Landbouweekblad

BP GREYLING SE OUERS AANGEVAL: ‘ONS SAL SOEK TOT ONS HULLE KRY’

-

Die soektog na die verdagtes wat mnr. Kerneels Greyling (87) en sy vrou, Stienie (84), op Sondagaand 15 Julie op hul plaas Bovenvalle­i in die distrik Wakkerstro­om aangeval het, duur voort.

“Ons sal hulle soek tot ons hulle kry. Daar was nog nie een plaasaanva­l in dié gebied waar ons nie die aanvallers gekry het nie,” sê mnr. BP Greyling, Kerneels en Stienie se seun wat op die plaas Langfontei­n in dieselfde distrik boer.

GERHARD TJOEP DE BEER

skryf: Ja, ek voorsien probleme vir daardie misdadiger­s as BP hulle in die hande kry. Dit het niks te doen met ouderdom en alleen bly nie. Dit het te doen met die wetteloosh­eid in die land en die onvermoë van die polisie/ staat om mense te beskerm. Indien die kommando nog bestaan het, sou dit nie gebeur het nie.

WYNAND NEL skryf: Wat soek sulke ou mense alleen op ’n plaas? Laat eerder jul ouers by julle bly. JOHAN HATTINGH antwoord: Die ou mense was nie alleen nie, en dis ook nie net ou mense wat aangeval word nie. CANDICE FLETCHER COETSEE antwoord: Vra eerder wat soek die mense in hul huis . . .

CHARMAINE-LI DE BLANCHE

antwoord: Hierdie ou mense na wie jy verwys, bly al dekades op hul plase. Waarheen moet hulle gaan? Boer vloei deur hul are. Hoekom moet ons Satan sy sin gee?

HEIN OTTO skryf: Ek hoop BP kry hulle in die hande. CHRIS VAN RENSBURG skryf: Jip, almal word aangeval, maar veral ou mense is ’n maklike teiken, en waar kontant betrokke is. MARIANNE MEIRING skryf: So dankbaar hulle is ongedeerd!

TANYA KNOOP MOOLMAN

skryf: Ek glo jul soektog gaan gunstige resultate oplewer, BP! Sterkte daar en groete vir jou liewe ouers. BENNIE JOUBERT skryf: Kry gaan hulle gekry word . . . trust me.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa