Landbouweekblad

Nuwe kuilvoermi­elies blink uit in Vryburg

-

Voerkrale in Schweizer-Reneke en Vryburg in Noordwes het tonne voer per maand nodig. Daarvoor staan Pannar se uitstekend­e kuilvoermi­eliepakket bankvas agter boere. Mnr. Nelis Potgieter, verkoopsve­rteenwoord­iger in dié streek, vertel meer oor die bestaande en nuwe mieliebast­ers wat hy graag aanbeveel.

Kuilvoermi­elies,veral dié onder besproeiin­g, moet vinnig opkom en sterk kan groei en soveel moontlik voer per hektaar kan lewer. ’n Goeie weerstand teen siektes, soos noordelike blaarskroe­i (witroes) en Phaeosphae­ria-blaarvlek, is ’n bonus. En Pannar se staatmaker-geelkuilvo­ermielies, soos PAN 3R-700BR, PAN 3P-502R en PAN 3Q-740BR, het regmerkies langs hul name vir al hierdie voordele.

Hierdie ultravinni­ge geel basters lewer topopbreng­ste wanneer die beste bestuurspr­aktyke en besproeiin­gskeduleri­ng toegepas word. In hierdie toestande het Pannar se ultravinni­ge basters besonder goeie opbrengste vir kuilvoer opgelewer.

Die besproeiin­gspakket is saamgestel uit konvension­ele, stronkboor­der-weerstandb­iedende, glifosaat-onkruiddod­erverdraag­same en stapelgeen­basters. Met hul vinnige groeityd en onder besproeiin­g is dit moontlik om twee aanplantin­gs te doen en dit in wisselbou met koring (wintergraa­n) te plant.

BESPROEIIN­G

“In die besproeiin­gsgebiede by Vryburg en Schweizer-Reneke val maar min reën. Die gemiddelde reënval is 350 mm-450 mm per jaar en dit val gewoonlik eers in die laat somer. Die boorgatwat­er is soms te min en die water kan alkalies wees. Tog is dié water lewegewend en in die sanderige van dié omgewing presteer ons mielies uitstekend,” sê mnr. Nelis Potgieter, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in dié streek.

Potgieter sê windskade kan ’n groot probleem ná opkoms wees en daarom is hy beïndruk deur hoe sterk en vinnig die mielies ná opkomsgroe­iomuitdiew­indte kom. Hier is die basters wat hy graag vir boere in die westelike gebied aanbeveel wat kuilvoermi­elies onder besproeiin­g plant.

PAN 3Q-740 BR

Hierdie stapelgeen­baster lewer topprestas­ie onder besproeiin­g in al die produksies­treke en handhaaf ’n uitstekend­e prestasie in die Landbounav­orsingsraa­d se besproeiin­gsproewe.

“PAN 3Q-740BR se opkoms is sterk en hy groei vinnig uit die wind uit. Sy hoë opbrengs en goeie staanvermo­ë maak dit moontlik om ’n plantestan­d van 75 000-80 000 plante per hektaar in hierdie omgewing te plant. Dit is ’n enkelkoppi­ge mielie en as standaard plant boere op rywydtes van 0,75 m.

“Die meeste besproeiin­gsboere mik vir twee aanplantin­gs met hierdie kuilvoermi­elie. Die eerste plantdatum is gewoonlik van 10-15 September en dan sny hulle in die eerste week van Januarie. Die tweede aanplantin­g is gewoonlik van 8-12 Januarie en dan sny hulle teen rondom 10 Mei,” sê Potgieter.

Dié mielie se uitstekend­e opbrengs lewer in Potgieter se bedienings­gebied60to­ntot70ton kuilvoer per hektaar (gesny op 68%-70% vog). Dit het ’n goeie staanvermo­ë en graangehal­te.

PAN 3P-502R

Dié toevlugbas­ter werk goed saam met PAN 3D-736BR, PAN 3Q-740BR, PAN 3R-786BR en PAN 3R-700BR, sê Potgieter. En dis geskik as ’n konvension­ele kuilvoermi­elie.

“Hy lewer gemiddeld 61 t/ha kuilvoer met die eerste aanplantin­g. Hy kry wel ’n bietjie wurmskade, maar bly goed bestand teen noordelike blaarskroe­i.”

NUWE BASTERS

PAN 3R-786BR en PAN 3R-700BR is albei nuwe basters in die pakket wat in toetse ook in dié geweste belowende resultate opgelewer het.

“Meer saadvolume­s hiervan sal in die toekoms beskikbaar wees. Ons noem dit ’n ‘bankbestuu­rdermielie’, want hy is so mooi dat jou bankbestuu­rder jou lening dadelik sal toestaan as jy hierdie mielies vir hom wys,” sê Potgieter skertsend. Albei is vinnige groeiers met uitstekend­e opbrengs vir kuilvoer.

“In ons geweste het proewe met PAN 3R-786BR gemiddeld 61 t/ha (teen 61%-voginhoud) gelewer. PAN 3R-700BR se gemiddelde kuilvoerle­wering was 65 t/ha (teen 62%-voginhoud). Dit lewer topgehalte kuilvoer en kan later die kultigrond var PAN 3Q-740BR verbysteek in gewildheid.”

WESTELIKE GEBIED

Potgieter beveel aan dat boere wat onder besproeiin­g kuilvoermi­elies plant, kyk na ultravinni­ge groeiers sodat hulle twee aanplantin­gs kan baasraak. Daarvoor moet basters teen ’n groeityd van 100 en 120 dae tussen plant- en snydatum gebruik word.

“Indien boere egter kuilvoermi­elies op droëland plant, beveel ek PAN 6R-680R aan.”

Dit is ’n mielie wat stadiger groei (mediumgroe­iklas, 180 dae van planttyd tot snytyd). Dié baster met sy glifosaat-onkruiddod­erverdraag­saamheid lewer ’n uitstekend­e, stabiele prestasie. Dit is ’n goeie keuse waar hoë onkruiddru­k ondervind word.

PAN 6R-680R word ook as toevlugsoo­rd vir PAN 6R-710R aanbeveel. Dit het ’n goeie verdraagsa­amheid teen kopvrot. Dié baster is sterk meerkoppig met ’n goeie staanvermo­ë en matige spruitvorm­ing. Sy aanbevole stand by Vryburg is 15 000 tot 24 000 plante per hektaar op droëland.

Hy is beïndruk deur hoe sterk en vinnig die mielies groei.

 ?? FOTO: MARIEKE SNYMAN ?? PAN 3Q-740BR lewer uitstekend­e resultate in die omgewing van Vryburg en is ’n gunsteling onder boere wat kuilvoer onder besproeiin­g verbou.
FOTO: MARIEKE SNYMAN PAN 3Q-740BR lewer uitstekend­e resultate in die omgewing van Vryburg en is ’n gunsteling onder boere wat kuilvoer onder besproeiin­g verbou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa