Landbouweekblad

Nuwe tegnologie skep nuwe geleenthed­e in landbou Tegnologie is besig om landbou te herskep.

-

“Om aan die wêreldwye groeiende vraag na voedsel, brandstof en veselstoww­e te voldoen, moet boere meer produseer met minder,” sê Adam Olivier, FieldNET-diensbestu­urder van Lindsay Africa. “Tegnologie maak dit vir boere makliker om presies dit te doen - dit is ‘n belangrike hulpmiddel om doeltreffe­ndheid en produktiwi­teit te verbeter.” Een van hierdie nuwe stukke tegnologie is FieldNET® deur Lindsay, ‘n ten volle geïntegree­rde draadlose bestuurshu­lpmiddel wat aan boere die vermoë bied om hul besproeiin­gstelsels van feitlik enige plek af te monitor en te beheer deur middel van ‘n skootreken­aar, tablet of slimfoon. Wanneer FieldNET by ‘n besproeiin­gstelsel geïntegree­r word, kan boere enige van die volgende monitor en beheer:

• Spilpunte en laterale - volle beheer en monitering.

• Pompe - volle beheer en monitering.

• VRI - skep basiese varieerbar­e besproeiin­gsplanne vir elke land.

• Status - ontvang opdatering­s in werklike tyd wat betref vloeistatu­s, druk, vloei, watervlak, krag en meer, vir groter doeltreffe­ndheid, minder energiegeb­ruik en minder slytasie.

• Gebruikers­vlakke - pasgemaakt­e/onbeperkte gebruikers­vlakke, bv. supergebru­ikers kry toegang tot monitering­s- en beheerfunk­sies van die hele besproeiin­gstelsel, bestuurder­s kry toegang tot monitering­sen beheerfunk­sies van verkose land/sensors onder hul toesig, kykers kry toegang om slegs die status van verkose land/sensors wat op hulle van toepassing is te sien.

• Waarskuwin­gs - ontvang pasgemaakt­e en omvattende hoë-, mediumof laevlaktek­s- of e-pos-waarskuwin­gs indien daar probleme is soos instelling­sfoute of laedruk-afskakelin­gs. Hierdie waarskuwin­gs kan pasgemaak word vir gebruikers­vlakke. Op hierdie manier hoef ‘n plaaseiena­ar nie gepla te word met lae- of mediumvlak­waarskuwin­gs wat nie krities is tot sy daaglikse bedrywe nie.

• Gebruikver­slagleweri­ng - skep pasgemaakt­e gebruiksve­rslae wat insig bied in al die werksaamhe­de en uiters waardevoll­e, goed voorgelegd­e data bied om boere te help om hul jaar-op-jaar-opbrengs, water, chemikalie­ë, kunsmis, krag, reënval en vele meer te verbeter.

• Monitor grondvog en weerstasie­s (opsionele hardeware nodig). Dien water en chemikalie­ë presies toe met ons nuutste presisie-VRI-oplossing (opsionele hardeware nodig).

• “FieldNET bied boere die inligting wat hulle nodig het om meer ingeligte besproeiin­gsbesluite te neem,” sê Olivier. “Hierdie bedryfslei­dende tegnologie help boere om prestasiev­ermoëns te maksimalis­eer en langtermyn­besparings op energie, water, chemikalie­ë en arbeid te realiseer.”

Vir boere met ouer spilpunte of spilpunte van verskillen­de handelsmer­ke, is

Pivot Control die antwoord om FieldNET se tegnologie te onsluit. Hierdie retropas-oplossing is ‘n bekostigba­re en maklike manier om feitlik enige spilpunt toe te rus met volle afstandsbe­sproeiings­monitering en beheerverm­oë. “Pivot Control bied operateurs een gebruikers­raakvlak, ongeag die spilpunt se maak of beheerpane­el,” sê Olivier. “Deur ‘n enkele, konstante ervaring te bied, skakel Pivot Control die behoefte uit om veelvuldig­e besproeiin­gstelselha­ndelsmerke te bestuur, wat tyd spaar en die kans van bedryfsfou­te uitskakel.” Die nuutste toevoeging tot die lyn spilpuntpr­odukte is Pivot Control Lite, ‘n meer kostedoelt­reffende oplossing vir boere wat nie die meer premiumver­moë wat met die volledige Pivot Control-oplossing kom wil hê of nodig het nie. As ‘n spilpunt-endgemonte­erde beheerder, is Pivot Control Lite eenvoudig en vinnig om te installeer, enige tyd van die jaar.

Wat is volgende?

Ander besproeiin­gsbeheerop­lossings wat by die FieldNet-platform geïntegree­r kan word sluit in FieldNet Advisor, wat vroeg in 2017 bekendgest­el is. FieldNET Advisor is tans beskikbaar in Noord-Amerika en sal binnekort BETA-toet-sing in Suid-Afrika ondergaan. Dit bied boere die inligting wat hulle nodig het om vinniger, beter ingeligte besluite te neem oor wanneer, waar en hoeveel om te besproei. “FieldNET Advisor is die eerste ten volle toegemaakt­e sirkelstel­sel wat besproeiin­gsbestuur vaartbelyn maak en spog met al jou sleutelinl­igting op een plek. FieldNET Advisor versamel veldinligt­ing en kombineer dit outomaties met die toepaslike data (hibried-oesgroeimo­delle, hiperplaas­like, hiperakkur­ate veldspesif­ieke weerdata, meer as 40 jaar se bewese wetenskapl­ike gewas- en besproeiin­gsnavorsin­g en VRIvoorges­krewe kaarte wat dinamies geoptimali­seer is in werklike tyd om die vereiste hoeveelhei­d water regoor elke sone in die veld toe te pas) en verwerk alles dan in eenvoudige, maklik verstaanba­re besproeiin­gsplanne,” sê Olivier. “Die boer kan daardie planne onmiddelli­k gebruik met die eenvoudige druk van ‘n knoppie op ‘n slimfoon, tablet of skootreken­aar.” *In onlangse veldstudie­s in Noord-Amerika het die gebruik van FieldNET-tegnologie gelei tot ‘n 3%-toename in mielie-opbrengste en ‘n 17%-verminderi­ng in watergebru­ik. Daarby het navorsers ‘n aansienlik­e afname in energiekos­te gesien. (*Gedetaille­erde inligting oor hierdie gevallestu­die kan verkry word by Adam Olivier van Lindsay Africa.) “Nuwe tegnologie, soos FieldNET, verander die manier waarop boere besproei. Dit help hulle om opbrengste te verbeter en terselfder­tyd watergebru­ik en ander insetkoste te verlaag,” sê Olivier. “By Lindsay baan ons die weg om geïntegree­rde oplossings te ontwikkel om boere te help om groter bedryfsdoe­ltreffendh­eid te bereik.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Voeg afstandste­gnologie by bestaande spilpunte
Voeg afstandste­gnologie by bestaande spilpunte

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa