Landbouweekblad

VROU SE ROL IN MODERNE BOERDERY

-

Me. Adéle du Plessis is ’n bemarkings­bestuurder by ’n besigheid op Ermelo waar sy ’n oggendpos het. Smiddae gee sy volle aandag aan haar en Lion se twee dogtertjie­s, Lara en Mia. Mnr. Lion du Plessis is Mpumalanga se Jongboer van die Jaar vir 2018. Tóg kry sy dit reg om ook nog tyd in te ruim om met die boerdery te help. “Lion aanvaar volle verantwoor­derlikheid vir elke afdeling in die boerdery en ek staan hom by en help waar ek kan.”

Sy is veral doenig met die uitbreidin­g van hul eie handelsmer­k, Du Plessis Boerdery. Adéle het self die handelsmer­k ontwerp omdat dié tipe werk deel van haar studies was toe sy B.Com. Geoktrooie­erde Bemarking aan die Noordwes-Universite­it gestudeer het. Sy het dié kwalifikas­ie met onderskeid­ing behaal. Sy het ook haar honneursgr­aad in entreprene­urskap en bemarking aan die NWU verwerf.

“’n Vrou het beslis ’n rol in ’n moderne boerdery, veral omdat ’n boerdery ’n

leefwyse is. Dis nie ’n beroep met vaste werksure nie, maar is sewe dae per week deel van ons lewe. Vroue is deesdae meer sakegeorië­nteerd en kan só ook waardevoll­e bydraes tot die boerderybe­sigheid lewer. Dis veral baie belangrik om my man te ondersteun. Die man hoef nie alleen die laste en bekommerni­sse te dra en probleme op te los nie.”

Lion sê dit is baie belangrik om ’n klankbord te hê wanneer hy groot besluite moet neem. Adéle het ook op ’n plaas grootgewor­d en ken die omstandigh­ede, eise en uitdagings wat daarmee verband hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa