Landbouweekblad

VESTIG JOU ARMMANSLUS­ERN REG

-

Doen moeite met die vestiging van armmanslus­ern om ’n hoë hooi-opbrengs te verseker, sê mnr. Lion du Plessis, Mpumalanga se Jongboer van die Jaar vir 2018. “Nes die vestiging van enige hooigewas, geld dit ook armmanslus­ern. Moenie jou aan mites, stories en teorieë steur wat nie gestaaf kan word nie.”

Dis byvoorbeel­d nie wenslik om die gewas op die swakste grond te vestig nie, want dan sal dit swak groei en gou vergaan. Laat doen eers presisiegr­ondontledi­ngs en grondregst­ellings om seker te maak die balans in die grond is reg. Dit sal verseker dat die grond gewasse optimaal sal laat groei.

Die nadeel van armmanslus­ern is volgens Lion dat die gewone veldgrasse dit oor ’n tydperk van vier tot ses jaar kan oorneem. Op dele van sy plaas het die armmanslus­ern al heeltemal vergaan. Dit is hoekom dit so belangrik is om die voedingsta­tus van die grond vooraf te bepaal en aanvullend­e bemesting voor vestiging te doen. Dan kan dit tot tien jaar weiding en hooi verskaf.

Daarteenoo­r is dit ’n voordeel dat armmanslus­ern nie ná vestiging met stikstof bemes hoef te word nie. Dit is ’n peulplant en die wortels vervaardig dus self stikstof. “Kyk net mettertyd na die fosfaat- en kaliumvlak.”

Lion sny sy armmanslus­ern een keer per seisoen en baal dit in Januarie/ Februarie. Hy haal gemiddeld 7,5 ton per hektaar hooi af.

Hy plant ook oulandsgra­s, waarvan hy gemiddeld 9 ton hooi per hektaar afsny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa