ne aanleer en in bosplantas­ies kan hulle byvoorbeel­d sonder ’n touleier of leisels werk.

In die dae toe daar in Amerika nog 4 miljoen tot 5 miljoen muile was, is hoofsaakli­k tussen vyf tipes onderskei: trekmuile

van 16 tot 17,2 hand hoog, plaasmuile, suikermuil­e, katoenmuil­e en mynmuile. Laasgenoem­de was kleiner en het ondergrond­s koekepanne getrek en bogronds as pakdiere gedien. Voor die kavallerie gemeganise­er is, het muile ’n groot rol in die weermag gespeel. Waens en kanonwaens is deur muile getrek en in haas onbegaanba­re berggebied­e het pakmuile die toerusting gedra. Dit was eers toe graanboerd­ery in die westelike Kaapprovin­sie in die tweede helfte van die 18de eeu op groot skaal

posgevat het dat muilboerde­ry in Suid-Afrika sterk uitgebrei het. Duisende van hulle is ook uitgevoer na veral die slagvelde waar Brittanje betrokke was.

Die Wes-Kaap was altyd die bakermat van muilteelt en -benutting. In 1925 was 42% van die muile in die Kaapprovin­sie en 28% van Suid-Afrika se totale muilbevolk­ing saamgetrek in die distrikte Malmesbury, Piketberg, Caledon, Bredasdorp en Swellendam.

Muilspanne het ploeë, waens, snymasjien­e en karre getrek. Rye muile het snags in die stalle gestaan en is soggens van drie-uur af voer gegee sodat daar ingespan kon word wanneer die ligdag breek.

Maar ook in die Karoo, Noord-Kaap en die Vrystaat is muile op groot skaal geteel. Transportw­aens en poskoetse is oor lang afstande getrek, veral in die noordelike gebiede waar perdesiekt­e ’n hoë tol onder perde geëis het. (Muile is meer bestand teen onder meer hierdie siekte.)

In 1937 was daar in Suid-Afrika 6 000 trekkers en 125 000 muile. Twintig jaar later het die trekkerget­al gegroei tot 112 000 en het die getal muile reeds tot 56 000 gedaal. Die trekkers het natuurlik ook duisende osse van hul trekverpli­gtinge onthef.

Tans (in 1980) is daar waarskynli­k minder as 10 000 muile.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa