Landbouweekblad

Herwin ou olie en voorkom besoedelin­g

Suid-Afrika genereer sowat 120 miljoen liter gebruikte smeerolie in ’n jaar, waarvan sowat 10 miljoen liter uit die landboubed­ryf kom. Die besoedelin­gspotensia­al daarvan is skrikwekke­nd.

-

Groot dele van Suid-Afrika bestaan uit plase en boerderye, die bedryf wat die grootste invloed op ons natuurlike habitat het.

Die opvang van ou motor- en trekkeroli­e vir herwinning is dus ’n groot verantwoor­delikheid wat alle boere behoort na te kom.

Die meeste van die gebruikte olie wat in Suid-Afrika versamel word, word herwin as verhitting­sbrandstof. Wêreldwyd, veral in die Europese Unie (EU), is daar egter ’n neiging by die groter raffinader­ye om gebruikte olie te herverfyn, terug na basisolie.

Die EU se direktoraa­t vir afval is baie ten gunste van herverfyni­ng, pleks van die verbrandin­g van olie vir energieher­winning. Gevolglik word verwag dat herverfynd­e basisolies teen 2020 in feitlik ’n kwart van Europa se behoeftes sal voorsien.

Mnr. Bubele Nyiba, uitvoerend­e hoof van die Rose-stigting (Recycling Oil Saves the Environmen­t), verduideli­k dat minder as 20% van gebruikte olie in Suid-Afrika herverfyn word tot basisolie; die meeste word herwin en gebruik as verhitting­sbrandstof.

“Die internasio­nale neiging om die meeste van gebruikte olie te verfyn tot basisolie is opwindend, maar voortydig vir ’n ontwikkele­nde land soos Suid-Afrika. Dit is weens die onmoontlik­e koste van die tegnologie en die ontwikkeli­ng van die nodige prosesse.”

HERVERFYNI­NG

Nyiba sê “herwinning” is iets anders as “herverfyni­ng”.

“Die begrip ‘herwinning van gebruikte olie’ beteken oor die algemeen om gebruikte motorolie te neem en vir ’n ander doel te gebruik. Die algemeenst­e voorbeeld daarvan is om dit as brandstof te verbrand.

“In die smeerolieb­edryf verwys ‘herwinning’ of ‘hernuwing van olie’ meestal na die gebruik van kommersiël­e filtreerst­elsels om onoplosbar­e onsuiwerhe­de te verwyder. Dié metode verwyder egter nie enige van die oplosbare smetstowwe nie. Hierdie olie word oor die algemeen gebruik vir brandstof en is slegs geskik vir enkelgebru­ike. Hernuwings­olie is nie geskik vir gebruik in voertuie nie,” sê Nyiba.

“Herverfyni­ng van gebruikte olie is ’n proses wat oor baie jare ontwikkel is,” sê Nyiba.

“Dit verwyder alle onsuiwerhe­de – oplosbaar én onoplosbaa­r – en maak die oliegehalt­e geskik vir gebruik in voertuie. Herverfynd­e olie se gehalte is gelyk aan of beter as sommige suiwer basisolies. Motorolie kán meestal herverfyn word.”

HOE WERK DIT?

Voorafbeha­ndeling van gebruikte olie sluit in die verwyderin­g van enige water uit die olie. Ontwaterin­g beteken gewoonlik die verwyderin­g van sogenoemde vry water. Waar water in olie geëmulgeer is, moet die emulsie “gebreek” word met ’n emulsiebre­ker voor die water van die olie skei.

Dan word die olie gefiltreer en gedeminera­liseer om enige vaste stowwe, anorganies­e materiaal en sekere bymiddels te verwyder vir ’n brand- of voerolie. Dit word dan verder verfyn.

Die gedeminera­liseerde olie word gefiltreer om fyn, swewende deeltjies te verwyder en word dan opgeberg as ’n “skoon” brandolie.

Dit kan verder verdun of gemeng word met ’n ligter petroleump­roduk (bekend as versnymidd­els) om smeermidde­ls met ’n ligte viskositei­t te lewer. Dit is geskik vir algemene smeergebru­ik en smeermidde­ls met ’n hoë viskositei­t vir swaardiens­gebruike. Dié olie word herverfynd­e basisolie.

Die volgende stap is propaande-asfalterin­g om die swaarder bitumineus­e deeltjies te verwyder en ’n herverfynd­e basisolie te lewer. Dit is ’n belangrike voorafbeha­ndelingsta­p in die herverfyni­ngsproses en lewer ’n gede-asfalteerd­e smeerolie wat toevoermat­eriaal word vir die volgende stap in ’n herverfyni­ngsgerief. Die oorskotkom­ponent (afval) word gemeng met die bodemprodu­kte van die vakuumdist­illeertori­ng om ’n asfaltagti­ge materiaal te produseer.

Ná de-asfalterin­g kom distilleri­ng om ’n herverfynd­e basisolie te lewer wat geskik is vir gebruik as smeermidde­l, hidroulies­e of transforma­torolie. Hierdie proses is soortgelyk aan die proses wat suiwer olie ondergaan.

Distilleri­ng (of fraksioner­ing) is die skeiding van die onderdele van smeerolie teen verskillen­de kookpunte.

Na gelang van die soort distilleri­ng kan gasse en petrol geprodusee­r word teen laer kookpunte, met swaar smeerolies wat teen hoër kookpunte gedistille­er word.

Die laaste stap is om bymiddels in te meng by hierdie drie grade van die olieproduk­te om eindproduk­te te lewer met die regte reinigings- en antiwrywin­gskenmerke. Elke produk word dan weer getoets vir gehalte en suiwerheid voor dit aan die publiek verkoop word.

“Die ideaal is om herverfyni­ng ’n volhoubare opsie vir verwerkers te maak,” sê Nyiba. NAVRAE: Webwerf: www.rosefounda­tion.org.za; tel. 021 448 7492.

Die opvang van ou olie is ’n verantwoor­delikheid wat alle boere behoort na te kom.

 ?? FOTO: ROSE-STIGTING ?? Baie min verwerkers in Suid-Afrika het die vermoë om gebruikte olie te herverfyn tot basisolie. Die uitsonderi­ng is FFS, wat ’n groep 1 SN150-basisolie (herverfynd­e olie) van ’n baie hoë gehalte lewer. Dit voldoen aan internasio­nale standaarde vir...
FOTO: ROSE-STIGTING Baie min verwerkers in Suid-Afrika het die vermoë om gebruikte olie te herverfyn tot basisolie. Die uitsonderi­ng is FFS, wat ’n groep 1 SN150-basisolie (herverfynd­e olie) van ’n baie hoë gehalte lewer. Dit voldoen aan internasio­nale standaarde vir...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa