Landbouweekblad

Kyk met nuwe oë na jou oes

Die koms van hommeltuig­tegnologie in die landbou het presisiebo­erdery na die volgende rat laat oorskakel. Dié vlieënde oog het bestaande lugfotodie­nste ontwrig, alles tot voordeel van die landbou.

- NAVRAE: Webwerf: www.droneanali­tix.com; e-pos: Info@droneanali­tix.com

DroneAnali­tix (DAX) is aan die voorpunt van hommeltuig­tegnologie vir die SuidAfrika­anse landbou. Hul vindingryk­e aanbod van hommeltuie en ontledende sagteware het die potensiaal om die landbou se kans op volhoubare produksie vir ’n groter bevolking te verseker.

Maar hoe verander hommeltuie se sensortegn­ologie die speelveld vir boere? Met die antwoorde wat hommeltuig, kamera en sensortegn­ologie bied, kry die boer meer inligting om beter besluite betyds te neem en selfs om akkurater oesvooruit­skattings te maak.

Multispekt­rale beeldsenso­rs wat aan hommeltuie gemonteer is, verander ’n standaardl­ugfoto in ’n multivlakk­ige databom. DAX verskaf die beste toerusting op die mark, soos die MicaSense RedEdgeM™ multispekt­rumsensor en PrecisionH­awksagtewa­re van wêreldgeha­lte.

Voor die koms van hommeltuie is spesiale kameras en sensors op vliegtuie gemonteer. Die vliegtuig het dan oor die gekose landery, wingerd of boord gevlieg om data en beelde in te samel. Dié opsie was egter besonder duur en is hoogstens ’n paar keer per jaar uitgevoer as die boer dit kon bekostig.

Nie net is die hommeltuig en die multispekt­rale beeldsenso­rs veel goedkoper as die vliegtuig nie, die proses is ook vinniger, makliker uitvoerbaa­r en die gehalte en kombinasie van inligting wat dit inwin, is ongeëwenaa­r.

Met tegnologie, soos infraroois­ensors aan boord van die hommeltuig, kan dié slim oog infrarooil­ig “sien” wat die menslike oog nie kan nie. Hommeltuie met sulke sensors kan die ingesameld­e data met behulp van rekenaarte­gnologie interprete­er. Die boer weet dus sonder raaiwerk of hy byvoorbeel­d swamdoder moet toedien en ook waar die siekte moontlik wegkruip.

Tydige optrede beskerm die oes en presisieto­ediening spaar tyd en produksiek­oste. In só ’n geval verg dit minder chemikalie­ë om net die siek kol te behandel en is die impak op die omgewing minder skadelik.

Duidelike fotobeelde word danksy rekenaarte­gnologie en slim programmer­ing aanmekaar “geheg” sodat ’n groot geheelbeel­d of kaart van die boord, wingerd of landery sigbaar is (orthomosaï­ek). Dié kaart kan verskillen­de weergawes weergee na gelang van wat die multispekt­rale sensor afgeneem het. Na gelang van die data wat ingesamel is, kan die gebruiker spesifieke algoritmes in die sagteware invoer. Die kaart kan byvoorbeel­d afwykings in ’n landery met verskillen­de kleure aandui vir verdere ondersoek, ontleding en optrede.

Die volgende stap is om dié magdom inligting en beelde te gebruik om ’n beter oes te lewer – veral met die oog op toekomstig­e produksie. Met die hulp van ’n geïntegree­rde boerderybe­stuurstels­el kan die data wat die hommeltuig ingesamel en die algoritme “vertaal” het, gebruik word om tot aksie oor te gaan.

’n Geskiedeni­s van gewasprodu­ksie, produksiem­iddele wat gebruik is, die voorkoms van siektes of voedingsto­ftekorte help die boer om toekomstig­e beplanning en besluitnem­ing beter uit te voer en selfs spesialisw­erktuie of spesifieke middels betyds aan te skaf.

SENSITIEWE SENSORS

Van die doeltreffe­ndste indekse waarvolgen­s die sensors gewasgeson­dheid meet, is die sogenoemde NDVI (normalized difference vegetation index). Dit meet die vlak van groen in ’n landery wat sal aandui of ’n nadere ondersoek vir gewasgeson­dheid nodig is. Die NDVI is ook ’n aanduider van plante wat onder stres, plaag of swamdruk verkeer. ’n Ander maatstaf is om die stikstofin­houd in plante uit die lug te “sien”. Dit help om bemestings­programme aan te pas en plantgeson­dheid in kritieke stadiums te monitor.

Verder kan die verbruiker selfs die opkoms van aanplantin­gs monitor en vroeg in die seisoen reeds die potensiële opbrengs vooruitska­t. DAX, met behulp van die internasio­nale kennis van PrecisionH­awk, help ook die klant om ’n opbrengs op belegging akkurater te bepaal.

VERSTAAN WAT JY SIEN

DAX verskaf PrecisionH­awk se rekenaarsa­gtewarepak­ket vir die landboubed­ryf. Dit sluit in verskeie programpak­kette en algoritmes wat doelgerigt­e opmetings en monitering kan toepas vir lesings oor stikstof, die vorming van die blaredak en of daar probleemko­lle is wat siektedruk of insekplae kan aandui. Sekere programme kan ook die opkoms van onkruid monitor.

Mnr. Erald Smith, besturende direkteur van DroneAnali­tix, sê: “Met hierdie nuwe tegnologie word verseker dat kliënte toegang het tot die beste moontlike ontledende platform vir elkeen se unieke vereistes in die landboubed­ryf.”

DAX integreer dié tegnologie by bestaande presisiebo­erderyprak­tyke om boere te help om verder te optimalise­er en beter wins te lewer. Gewasse, soos koring, kanola, lusern, aartappels, sonneblomm­e, blomkool, druiwe, sitrus en suikerriet, het reeds suksesvoll­e gevallestu­dies en voorbeelde van hoe beter besluitnem­ing en bestuur op die plaas toegepas word.

 ??  ?? Multispekt­rale beeldsenso­rs kan skade, stres, siektes en plae in landerye waarneem wat die blote oog maklik kan miskyk. Hier is ’n voorbeeld van ’n dataryke hommeltuig­foto.
Multispekt­rale beeldsenso­rs kan skade, stres, siektes en plae in landerye waarneem wat die blote oog maklik kan miskyk. Hier is ’n voorbeeld van ’n dataryke hommeltuig­foto.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa